Bejaarde (86) sterf toe vlamme huis verswelg

Argieffoto

ʼn Bejaarde man (86) is in die vroeë oggendure van Saterdag binne sy huis dood toe ʼn brand die huis verswelg het.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die man was om 01:05 alleen in die huis in die Mcothama-nedersetting ten tyde van die voorval.

Die hoofman van die nedersetting het die polisie van die voorval verwittig nadat bure gesien het dat die huis aan die brand is.

Sy liggaam is binne die huis aangetref.

“In dié stadium vermoed ons nie vuilspel nie; dit is moontlik dat die man besig was om ʼn kers aan te streek of iets soortgelyks – ons ondersoek nog die omstandighede,” het Manatha gesê.

Die polisie doen ʼn  geregtelike doodsondersoek.

Sy naam mag nog nie bekend gemaak word nie, aangesien al sy familie nog nie in kennis gestel is van sy dood nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.