Bejaarde (85) in versorgingseenheid vermoor

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Bejaarde vrou is Maandagoggend vermoor in haar selfsorgeenheid by die Macadamia-versorgingsoord in Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga aangetref.

ʼn Personeellid het vanoggend om 06:30 op Hetta Potgieter (85) se liggaam in die badkamer afgekom.

Dit is in dié stadium onduidelik wanneer presies die moord gepleeg is.

Lt.kol. Erhard Stroh, woordvoerder van die polisie, het Maandagmiddag aan Maroela Media gesê die polisie is steeds op die toneel besig met die ondersoek.

Potgieter het alleen in die selfsorgeenheid gewoon. “Haar hande was vasgebind en daar was ʼn voorwerp om haar nek gebind,” het Stroh gesê.

Volgens Stroh sal die familie nog help om te bepaal of enigiets, en indien wel wat, uit die eenheid gesteel is.

“Dit lyk nie in dié stadium asof daar gedwonge toegang tot die eenheid was nie.”

Die polisie ondersoek sake van moord en huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

RIP ·

Seker weer haar dametjie wat in die huis werk en die se vriend wat toegang tot die huis gehad het .. die oumense wil nou net vir eens en vir altyd nie leer nie . en die aftree-oorde se sekuriteit is skokkend .. JULLE MOET WAKKER WORD Voordat al die oumense vermoor is. My innige simpatie aan die oorledene se familie en vriende .. GEEN oumens verdien om so gemartel en vermoor te word nie.

Piet ·

Hierdie tannie was te oud om alles self te doen. Baie min oumense word deur hulle kinders versorg want hulle moet werk. Ek kan dus nie sien wie jy wil he moet wakker word nie. R.i.v tannie, ek is seker jy het alles gedoen wat jy kon bekostig om nie so te sterf nie.

JK ·

Dit maak my so kwaad dat almal net altyd ‘n storie het dat oumense nie leer nie. Oumense is nie almal senile of stupid nie, verkeerde dinge kan ook met ons gebeur. Ons het nie almal dametjies wat vir ons werk nie – aangesien ons die nie kan bekostig nie en wel versigtig is om nie vreemdelinge in ons eenhede te laat inkom nie.
Ek voel regtig mense moet ophou om te dink bejaardes is regtig almal die klits kwyt en kan nie vir hulle self dink of iets doen nie. Ons kan nog self ons blyplek skoon en netjies maak – beter as baie van vandag se jonger geslag.

Hermanus Potgieter ·

Die tannie is my ouma se niggie se kind. Die liefste ou tannetjie wat ek geken het. Altyd vriendelik en liefdevol. Sy het dit nie verdien nie. Sy het ook nie ‘n huishulp gehad nie. Dit moes iemand gewees het wat haar geken het want haar dogter sê die hele woonstel is omgekeer en die mense is met ‘n sleutel by die agterdeur uit. Ons huil oor haar. Lê rustig teen Jesus se bors tannie Hetta.

remondo ·

Ai eks so jammer om van die tannie se dood te hoor – wragtig is dit nodig om so n weerlose vrou te vermoor???

Nettie ·

@JK, jy het (ten dele) reg.

Ons jonger geslag is alteveel geneig om ouer mense as seniel en dus onvermoënd om vir hulself en hul eie huishouding te versorg, te beskou. Dit is in TRAGIESE GEVAL hierdie – ‘n bejaarde dame, wat tien teen een nie eens ‘n vlieg kon/sou/wou skade aanrig nie, vermoord gevind en dit in ‘n versorgingseenheid (bah! wat ‘n “VERSORGINGSEENHEID” is dit nie, waar ou mense vermoor word!!!).

