ʼn Beheerliggaamvergadering by ʼn laerskool in Emalahleni (Witbank) het glo só handuit geruk, dat ʼn 22-jarige man doodgesteek en nog ʼn man vir moord in hegtenis geneem is.
Die departement van onderwys en die polisie sê in ʼn gesamentlike verklaring die man verskyn na verwagting Maandag in die Emalahleni-landdroshof.
Die vergadering is Vrydag by Duvhapark Primary School gehou om kommer oor sekere kwessies te bespreek.
Terwyl die vergadering aan die gang was, het ʼn onderonsie ontstaan en het die verdagte, glo die voorsitter van die beheerliggaam, ʼn ander man vermoedelik gesteek. Die slagoffer is na ʼn hospitaal geneem waar hy aan sy beserings dood is.
Die polisie is ingelig oor die steekvoorval en het ʼn 43-jarige man in hegtenis geneem.
Die provinsiale polisiebestuur het die voorval ten sterkste veroordeel en het weer eens ʼn beroep op mense gedoen om nie geweld te gebruik om konflik op te los nie.
“Niks goed kan deur geweld bereik word nie en dit het dikwels verwoestende gevolge – soos ʼn verlies aan lewe,” sê genl.maj. Thulani Phahla, waarnemende polisiehoof in Mpumalanga.
Die departement van onderwys sal intussen vandag amptenare by die skool ontplooi om meer inligting in te win oor die gebeure wat tot die voorval gelei het. Hulle sal ʼn verslag saamstel en aanbevelings aan die departement doen.
Die departement het sy medelye met die slagoffer se familie betuig.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
Ja, so wil hulle probleme oplos, met geweld en moord
Was die 22 jarige deel van die beheerliggaam, of was hy ‘n skolier?
Ons ken die protocol:
Die EFF protesteer; Lesufi dank die skoolhoof af en stig rassegeweld; n Ondersoek word geloods; Die skool word monochrome gevind; Die Pers stop alle beriggewing…. Alles normal!!
Let’s wait and see what letofi will say about this.
Wow! Dit moes ‘n groot teerpunt gewees het!