‘Behuisingstekort stuur op ʼn ramp af’

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Die VF Plus het Dinsdag gesê die behuisingstekort is ʼn ramp wat op Suid-Afrika afstuur.

“Almal in Suid-Afrika verdien menswaardigheid, ʼn leefbare woonplek en kos op die tafel. Die waarheid is egter dat die land se ekonomiese groeikoers van minder as 1% nie tred hou met die snelle bevolkingsaanwas van 1,5% nie en tot dit nie verander nie, sal daar werkloosheid en armoede wees,” het Piet Mey, VF Plus-LP en woordvoerder oor menslike nedersettings, gesê.

“Aan die ander kant is daar mense wat wel ʼn blyplek kan bekostig, maar dan maak die geredelike beskikbaarheid daarvan dit weer onmoontlik.”

Mey het gesê daar is baie oorsake vir die behuisingstekort in die land, waaronder onwettige immigrasie. “Mense stroom ongebreideld oor die land se grense. Korrupsie is ʼn groot probleem. Miljarde rande wat vir behuising aangewend kon word, het verlore gegaan. Net so het die verlies aan kundigheid ʼn groot rol gespeel.”

Hy meen die behuisingsprobleem gaan boonop snel vererger, veral weens die ontvolking van die platteland weens ʼn tekort aan werk. Mense stroom na die stede in die hoop om ʼn werk te kry.

“Administratiewe en burokratiese rompslomp vererger die probleem. Om baie dorpe en stede is duisende hektaar grond wat aangewend kan word vir behuising, maar faktore soos die hersonering tot residensiële eiendom, kan jare duur terwyl daar ʼn erge behuisingskrisis is. Dit lei daartoe dat mense opsetlik grond beset in die hoop dat dienste gelewer sal word en hulle sodoende gevestig kan raak.”

Volgens hom is die behuisingstekort ʼn ramp wat op Suid-Afrika afstuur. “Baie faktore werk hand aan hand soos beleggersvertroue, ekonomiese groei, instroming en ʼn sinvolle bevolkingsaanwas. Indien hieraan gewerk word, is daar wel hoop vir die land. Pessimisme gaan die probleem nie oplos nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

humor ·

Die maklikste vertrekpunt is om onwettige imigrante te deporteer. Hul stroom steeds SA in vir n veiliger tuiste en om werk te kry. Daarby is hul mede verantwoorelik vir die buitensporige aanwas. Ook is hul aandadig aan talle soorte misdaad wat die land miljoene rande kos.

Linda van Mosselbaai ·

Lei meer mense op om self hulle huise te bou
& dan kan hulle weer vir ander wys hoe lyk die huis – as advertensie hoe hulle bouwerk lyk.
Sodoende kan hulle dan vir ander bou wat dit nie kan doen nie.

Daar word hopeloos te mis vakmanne opgelei – ” carpenters, plumbers & electrisians etc”

nabetragting ·

My optimisme is nie tydgebonde nie Dit le ook nie in die vooruitgang of ondergang van SA nie, maar dis ‘n vaste wete dat die PLAN wat vir SA bedoel is en deur mense as instrumente beheer en bestuur word, steeds op koers is na sy eindbestemming, waaroor ons geen beheer het nie, Sterkte aan diegene wat in die voorste linies hardloop. Ons is almal rentmeesters in dieselfde wedloop en ons neem daaraan deel, sodat ons die prys sal ontvang.

Anoniem ·

Ek kan nie meer met jou saamstem nie, en vat die staatstoelae weg na twee kinders.Dit is ongehoord dat daar net eenvoudig meer en meer kinders gebore word sonder dat die ouers eers vir hulle self kan sorg.

Maljan ·

Wyse woorde. Die kinder toelaes is die grootste euwel in SA. Ek hoor gister van iemand met tien kinders wat toelae vir 9 ontvang. Die tiende kind se toelaag is verbeurd omdat sy nou self kindertoelaag oes vir twee kinders. Dan woon hulle almal in munisipale behuising, sonder betaling van huur, dienste, water, krag of skoolfonds.

