Beheerkamer eerste in sy soort

Forum Sekuriteit se beheerkamer is Vrydag geopen. (Foto: Reint Dykema)

Forum Sekuriteit, ʼn inisiatief van die burgerregteorganisasie AfriForum, wat homself beywer om gemeenskapsekuriteit in Suid-Afrika te bevorder, het Vrydag sy nasionale beheerkamer in Kloofsig, Centurion, geopen.

Hannes Noëth, hoof van Solidariteit Helpende Hand, het die verrigtinge met skriflesing en gebed geopen waarna Marnus Kamfer, direkteur van Forum Sekuriteit, die gaste verwelkom het.

“Ons doen tans stappe op ʼn pragmatiese wyse om ons gemeenskappe te beveilig en hierdie is ʼn groot stap om ons droom te verwesenlik om Suid-Afrika as ʼn geheel se gemeenskappe te bedien,” het Kamfer gesê.

Nic Arnold, uitvoerende voorsitter van Forum Sekuriteit, het die verrigtinge gelei deur agtergrond oor die beheerkamer te verskaf en het ook ʼn begeleide toer van die beheerkamer gegee.

“Sonder vennote kan ons nie hierdie inisiatief van die grond af kry nie en daarom wil ons ons vennote bedank,” het Arnold gesê.

“Om ʼn sekuriteitsmaatskappy daar te stel is hoofsaaklik om aandag te gee aan die simptome as gevolg van die strukturele geweld, weens die regering se onvermoë, wat in ons land plaasvind.”

Nic Arnold knip ‘n lint om die beheerkamer amptelik te open. (Foto: Reint Dykema)

Forum Sekuriteit is ʼn nie-winsgewende organisasie wat ʼn gemeenskapsmodel volg. Die maatskappy se primêre visie is om die grondwetlike regte van sy ondersteuners en die algemene publiek te beskerm en die hoofdoel is om gemeenskappe te beveilig, het Arnold verduidelik.

“Ons integreer ons visie en doelstelling met dié van bestaande instansies soos Solidariteit, Helpende Hand en veral AfriForum se takke en gemeenskapstrukture. Die dag wat ons by ʼn surplusmodel uitkom , sal die surplusse wat ons genereer aangewend word om daardie betrokke gemeenskappe sterker te maak.”

Die Solidariteit Beweging, AfriForum se gemeenskapstrukture, kwesbare gemeenskappe soos skole, ouetehuise en boeregemeenskappe waar die polisie nie doeltreffend funksioneer nie, asook ankergemeenskappe en buurtwagtakke en die publiek, is Forum Sekuriteit se fokuspunte.

“Forum Sekuriteit wil ʼn prominente rol speel deur effektiewe private sekuriteit in gemeenskappe, veral waar AfriForum georganiseerd is, te bied.”

Forum Sekuriteit se beheerkamer bestaan onder meer uit gespesialiseerde rekenaar- en kameratoerusting wat die organisasie in staat sal stel om sy sekuriteitsdoelwitte en moniteringsvermoë te bereik. Die organisasie het hande gevat met AI Security om dié beheerkamer, in te rig.

“Die funksionering van Forum Sekuriteit se beheerkamer, is weens sy gemeenskapsbetrokkenheid, -integrering en -skakeling enig in sy soort” het Arnold bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Tipper ·

Daai duur toerusting is duur om te vervang,so pas dit maar mooi op.

Anel ·

Net een vraag, is hulle en al hulle werkers ook by PSIRA geregistreer?

Colin ·

Ek is seker dat as Forum Sekuriteit soveel miljoena aan hierdie inisiatief spandeer sal hulle die regte kanale volg. Daar sal baie oë op hulle wees en hulle kannie bekostig om kortpaaie te vat nie

Anton ·

Is Gpf lede by Psira gerigistreer? Ek welkom enige organisasie wat misdaad beveg.

annie ·

Is dit nou baie slim om al jul ‘wapens’ uit te stal? Hoe lyk dit met ‘n besoekie van Malema met ‘n handleiding oor al jul planne en ‘n volledige bankstaat vir insae. Sjokolade-koek en tee sal bedien word…

Jan Seerot ·

Annie, is ky en Lionel familie, ken julle mekaar dalk?

Willie ·

annie, al die af-duimpies sê wat die lesers van jou kommentaar dink

annie ·

Hoe antwoord mens dom mans? Dis agv julle vorige dwase besluite dat julle nou weer sê: Pak-die-wa-vroutjie-ons-trek. En ek dog mans het visie…

SomeOne ·

‘n pragtige vooruitgang, metro en polisie neem kennis, ons sal sonder julle ons gemeenskappe beskerm, want julle is ………

Wielspore ·

Selfbeskikking in die vorm van volhoudbare instellings is die toekoms in SA want die regering is nie in staat om dit te doen. Mense moet betrokke begin raak by sulke instansies om hulle toekoms te verseker en ek hoop dat hierdie inisiatief ook landswyd ontwikkel. Sluit gerus aan by Solidariteit en AfriForum om jou steun te gee.

FM ·

VERSEKER !!!!!!!!

Al jare lank lid en hoop dat dit meer aansteeklik kan word sodat elkeen dit begeer en lid word

JM ·

Baie geluk Forum Sekuriteit, ons is trots op julle! Mag julle van krag tot krag gaan. Julle wys reeds wat gedoen kan word.

JohanR ·

Moet alweer die ANC regering se werk doen. Op die stembrief waar ANC verskyn gaan verby.

Blomme ·

Baie mooi inisiatief.. Ek hoop die beskerming van die plaasboere is hoog op die prioriteitslys. Hoogtyd dat die plaasaanvallers van hul eie medisyne sal ontvang. Boewery het die land se aansien in die buiteland al so ver laat val. Ek wonder of ons nog instaat is om die buitelanders te oortuig dat SA eintlik ń mooi land is om te kom verken…

Wakkerslaper ·

Goeie werk manne! Nota: Skriflesing met ‘n hoofletter asb.

Althes ·

Baie geluk met die opening van Forum Sekuriteit ek is ñ trotse lid en ondersteuner van Afriforum en Solidariteit.
Hul praat nie net nie maar doen.
Mag daar nog vele Forum Sekuriteit takke oopmaak.

Danie ·

Ek sou dink die Kaap benodig ook dringend so iets.
En dan kan die sa polisie maar toegemaak word dankie.

Jack ·

Sou die kamer n verskil maak aan gemeenskappe se veiligheid gaan daar beslis aanslae wees om dit te benadeel en selfs te stroop. Cele sal waarskynlik versoek dat dit by sy vrot polisiediens ingelyf word sodat hy dit kan kelder. Alternatief sal die kamer onwettig verklaar word. Kyk maar uit vir die politieke kriminele.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.