Daar is egter een iets wat nie uit die oog verloor moet word nie: soms móét bejaardes besef dat hulle te oud is om alleen in hul huise agter te bly. My ma, 75 jaar oud en ‘n kankerlyer met nog ‘n hele paar ander skete, is ‘n goeie voorbeeld. Sy verseg om te trek uit ‘n ou piepklein, uitmekaarvallende, onversorgde huis en tuin (want sy kán nie meer alles in stand hou nie)in ‘n UITERS gevaarlike landelike gebied (met ‘nh plakkerskamp omtrent 500m van ons huis af), want sy is “nog nie reg vir die ouetehuis of graf nie”. En intussen sterf ek elke dag 100’de dode, in vrees dat ek haar een aand aangerand of vermoor sal vind as ek tuiskom …….

Wonder net ·

Inside job? Iemand bekend aan haar wat daai tyd van die oggend toegang tot haar eenheid gehad het?

karen ·

verlede week is baie soortgelyke geval in een van Springs se senior-burger oorde aangemeld…..

Johnna ·

Hoe laag kan jy daal om so iets te doen aan n weerlose bejaarde dit is om van siek te word.

Wurmpie ·

Julius sê dan vir hulle om so iets te doen. Sterkte daar aan die familie

Ella ·

My eerste gedagte: jy leef 85 jaar en probeer om goed te doen aan ander en op 85 word jy vermoor? Hoekom? Tot wie se voordeel is dit?
Ek dink ander dag met my hande het ek babas groot gemaak en vertroetel, my man se hand vasgehou en vandag hou ek my kleinkinders se handjies was. My hande maak kos, klere en.was wasgoed. My hande het tot my spyt my kinders slae gegee maar met hierdie hande het ek nog nooit probeer moord pleeg.
Soveel mense in SA het bloed aan hulle hande. Hoe leef hulle daarmee saam?
Mev Potgieter, ek is jammer jy was nou ook n slagoffer en dit in jou veilige huis…

Elize ·

Dit is nou die 2de blanke bejaarde vrou wat enkele dae uitmekaar in n versorgingsoord vermoor word. Liewe Vader, wat nou nog. Daar is mos streng beheer by die ingange na die oorde. Dit moet werknemers in die oorde wees. Dit is so so “sad”

Piet Pompies ·

Geen persoon mag aan die hande van iemand anders sterf, sterkte aan die familie en vriende van die Tannie Hetta. Daar staan vandag ‘n persoon met bloed aan sy hande, nie sy eie bloed, maar die bloed van ‘n vrou wat net goed gedoen het. Hierdie sondebloed kan jy nie af was nie, dit bly daar, tot jy die straf betaal het.

Wonder ·

Ons wat hier op aarde agter bly na so baie van ons mense ons kan net vra waarom.
So die aftree oorde is nie so veilig soos die mense reken nie. As God ons nie beskerm nie is ons uitgereser aan die bose.
Ons inige empatie met die familie.
Ons sien nou deur ‘n spiël en ‘n raaisel maar eendag van aangesig toe aangesig.

david ras ·

En so word die een wit bejaarde na die ander “uitgehaal”…
Jammer, maar dis nou blote “uitwissing”…..hoekom…?
Want daar is nie ‘n wet wat as afskrikmiddel moet die nie..!!

Dis maar net die herlewing van Operation Mayebuye van 1963—
“shamelessly attack the weak, and shamelessly flee from the strong….”
Shameless indeed !

Sue ·

Ouer mense val ook slagoffers aan geweld “nader aan die huis”. Ek se nie dit is die geval hier nie, dis maar net dat dit nie altyd die werkers is nie. Sommige ou mensies wat op so ryp ouderdom nog leef se bates, indien eniges kan baie keer elders beter benut word. Mense waardeer nie altyd meer net die Liefde nie. Geld kan soms regtig n euwel wees.

En lees weer mooi, ek se NIE dis die geval nie, dit is maar n gedagte wat my mind gecross het want ek weet self van so n geval waar dit gebeur het.

Hannah ·

Amen Piet Pompies. Dis so waar wat jy sê. Ons gebede is.met jul .