Johanna Botha ·

Wel almal staan bakhand …7 miljoen dra 55 miljoen ….hoe kan dit OOIT WERK !

Diertjie ·

As sommige van die landsburgers nie kyk hoeveel kinders hul Kan kry vir die sassa geld nie sal dit baie beter gaan. Maar die een is nog in die doek Dan word die volg een amper wee gebore en ons belasting betalers sorg vir als.

aj ·

Duisende 50 verdieping geboue in die middestede is wat nodig is … omdat daar reeds bestaande infrastruktuur beskikbaar is.

Daar is te min grond vir erwe om huise op te bou en te min geld om infrastruktuur mee te bou.

Maar wat gaan die miljoene mense DOEN vir ‘n inkomste?

Robotte vervang miljoene mense in die werksplek …. so wat bly oor vir mense om te DOEN … in die stede?

Pieter ·

In die middestad van Pretoria is die Schubartpark woonstelkompleks verwoes dat dit nou te gevasrlik is om te gebruik en gesloop moet word. ‘n Mens dan seker werk op ‘n leeftyd van so 5 jaar vir ‘n nuwe woonstelkompleks voor dit ontruim moet word omdat dit gestroop is van alles wat verkoop kan word, selfs staal bewapening in die beton.

Dries du Toit ·

Dit is so n logiese uiteensetting. Hoe op aarde kan hierdie regering dit nie ook so insien nie. Is daar net breinkrag in Afriforum

Hanna Hoekom ·

Gesinsbeplanning. Deportasie van onwettige immigrante. Dan sal daar genoeg plek en basiese dienste vir alle Suid-Afrikaners wees. Hoe vinniger, hoe beter!

Marietjie Blignaut ·

Stem nie saam. Die HOP huise is in baie gevalle ‘n bron van ekstra inkomste vir eienaars. Meeste eienaars het 2 of 3 vroue en dus ook meer huise vir die broodwinner. Dit beteken die huise word aan immigrante verkoop of uitgehuur. Dan besit die broodwinner ook nog ‘n plek in een van die tuislande waar hierdie uitgebreide gesin woon. Hul eie “Nkandla”! Afgesien van hierdie onreëlmatigheid word die riool aanlegte nie opgegradeer vir die duisende HOP huise wat reeds gebou en nog in aanbou is nie. Riool pompe KAN NIE die volumes hanteer nie. Ons stuur af op ‘n groot gesondheids risiko!!

Diefie ·

Daar word weekliks imigrante met treine teruggestuur na hul lande toe, maar soos hulle teruggestuur word, so kom die ander maar net weer in. As ons lands grense net toe gemaak kon word! Dis nou net so goed ek probeer om op ‘n vlieg se rug Amerika toe te vlieg.

Anoniem ·

Rente koerse maak ons dood. Hulle kan die koers verlaag na 6% vir huis lenings alleenlik. Dit sal baie help.

Johan ·

Dis Jan Van Riebeeck se skuld. Hy het die plaaslike bevolking gewys hoe om n huis te bou….????

Leon ·

Daar is ‘n baie maklike oplossing. Skraap BBBEEE en hou op om te wil grong gryp. Wat sal dan gebeur.
Belggings vertroue sal terugkom na Suid Afrika. Meer as R900 biljoen rand sal in die land belê word (dit lê alreeds en wag om belê te word).
Kundiges sal dan maatskappye begin wat huise kan bou en al die ondersteunings dienste en daar sal skielik honderduisende werk beskikbaar wees.
Nou is werkskeeping begin en eiendoms makelaars kan begin om ontewikkeling te doen en ond kan huise bou en ons kan die ekonomie opbou en ons kan vorentoe gaan.
Dit bly ongelukkig ‘n droom want ons het swart apartheid. Dit lê in die pad van vooruitgang.

