Behuisingstekort veroordeel ná seuns in brand sterf

Argieffoto

Die vyf seuns wat Vrydagnag in ʼn brand in Philippi in Kaapstad gesterf het, was tussen een en 14 jaar oud.

ʼn Polisiewoordvoerder het bevestig die oorledenes was ʼn eenjarige tweeling en nog drie seuns van onderskeidelik 12, 13 en 14 jaar oud. Die oorsaak van die brand in die Masiya- informele nedersetting is nog nie bekend nie.

Die Suid-Afrikaanse burgerlike organisasie Sanco het in reaksie op die nuus ʼn beroep op owerhede gedoen om sy program vir die voorsiening van behuising en die uitroeiing van plakkershutte te versnel. “Ons betreur die hartverskeurende verlies wat hierdie families moet deurgaan. Hul pyn is te diep vir ons om te verstaan of te aanvaar,” het Jabu Mahlangu, Sanco se woordvoerder, gesê.

“Niemand verdien om só ʼn grusame en pynlike dood te sterf nie. Die gebrek aan behuisingsprojekte wat ʼn volhoubare lewensbestaan en -gehalte aan ons mense sal voorsien, is ʼn onverskoonbare skending van menseregte.”

Mahlangu het ʼn beroep op die Stad Kaapstad gedoen om die inwoners wat deur die brand geraak is by te staan.

Maroela Media het vroeër berig afgesien van die vyf seuns wat gesterf het, is nog 30 inwoners van die nedersetting deur die brand dakloos gelaat. Pres. Cyril Ramaphosa het ook Saterdag die voorval betreur en gesê die tragedie plaas weer eens die kollig op die gevare wat talle Suid-Afrikaners, veral gedurende die wintermaande, in die gesig staar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

ALMAL weet en besef dat daar GEEN regering in die wêreld is wat vir almal wat in die tou staan ‘n GRATIS huis kan bou nie……en tog belowe die regering dit aan almal in daardie tou? ALMAL WEET dat ‘n mens beter na iets omsien as dit jou “eie ” is, waarvoor jy gewerk het, en dit NIE verniet gekry het nie. Hoekom gee die regering van die dag nie vir mense ‘n “rente vrye” huislening, wat hulle kan afbetaal oor 99 jaar nie? So word mense bemagtig om SELF te bou, en te onderhou wat hulle voor betaal…….al is dit ‘n R1000 per maand. Geld sal gesirkuleer word om nuwe “rente vrye” lenings aan ander voormalige self-bouers te voorsien, en al hierdie “entrepreneur/kontrakteur” baantjies vir boeties regerings-kontrakte wat NIKS oplewer nie, sal verhoed word. ALMAL weet wat kry mens vir “verniet”……….en tog bly die regering voort karring op hierdie onhaalbare beloftes? Die Dunning-Kruger Effek is verskriklik…………

Gemaskerde Sopbeen ·

As die regering geld beskikbaar stel vir “rente vrye” huislening, en die “ontvanger” kan dit terug betaal teen 10% van sy inkomste……….gaan die volgende gebeur: Mense gaan SELF begin bou, in plaas van om vir die “hand-out” te wag. Persone wat vir hulle SELF bou, gaan daardie gebou oppas, onderhou en verbeter. Hulle gaan SELF beter kwaliteit werk doen as die huidige “entrepreneur/government connection/ kontrakteurs” wat nou al oor en oor bewys het dat hulle swak werk doen, en net agter die geld aan is. ‘n Gros van daardie “gratis huis” ontvangers verkoop die ding amper onmiddelik…….voor hy uitmekaar val met die eerste reën…….en dan moet dit OOR gebou word, wat die oorspronklike koste ver-vierdubbel. Gee vir die mense “rente vrye” lenings, dan sal die geld ge-hersirkuleer word om, soos wat dit terug betaal word, aan die volgende leners beskikbaar gestel word. WEN-WEN situasie…..

