Beitbrug-grenspos stil ná betoging

Beitbrug-grenspos Foto: newzimbabwe.com

Beitbrug-grenspos Foto: newzimbabwe.com

Die Beitbrug-grenspos was Vrydagmiddag stil ná die gemeenskap in Messina en ʼn paar plaaslike winkeleienaars teen nuwe maatreëls deur die Zimbabwiese regering betoog het.

Die Zimbabwiese regering beperk die invoer van goedere van Suid-Afrika.

Kol Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die betoging was vreedsaam. “Dit was ʼn vreedsame betoging. Daar is nie enige bande aan die brand gesteek of eiendom beskadig nie,” het sy gesê. “Die gemeenskap en sake-eienaars is ongelukkig oor die nuwe handelsregulasies. Die polisie het die situasie dopgehou en die betogers het vreedsaam verdaag. Die grenspos is oop.”

Die betoging kom ná Mike Bimha, Zimbabwiese minister van handel en nywerheid, glo ʼn nuwe beleid aangekondig het wat die invoer van basiese goedere, hoofsaaklik van Suid-Afrika, beperk. Owerhede het gesê die nuwe maatreëls het ten doel om plaaslike vervaardigers te beskerm wat met stewige kompetisie van ingevoerde goedere moet meeding.

Zimbabwiese handelaars steun op ingevoerde goedere van Suid-Afrika, weens ʼn hoë werkloosheidkoers en sukkelende ekonomie in die land. Die goedere wat hierdeur geraak word, sluit haarverlengstukke, grondboontjiebotter, jogurt, deure en vensterrame in. Spesiale permitte word vereis om dié goedere in te voer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hendrik Havenga ·

Ek het nie simpatie met Zimbabwe ‘s regering, hulle is die oorsaak van die situasie nou moet hulle mense daarvoor boet.

Wat-ek-lees ·

Tog is dit verkeerd om die inwoners te laat boet vir dit waarvoor hulle nie verantwoordelik is.
Hier by ons word minderwaardige staal ingevoer tot nadeel van ons plaaslike nywerhede.

Tc ·

Verskil met jou “Wat-ek-lees”. Die inwoners is verantwoordelik vir hulle eie gemors want die meederheid bly stem vir Mugabe!!Hoe onnosel wil hulle wees en ongelukkig is SA met n spoed in dieselfde rigting as Zim!

Daenerys Targaryen ·

Ons is klaar daar …….. meerderheid hier het ook vir regerende party gestem en res van ons betaal vir die gelag. Ag en die stemme wat nie vir hulle was tydens verkiesing nie word sommer maar uitgegooi.

KP ·

Nee dit is nie die bevolking wat vir Mugabe gestem het nie. Hy het sommer die vekiesing gewen dmv bedrog met stemme. Ons gaan dieselfde pad loop.

Ekke ·

Sê vir hom hy moenie soooo bekommerd wees nie een van die dae is hier niks in SA om Zim toe te vat nie

Theuns ·

Miskien kan die agbare minister sommer n verbod plaas op gesteelde goedere uit Suid afrika uit! Maar ek twyfel. Stem saam met Ekke.

Don Gibbs ·

Hallo – Ek het fotos gekry… sal graag aanstuur… van brandende chaos by Beit Brug. Is dit dan ‘n slenter as julle meen dit was ” ‘n vreedsame protes…” ? Nou is ek lekker deurmekaar hier waar ek in UK sit. Groetnis.

ertjie ·

Verseker, besoek die Herald se webtuiste vir die ware storie. Hulle word nie gesensor nie. Meer as 40 voertuie en geboue afgebrand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.