Meloney ·

Ek is oor dit – alles is ‘n ramp of stuur af op ‘n ramp. Man, life is good in sunny South Africa!

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis nie ‘n “behuisingstekort” nie……….dis ‘n onverantwoordelike bevolkingsontploffing!! Gaan kyk na die land se populasie syfers 30 jaar gelede, en kyk waar is dit nou. As jy nie die bevolkingsaanwas kan beperk nie, sal jy altyd een of ander tekort hê!!

Heksie ·

Dis omdat die anc in 1994 vir almal huise belowe het en nou kom hulle agter hul kan nie vir almal huise gee nie!

Dis erg! ·

Ongelukkig het beide wit èn swartmense wat dit waaragtig nie kan bekostig nie, teveel kinders. Ons het dit eerstehands ervaar in die plakkerskamp in Krugersdorp; daar is meer swanger vroue as kos; die kinders is ERG verwaarloos. Sommige rook en glo my, my hart is stukkend as ek die goed sien, maar iewers moet mens halt roep? waarom gebruik die vrouens nie behoedmiddels wat hulle GRATIS kan kry nie? die mense wat daar in beheer is, kan dit gaan haal by die klinieke en vir die vrouens gee. Probleem is, hulle het 3 of meer bitter vuil, en verwaarloosde kinders en nog oppad? En JA, die uitlanders was gese om die land binne te kom sodat hulle vir CYRIL kan stem. Miljoene van hulle en hulle is hier om te BLY. Ons EIE SWARTMENSE het nie werk nie. Cyril, die EFF en BLF kyk net na ons wittes om alles te gee en dis steeds ‘apartheid’ se skuld, na 25 jaar nog steeds. Shame.

Connie ·

Begin mense op te lei om minder kinders te kry. Ons is hopeloos oorbevolk en die land kan nie almal dra nie. Hul kry kinders by dosyne onbeplan. Hoekom word daar niks aan gedoen nie? Gaan my verstand te bowe.

WInnie ·

Kaapstad lyk reeds soos plakkerskamp as jy van die lughawe af ry en dis die beeld wat toeriste eerste van die land kry

Anoniem ·

Die tekort aan behuising is ‘n probleem, maar daar is selfs ‘n groter probleem wat sommiges nie raaksien nie, naamlik die regering se beheptheid om laekoste behuising in “gegoede” woonbuurte op te rig. Kom ons wees eerlik, in elke samelewing is daar “klasse” en dit het niks met ras of diskriminasie te doen nie, dis hoe dit is. ‘n Persoon is bereid om meer vir ‘n huis te betaal in ‘n bepaalde buurt omrede hy/sy gemaklik daar sal voel. Die oomblik wanneer daar behuising buite die buurt se norm in daardie buurt opgerig word en mense van buite die buurt se norm daar intrek, verlaag die eiendoms waarde en gaan mense baie geld verloor. Dit is egter die regering se manier om almal gelyk te bring terwyl ons nie almal op alle vlakke gelyk is nie.

lvz ·

50 jaar gelede het die Chinese regering vereis dat ouers gesteriliseer word na die geboorte van hul 2 de kind. Dit kan in ons land ook werk.

ne ·

Goed en wel vir die aanwas, maar hulle kwalifiseer nog om sassa geld te kry dan begin hulle al swanger raak met die volgende sassa eis.

Al ·

Uiteindelik word die olifant in die kamer aangespreek. Ons land kan nie ñ groot bevolkingsaanwas bekostig nie.
Daar is soveel onbeplande swangerskappe wat die ouers nie finansieel kan bekostig nie.
Daardie kinders beland op straat, raak kriminele, by bendes betrokke en jaag die misdaadsyfers op.
Verder verwek onwettige immigrante kinders by SA vrouens om sodoende burgerskap te kry.
Weereens word daardie kinders uitgespoeg om te oorleef in armoede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.