Beitbrug maak reg vir terugkerende Zimbabwiërs

Foto: http://zimembassycanberra.org.au/

Argieffoto

Die Beitbrug-grenspos maak gereed om die eerste groep van meer as 1 500 Zimbabwiërs wat wil terugkeer na hul tuisland te ontvang weens die vlaag xenofobiese aanvalle in Suid-Afrika.

Zimbabwe se staatsmediakoerant, Chronicle, het Saterdag berig Madzudzo Pawadyira, direkteur van dié land se burgerlike beskermingseenheid, het gesê die grenspos verwag dat inwoners wat terugkeer na die land teen Sondag gaan begin opdaag.

Meer as 1 500 Zimbabwiërs het sover aangedui dat hulle wil terug keer na hul tuisland weens die vlaag gewelddadige aanvalle op buitelanders veral in Durban en Johannesburg oor die afgelope week. Dit wil nie voorkom of hulle almal Sondag deur die grenspos kan gaan nie aangesien geriewe daar slegs vir sowat 1 000 mense per dag kan voorsiening maak.

Maroela Media het vroeër berig meer as 1 000 Zimbabwiërs sal Suid-Afrika Sondag verlaat en terugkeer na hul tuisland te midde van xenofobiese aanvalle landwyd. Die identifisering en verwerking van repatriasiedokumente is reeds aan die gang. Dokumente vir meer as 1 000 Zimbabwiërs is teen Vrydag in Durban gereël.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

John ·

Hoop net dat daar iemand by die grenspos gaan wees om hierdie vlugtendes te deursoek vir gesteelde goedere.

HEVW ·

Beslis baie goeie nuus. Hoop die res van Afrika is spoedig weer op hul plek terug. Der duisende het natuurlik die anc in bewind help plaas, en is verantwoordelik vir misdaad en grusame moorde.

ig ·

Hoe meer gat vat terug na waar hulle vandaan kom ,hoe minder misdaad gaan daar wees.Daar gaan ook minder druk op ons skole,elelektrisiteit,ens wees.Die anc is natuurlik die bekommerdste want nou sal daar baie minder stemme vir hulle wees.

Coenraad Joubert ·

Net n 1000? Wat van die ander miljoen? Swak,man….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.