Piet ·

Hierdie tannie was te oud om alles self te doen. Baie min oumense word deur hulle kinders versorg want hulle moet werk. Ek kan dus nie sien wie jy wil he moet wakker word nie. R.i.v tannie, ek is seker jy het alles gedoen wat jy kon bekostig om nie so te sterf nie.

Anner Anton ·

Hoe bevrees moes die tannie nie gewees het nie. Ek weet nie wragtig die mense wat sulke dinge doen moet n les geleer word. Ek sal begin by die mense wat in die huis gewerk het. My ma bly ook in so n plek en ek het cctv kameras in die huis instaleer wat ek oor die internet kan gebruik om in en om my ma se plekkie te sien. Dan as die alarm afgaan kry ek n oproep eerste. My ma dra n paniek knoppie om haar nek en in die aande as sy gaan slaap sluit sy die soliede kamer deur. Ek het sensors op alle deure en vensters wat vir my wys of dit gesluit of oop is. In die geval bel ek haar en se maak toe sluit toe terwyl ek haar dophou. Wee blikemmer wat daar probeer inkom. Natuurlik niemand werk in die huis nie. Ek maak skoon op naweke.

Henk ·

RIV Tannie. Die wat verantwoordelik is sal spoedig inhegtenis geneem word.

Yolie ·

Inteendeel Anna. Daar is 2 Macafamia oorde in Nelspruit en een in Witrevier. Hulle het selfsorg eenhede en dan versorgings eenhede (frail care) . Dit is werklik jammer dat so iets daar gebeur het. Macadamia groep is werklik ‘n instansie wat na die frail kyk. Hulle het sekuriteits hekke waardeur jy moet gaan ens. Maar as die duiwel wil, sal hy plan maak. Tannie baie jammer dat die vrees jou laaste oomblikke moes wees. Rus in vrede tannie. Sterkte aan die familie en vriende.

Lallie ·

Dis baie keer hul goedheid wat die moordenaars ‘n voet in die deur gee. Goedheid en nie onverskilligheid teenoor persoonlike veiligheid nie. Dink maar aan die tannie wat haar moordenaares se beseerde voet in dettol water gewas het en vir haar toast en tee gemaak het.
Dis inherente goedheid en dit breek my hart.

Carolina ·

Maroela,
Daar is tóg n verskil tussen “selfsorg-” en “versorgingseenheid”.
Besluit asseblief en gee n korrekte berig?

Hoekom, hoekom, hoekom ·

Hierdie kan mos nie waar wees nie. Sulke dinge is tog nie moontlik nie!! Geen mens kan mos in staat wees om so iets te doen nie. Is dit net in Suid-Afrika, die enigste land in die wêreld wat so iets ongelooflik misdadig en moordadig kan gebeur????

Mag sy in Vrede Rus.

Theresa ·

Innige simpatie en sterkte om hierdie trauma te verwerk aan familie en vriende. Mag die moordenaar spoedig aangekeer word en geregtigheid geskied.
Hopelik vind die speurders iets soos DNA in die plek.
Ongelukkig sal alle werkers en hul kennisse eerste ondervra en ondersoek moet word?
Daar is soveel wat moeite doen om die bejaardes te versorg. Daar is net soveel wat nydig en gemeen hul take verrig.

AfrikanerAnargis ·

Vreeslik kenmerkend aan die geval by die Rus ‘n Bietjie oord vir bejaardes twee weke gelede in Springs, Gauteng.

REALIS ·

Of mense leer of nie. Of jy alleen behoort te bly of nie. Of jy oud of jonk is of nie. Of jy in jou eie huis bly of sorgeenheid of nie. Of jy in die straat loop of nie. Dit maak nie saak nie. Dit behoort nie te gebeur nie. Mense behoort veilig te wees. Die regering behoort alle burgers te beskerm.

Philip Nel ·

Van die tannie se naastes is aan my bekend.Die absolute ongeloof en skok is onbeskryflik.Niemand kon so iets in hul wildste drome voorsien nie.My gebede is met julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.