John ·

Behuisingstekort veroorsaak brand? Waar is die ouers van die kinders? ‘n Brand kan ook in ‘n gewone huis ontstaan. Waar kom die mense vandaan wat daar geplak het? Hier is oor die 60 milj mense in SA waarvan 20 milj jeugdiges is. Wie het hulle in die wereld gebring? En wie moet vir hulle sorg? Iemand anders moet gee… huise bou… sorg… Niemand word gedwing om kinders in die wereld te bring nie… nie eers apartheid of rassisme nie… So wie moet ‘pa’ staan vir die miljoene arm jongmense wat werklose volwassenes gaan word?

Koos de Meyer. ·

Dit gaan nie net oor bou nie. Infrastruktuur moet gedoen word. Die plakker storie sal nooit ophou nie. In news 24 se een uit Zim daar moes hy huur betaal en hier bly hy verniet. Plak sal hulle plak want want hy hoef mos nie belasting, water en so meer te betaal nie. Die ander probleem is al die onwettige immigrante wat vrylik die land uit alle oor de binne kom. Dit is mos die land Kanaän.

M ·

Behuising gaan niks aan die brande verander nie. Ek het al gesien hoe ‘n woonstelblok afbrand omdat iemand ‘n tweeplaat-stoof as ‘n verwarmer gebruik het. Mense het eenvoudig nie die nodige opvoeding nie.

Penellope Jones ·

Wel, ja, hoekom sal iets of iemand anders nie geblameer word vir eie onverantwoordelikheid nie. . . .

Koos ·

Hoekom stroom hierdie mense Wes-Kaap toe vanaf die Oos-Kaap? Hoekom is die Wes-Kaap se paaie heel? Wie maak die meerderheid amptenare uit in die Wes-Kaap?

Hanna Hoekom ·

Dis n catch-22 situasie vir die regering: hoe vinniger hulle huise bou, hoe meer mense stoom Suid-Afrika binne… Dis algemene kennis dat eienaars van hophuise die eiendomme aan veral buitelanders verhuur en dan maar weer in hul plakkershutte gaan woon.

Oom Kalahari ·

MM, daar word opgemerk dat menige van my kommentare nie geplaas word of verwyder word. Op hierdie berig ook die geval en glo geensins dit was aanstootlik of swak gestel nie. As dit nou nie polities korrek gestel is nie alle verskoning aan alle partye.
Sou MM voel dat my en sekere mense nie aan jul vereistes vir kommentare/opinie ligging voldoen nie, dan asb verwittig ons en sal ons van u nuusberigte verwyder.
U kommentaar op bogenoemde navraag word ter harte geneem en waardeer dit opreg. Vriendelike groete.

Mariné Lourens ·

Dagsê Oom Kalahari

Dankie vir jou kommentaar.

Ons het ‘n outomatiese filtreerstelsel wat seker maak dat sekere kraswoorde nie op Maroela Media verskyn nie. Ons bepalings en voorwaardes stipuleer: “Maroela Media hou die reg voor om sonder verdere kennisgewing enige kommentaar wat ons insiens nie voldoen aan die bepalings van hierdie beleid nie, eensydig te verwyder.”

Ons bepalings en voorwaardes is ook in oorleg met regskenners opgestel om seker te maak dat ons en ons lesers beskerm word.

Vergewis jouself gerus van die maatreëls vir lesersdeelname om seker te maak dat jou kommentaar goedgekeur word.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Oom Kalahari ·

MM, Dankie vir u terugvoer en waardeer. Soms is dit net ongemaklik om te verstaan wat is werklik aanvaarbaar aldan nie as daar op gemerk word dat mede kommentators se opinie liggings meer ernstiger as joune. Om net altyd tot op die been polities korrek te moet wees, gun die mense ook nie werklik om hulself oor aangeleenthede met gevoel uit te druk nie. Met dit gese bedoel ek nie net vieslike of steek aanstootlike stellings nie. Daar is ‘n tevolle bewustheid van MM se bepalings en voorwaardes. Dankie vir jul nuusberigte en is opreg waarderend Marine en beste wense.
Groete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.