Behoeftige kinders se kos glo gesteel

Foto: SAPD

ʼn 42-jarige vrou is in Gauteng in hegtenis geneem in verband met vermoedelik gesteelde kruideniersware, wat bedoel is vir behoeftige kinders.

Die polisie het Saterdag gesê die vrou is in Bluegumview, Duduza naby Nigel aan die Oos-Rand in hegtenis geneem. Die inhegtenisneming volg nadat polisiebeamptes ʼn wenk opgevolg het oor ʼn sindikaat wat betrokke is by “die aflewering van kruideniersware vir die skool se voedingsprogram”, het sers. Harry Manaka gesê.

“Die polisie het ʼn wenk ontvang oor ʼn vragmotor wat die kos by ʼn huis in Bluegumview sou aflaai. Toe beamptes by die toneel opdaag, het die vragmotor reeds weggery. Die beamptes het kruideniersware ter waarde van duisende rand in die huis gevind. Die vrou is dadelik in hegtenis geneem.”

Die polisie het ontdek dat die bestuurder van die vragmotor die kos, wat vir die skoolkinders bedoel is, steel en dit dan verkoop. Die ondersoek duur voort en nog inhegtenisnemings sal volg.

Die kruideniersware sluit mieliemeel, melk en vis in en sou later aan die skoolhoof oorhandig word.

“Lede van die gemeenskap het die polisie ontbied en nie hulself blind gehou dat die skool bedrieg word nie,” het Manaka bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pieter ·

Skelms wat net aan hulle eie gierigheid dink pleks van die kinders wat honger gaan slaap maar dit is hoe CR se “our people” maar is.

Sarel Strydom ·

1) Die Blik……. 2) Die tipe van oortreding is nie tot ras beperk nie, moennie daardie fout maak nie. Weet van persoon, so paar jaar terug, wat kospakkies aan Behoeftiges moes distribueer,maar dan altyd eers vir haar eie huis gesorg het.

Hanna ·

Ek het in n provinsiale hospitaal gewerk waar ons baie gereeld die ma’s gevang het hul siek kinders se kos opeet (ma’s kry ook hul eie etes) sonder om daai siek kind ‘n krieseltjie kos aan te bied… Dan was dit duidelik hoekom die kind ondervoed was. Hulle maak net groot oe as hulle “uitgevang” word!

Francois ·

Ja….om in SA n kind te wees vandag is nie speletjies nie.

CHRISTA ·

Nee, kinders word as ‘n “piggy bank” gebruik. Ek wonder hoeveel van die skoolmeisies wat die babatoelaag kry hulle babas gehou/steeds het?

Francie ·

Dit gebeur by ons ook, waar kan ek rapporteer? Ek wil nie by die plaaslike SAP aanmeld nie.
Die medisyne vir die kliniek volg dieselfde paadjie.

A Mac ·

Dit gebeur meer as wat ons dink. Hoekom sal ‘n skoolvoedingskema vleis en groente en vrugte van duisende rande koop maar as jy gaan kyk kry die kinders by die skole net stampmielies en kool? Dit is wat by baie skole hier in Limpopo gebeur, veral in die rural areas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.