Behou hof se rol as arbiter oor grondwaarde, meen parlement

Die gebou van die Nasionale Vergadering op die perseel van die parlement in Kaapstad. Foto: www.parliament.gov.za

Die hof se rol as bepaler van die waarde van grond by onteiening moet beslis behou word – dit kan nie aan die staat of enigiemand anders oorgelaat word nie.

Dit is die konsensus vervat in die aanbevelings deur kenners aan die parlementêre ad hoc-komitee oor moontlike grondwetlike veranderings om onteiening van grond sonder vergoeding te vergemaklik.

In sy omvangryke voorlegging het die invloedryke regspraktisyn adv. Tembeka Ngcukaitobi bevind die Grondwet hoef nie gewysig te word nie.

Hy het gesê die gesprek oor die grondkwessie moet na sy kerndoelwitte – verblyfreg, herverdeling en restitusie – teruggeneem word en dan moet die parlement hom afvra hoekom restitusie misluk.

Die parlement moet hom afvra wat die doel van die 1913-afsnypunt is, en die klem skuif na veral onbenutte stedelike grond, want dit is waar woningsnood bestaan – meer so as op landbougrond.

Ngcukaitobi het die geskiedenis van grondbesit en grondhervorming omvattend uiteengesit as fondament vir sy aanbevelings.

Hy het die belangrike punt gemaak dat die hoeveelheid grond dieselfde bly terwyl die bevolking toeneem, so daar is nie ’n behoorlike stuk grond vir elkeen nie.

Die advokaat het ten sterkste benadruk dat die doelwitte van grondhervorming deur gewone wetgewing bereik kan word, en dat die Grondwet dus nie verander hoef te word nie.

Oor onteiening sonder vergoeding het hy betoog dat individue nie belas kan word met die oplos van ’n nasionale probleem nie, en dat die howe se rol as bepaler van grondwaarde vas moet staan. In dié proses moet die regte van alle rolspelers beskerm word.

Daar moet dus groter klem op die rol van howe wees, anders kan ook die regte van arm grondbewoners misken word, soos tans met nuwe wetgewing oor mineraleregte gebeur.

Die ad hoc-komitee het ter afsluiting van sy verslag ’n paar bevindings gemaak.

Die komitee beveel aan dat enige nuwe wetgewing ’n aanhef kry wat die doel van die wetgewing behoorlik uitstippel en wat as raamwerk vir huidige bewoording en toekomstige wysigings kan dien.

Voorts word aanbeveel dat ’n nuwe, gespesialiseerde hof vir grondkwessies geskep word.

As die Grondwet gewysig of nuwe wetgewing aanvaar word, moet dit eksplisiet gestel word dat regverdige en billike vergoeding ook ’n nulwaarde kan insluit.

In ’n belangrike aanbeveling word voorgestel dat die besluit oor grondwaarde die verantwoordelikheid van die hof moet bly.

Die huidige gebruikswaarde van grond moet rigtend wees by die bepaling van grondwaarde, en ongebruikte grond kan dus byvoorbeeld ’n nulwaarde hê. Staatsubsidies en staatslenings moet ook in ag geneem word.

Ten einde blote grondoordrag tussen die elite te voorkom, moet die ekonomiese situasie van diegene deur wie die grond voortaan bewoon gaan word, in ag geneem word.

Die ad hoc-komitee het die kwessie vir voortsetting verwys na die nuwe parlement wat op 8 Mei verkies sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

potkop ·

Net jammer die hof is ook nie meer so regverdig en onpartydig nie… Dis weereens net iemand se opinie en agenda…
Die dag wat daat ‘n pink en groen mannetjie in daardie sitplek sit wat geen punt het om te bewys nie; Dan sal dit dalk weer regverdig wees. Maar nou ja, ons moet nog daai mannetjies eers vind….

GM ·

Iemand wat darem slim genoeg is om te besef dat die hoeveelheid grond dieselfde bly terwyl die bevolking teen ‘n massiewe spoed groei. Dis nou soos om vir ‘n miljoenêr te sê hy moet ‘n miljoen rand tussen ‘n miljoen mense deel.

As diere te veel word, word hul uitgedun. Wat laat die mens dink ons populasie kan net groei en groei sonder nagevolge?

Trol ·

Die kindertoelaag wat aan werkense ouers ook uitgedeel word.

Baie dankie ·

ENIGSTE ou met VERSTAND .. goed geleerde persoon wat weet waarvan hy praat en ook dink aan die gevolge van mal besluite .. adv TRENGOVE het my respek verloor .. regte hensopper . BAIE DANKIE adv TEMBEKA .. met mense soos jy kan ons land vorentoe gaan . werk nou asb die Trengoves uit …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.