Behuisingsamptenaar sterf in koeëlreën

(Argieffoto: Marcus Trapp/pixabay)

ʼn Amptenaar van die Gautengse departement van menslike nedersettings is doodgeskiet in ʼn koeëlreën waartydens minstens 28 skote op sy voertuig gevuur is.

Tahir Sema, woordvoerder van die departement, sê Teboho Makhoa, ʼn senior amptenaar verbonde aan die Ekurhuleni-streekkantoor, is Vrydagaand in Spruitview doodgeskiet.

“Ons doen ʼn beroep op wetstoepassingsagentskappe om hul werk te doen en die moordenaars aan te keer. Ons doen ook ʼn beroep op die gemeenskap om nie te bespiegel en die verkeerde inligting te versprei nie,” sê Sema.

Die departement het sy skok oor die “sinlose moord” op Makhoa uitgespreek en medelye met sy familie, vriende en kollegas betuig.

“Die lafhartige daad gaan ons nie keer om ons werk te doen om gehaltebehuisingsgeleenthede aan diegene wat dit die meeste verdien, te gee nie,” sê Lebogang Maile, LUR vir behuising in die provinsie.

Volgens die departement het Makhoa en sy kollegas onophoudelik gewerk om behuising aan die regmatige begunstigdes toe te ken, onwettige besetters te verwyder en die verdere besetting van huise in die streek te verhoed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Persheks Adri ·

Elke dag sinnelose moorde en dit gaan erger raak solank die kriminele wapens het… Mens is nêrens veilig nie!

Francois ·

Iewers is daar weer n kader wat die huise verkoop en die regeringsamtenaar was in sy pad

Alma ·

Dis kommerwekkend om te sien dat mense net eenvoudig vermoor word as die wat net wil he, nie kan kry wat hulle wil nie. Dis nou n ding van “ek wil dit he en ek sal dit kry”. Daar is geen wet en orde nie… Niks, want niemand word vir niks verantwoordelik gehou nie.

Cherokee ·

Kapsie teen die woorde ‘sinnelose moorde’ omdat àlle moorde sinneloos is.

Vernon ·

Die wapens wat gebruik was is seker wettig op n register iewers!!

Hennie J ·

n Land (piesangland) sonder behoorlike dissipline en wetsgehoorsaamheid, wat regeer word deur bewese kriminele en wat terroriste gebruik om wetstoepassing te doen, kan mos niks beter as dit verwag nie.O ja, julle kan maar my vuurwapen kry, solank julle dit uit my lewelose hand verwyder.
MY GROOTSTE RESPEK AAN DIE KLOMPIE REGTE POLISIEBEAMPTES WAT WET EN ORDE PROBEER HANDHAAF!!!!!!!

B-Man ·

Die wapens waarmee hierdie daad gepleeg is, is natuurlik almal gelisensieërd…

Herman L ·

Miskien moet geagte minister Hoed in die nuwe wetsontwerp insluit dat vuurwapens nie meer vir misdaad gebruik mag word nie, Nuwe wette los mos al ons probleme op!

Anoniem ·

Dit is net ‘n lafaard wat mense aanval en skiet van ‘n afstand . Die arme man het nie eens ‘n kans gehad om homself te verdedig nie. ………………………..

DIABLO ·

Natuurlik is dit sinneloos. Die polisie is mos te besig om wetsgehoorsame burgers se vuurwapens te prober afvat. Pleks van kriminele vang!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.