Beitbrug-grensdraad: R1 miljoen per km; talle ander ongerymdhede

Foto: Henk Kruger/African News Agency
(ANA)

Patricia de Lille, minister van openbare werke en infrastruktuur, het Saterdag inligting bekend gemaak rakende die ondersoek na die Beitbrug-grensdraadprojek.

“Die ondersoek het geen bewyse van onbehoorlike gedrag van my kant af gevind nie, asook geen bewyse wat daarop dui dat ek enigsins persoonlik by hierdie projek baat gevind het nie.”

Die ondersoek het wel bevind dat daar prosedurele onreëlmatighede binne die departement plaasgevind het.

Die verslag beveel aan dat die projek onderwerp word aan die tribunaal van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) nadat daar bevind is dat ʼn reeks beweerde verkrygings- en ander onreëlmatighede asook bedrog deur amptenare van die departement en van die diensverskaffers van die projek plaasgevind het.

Die projek, om ʼn 40 km lange grensdraad by die Beitbrug-grenspos te herstel en te vervang, het uiteindelik R40,4 miljoen gekos, net meer as R1 miljoen per kilometer. Dít terwyl dit net sowat R26 miljoen moes beloop het.

Die ondersoek het ook aan die lig gebring dat verskeie aspekte van die ontwerpspesifikasie asook swak konstruksiepraktyke die doeltreffendheid van die heining in gedrang gebring het. Volgens die ontwerp moes die heining 2,2 m hoog gewees het. In werklikheid is dit nie hoër as 1,8 m nie, wat beteken dit kan redelik maklik oorgesteek word.

Patricia de Lille (Foto: Maroela Media)

Die verslag beveel aan dat daar stappe gedoen word teen 14 senior beamptes weens onbehoorlike gedrag tydens die verkrygings- en konstruksiefase van die projek.

De Lille het die ouditeur-generaal op 20 April versoek om ʼn onafhanklike oudit na die projek te doen. Op 25 April is die departement se teenkorrupsie-eenheid ook versoek om ondersoek in te stel, in samewerking met lede van die SOE. De Lille het ook die departement se hoof- finansiële beampte en die adjunk-direkteur-generaal vir konstruksie versoek om ʼn moratorium op enige verdere projekbetalings te plaas.

Daar is ʼn tegniese evaluering rakende die installering van die grensheining asook terreinbesoeke gedoen.

Die projek is in Maart van stapel gestuur nadat die nasionale ramptoestand deur pres. Cyril Ramaphosa afgekondig is. Een van die maatreëls was dat Suid-Afrika se grensposte en hawens dadelik gesluit moes word, maar volgens De Lille sou dié maatreël egter nie doeltreffend gewees het as die heinings by die grensposte nie beveilig is nie, en op talle plekke was dit nie beveilig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Corrie ·

Ha Ha said the clown.
Ons wag vir bate beslaglegging en tronk klere .

Johann ·

Issi ekki? Ekket va neks gawietti…eks ma netti baas?

Ja anti Patrisja. Jys die onskuld van self! NAR!!!!!

PH ·

Hoe kon sy toelaat dat ‘n heininkie opgesit word teen R 1 000.00 per meter. Sy het mos professionele mense in diens wat pryse moet nagaan. Hoekom is daar so min “droppers?” die ding op die foto lyk heeltemal substandaard.

Nie Verbaas ·

In ander woorde, sy het geen idee wat in haar department aangaan nie. Sy bly aanspreeklik.

Sarel ·

Anti Pat jy was altyd die stryder teen ongeregtigheid….hoe de joos het jy die ANC gejoin

Adam Adriaan ·

In 1994 het die korrupte spul ‘n uitstekende elektriese heining geerf wat doeltreffend gefunksioneer het, met ‘n teerpaaijie wat deur die destydse leer troepe gepatroleer het. Egter het hulle toegelaat dat die heining vernietig word deur hulle beleid wat onwettige imigrante vanaf Zim toegelaat het. en waarna dit platgeloop is. Dit is hulle modus operandi. Geen oordeelsvermoë nie.

Johan ·

Vraag is steeds, wat het geword van die baie effektiewe elektriese grensheining wat bestaan het en vir baie jare effektief onderhou is? Na die “1000 jaar vrede” post 1994 is alle onderhoud gestop net soos die beskerming van baie ander stelsel wat miljoene gekos het!

Scalla ·

Wil sy maar nie erken dat hulle almal onbevoeg is om die job te doen nie!

Johann ·

Pat jy het droog gemaak en nou probeer jy weg hardloop. Jy pas netjies in by die anc.

Hennie ·

Daar is 40km draad wat gespan moet word. Dit kos bv R100/km. Dit= R4 000-00. Nou wil die Lil vir ons sê sy kan nie somme maak nie. Iewers op haar tafel moes daar tog ‘n baie eenvoudige sompomp gewees het, nie waar nie. En dan het sy baie hou geleer hou om “Blame shifting” te doen, net soos elke walglike ANC lid in die parlement!

JohanR ·

En soos gewoonlik gebeur niks met die minister nie. As minister moes sy nie Joburg toe gevlieg het nie, ‘n swart BMW convoy met blou ligte Musina toe gevat het nie, en vandaar ‘n 4×4 convoy met blou ligte en haarself gaan kyk na die werk? Ek weet nie of daar ‘n 5 Ster hotel in Musina is nie vir die arme minister se comfort? Was die DA in Kaapstad verkeerd oor hierdie een?

4ntj13 ·

Die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur het duidelik nie eens meer “gekwalifiseerde” draadspanners nie! Miskien moes hulle liewer grawe gekry het om slote te grawe in plaas van draadspanwerk vir tenderpreneurs uitdeel. Ek laat my ook nie vertel daar is net 13 amptenare in daardie afdeling nie! Waarvoor verdien hulle salarisse? Dis nou één departement waarsonder Suid-Afrika baie beter sal kan klaarkom. Selfs ek wat absoluut geen vaardighede besit in draadspan nie, kan sien daar is nie eens R100/m se waarde in nie, wat te sê nog R500/m, of die betaalde R1000/m. Ek glo saam met ander hierdie Covid-diefstal is nie ʼn misdaad teen net witmense of swartmense nie, nie eens teen net Suid-Afrika nie, maar teen die mensdom wat mislei word om geld te skenk en te leen en jammerkry. Hulle kan ʼn arm kind werk gee om gereeld krokkedolkos in daai lekker diep sloot te gooi. Dis meer werd as daai pap, 6′ draadjie.

4ntj13 ·

Ek wonder ook hoe tannie Pat nou reken haar ministeriële inkomste en ander ampsvoordele is dan nou geen verantwoording-eisende (nee, pro-aktiewe sorgdraende) voordeel nie.

Anel ·

Seker ‘n beeeee tender en san moes die draad so gespan word dat die bieties en sussies maklik daaroor kan kom. Dit us net oë verblindery, nie om hulle uit te hou nue.

Anoniem ·

Me Patricia de Lille Bring noujou kant……………………….Jy is mos die slim mens!!!!

Johanncb ·

Wie het almal gebaat by die ekstra R14 miljoen? Maak asseblief die name bekend!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.