Beheerliggaamlede steel glo skoliere se kos

skool-21.jpeg

Argieffoto

Die voorsitter van die skoolbeheerliggaam van Nellmapius Primary School het Vrydag in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklag van diefstal.

“Die voorsitter, nog ʼn lid van die skoolbeheerliggaam, wat ook ʼn lid van die gemeenskapspolisiëringsforum is, en drie assistente, het na bewering Donderdag onregmatig toegang bekom tot die skool en glo kos en skryfbehoeftes gesteel,” het Steve Mabona, woordvoerder van die departement van onderwys in Gauteng, gesê.

Die polisie is na die skool ontbied en die persone het die gesteelde eiendom in hul besit gehad. Hulle is almal in hegtenis geneem.

“Ons is besorg dat persone, wat veronderstel is om die skool by te staan en die eiendom te beskerm, diegene is wat in die diefstal geïmpliseer word,” het Mabona bygevoeg.

Panyaza Lesufi, LUR van onderwys in Gauteng, het gesê hy sal die hoof van die departement versoek om die skoolbeheerliggaam te ondersoek en waarskynlik ʼn kennisgewing uit te reik om dit te ontbind. “Ons bly verbind daartoe om die waardes van integriteit en aanspreeklikheid te handhaaf en ons sal seker maak dat enigiemand wat betrokke is in die skoolomgewing ook aan dié hoë etiese standaarde voldoen,” het hy gesê.

Mabona het aan Maroela Media gesê die persone moet op 19 Januarie weer in die hof verskyn waar hulle na verwagting sal aansoek doen om borgtog. Die ondersoek duur intussen voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Coenie ·

Soos President Trump sê een van die sh** countrys waar in n ordentlike land gebeur so iets.

Altyd ·

Maak nie saak waar in ie wereld stelery by oumense en kinders betrokke is nie, dis meestal mense van mooi lande soos hier wat dit doen. Oral, altyd, en die wereld se oe begin oopgaan.

PJC ·

Ek wonder waarvoor slyp Lesufi sy tande so. Is die oortreders dalk wit of hoekom kry hy so lekker.

Rebel ·

Laat Zuma vir hulle getuig, want dan kan hulle moontlik gevonnis word met Tiger Brands, Enterprize Foods, Woolworths, Edgars en Food Lovers as ‘n bate. FFS.

Uitdaging ·

Ek waag ‘n uitdaging/stelling: Sedert die stigting van skole in hierdie land en ná 1994 Afrikaanse skole by uitstek het hierdie soort van misdaad nie plaasgevind en sal ook nie. Dit gaan oor opvoeding, dissipline en inbors van die Afrikaner en Afrikaanssprekendes.

Koos1 ·

Uitdaging, jy is redelik akuraat met jou stelling, maar neem in ag dat Afrikaanse skole min of geen hulp van die staat ontvang. Alles met die uitsondering van geboue en sowat 50% van die salarisse moet deur die beheerliggaam gedek word. Subsidies, water en ligte, onderhoud, versekering ens. moet deur die betalende ouers gedek word. Ek weet, ek het ondervinding hierin.

Bruno ·

Dit is presies waarvoor Lesufi gewag het om te veralgemeen en in die proses ontslae te raak van die skoolbeheerliggame wat vir hom n doring in die vlees is.Enige laakbare metodes gaan gebruik word want die doel heilig die middele en sal op die langer duur hom goed te pas kom by die uitfasering van sy oppenente.

Hanna ·

Dit kom nou van wolf skaapwagter maak… En daardie gemeenskap is redelik behoeftig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.