Beitbrug-skandaal byt al dieper

Foto: Henk Kruger/African News Agency
(ANA)

Drie portefeuljekomitees van die parlement het die Beitbrug-omgewing in Limpopo die afgelope naweek besoek en na ’n in loco-inspeksie bevind die omstrede nuwe grensdraad aldaar is substandaard, met die besteding wat as “geldmors” bestempel is.

Die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor), die portefeuljekomitee oor binnelandse sake en die portefeuljekomitee oor openbare werke het die besoek meegemaak.

Die bevindings verhoog die druk op die minister van openbare werke, Patricia de Lille, om te bedank, want dit is sy wat op 16 Maart vanjaar opdrag gegee het dat ’n maatskappy kragtens die destyds nie-bestaande regulasies aangestel word om die werk te doen.

Die portefeuljekomitees het tydens hul besoek aan Beitbrug bevind die nuwe grensheining van sowat 40 km is nie volgens spesifikasies opgerig nie. Die vorige grensdraad, wat meer as dertig jaar gelede opgerig is, is in ’n beter toestand as die nuwe een.

Wat die nuwe een betref is die rolle doringdraad vir die heining byvoorbeeld te ver oopgesper om doeltreffend te wees.

Die direkteur-generaal van openbare werke, adv. Sam Vukela, en 14 amptenare van die departement is reeds geskors hangende ’n ondersoek.

De Lille meen egter haar hande is skoon omdat geen geld in haar bankrekeninge oorbetaal is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

PieterP ·

Jou hande is nie skoon nie auntie Pat.
Is jy in beheer van jou departement of nie?

Adam Adriaan ·

De Lille se hande is seker teen die tyd skoon van al die handewas agv COVI-!9 in opdrag van CR. Sy het altyd ‘n deuntjie te sing. Sy het haar roeping gemis, sy moes ‘n komponis gewees het.

Anel ·

Ek sou sê, kry die lot wat die heining gespan het en laat hulle dit oor doen. Laat iemand toesighou. Hulle het mos genoeg geld gemaak dat hulle dit ordentlik kan oordoen, sonder dat daar weer betaal hoef te word. Dit kom daarvan as tenders vir our people gegee word.

Sobymykoolkop ·

Natuurlik , jy is lankal te slim dat jou bankrekening gebruik word, daar is mos baie ander maniere.

Vrijburger ·

“….. haar hande is skoon omdat daar geen geld in haar bankrekening oorbetaal is nie.”
Rerig?!!

Sonia ·

Jou hande is nie skoon nie Patricia, jy is in jou hoedanigheid as minister moet verantwoordelikheid aanvaar vir die gemors

Genis ·

Nou wys ou korrupte Antie Pat eers haar ANC ware kleure… Julle is almal n belediging vir SA… Gaan tree af erens in tronk alaml van julle Kaders…

LANA is ELANè ·

Ja Patsy, R500BN is missing, en “onse mense” veg oor ‘n bottel shampoo!
Hier is iewers ‘n rot te ruike ek wonder wie het hier die grootste voordeel getrek?
Ag wat, dit sal darem “ondersoek “word ter wille van die vrede, nes ‘n miljoen ander korrupsie sake vir jare en jare “ondersoek” word! KORRUPTES WAT DIE ANDER KORRUPTES MOET ONDERSOEK – grap van die jaar.

Johan D ·

Natuurlik sal die ou heining in ʼn beter toestand wees en die redes is voor die hand liggend!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.