Die polisie in KwaZulu-Natal ondersoek onder meer ʼn saak van moord nadat ʼn 94-jarige man Woensdagoggend dood in sy huis in Laurenceweg in Hayfields buite Pietermaritzburg aangetref is.
Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes het om 08:00 op ʼn huisroof gereageer. “By hul aankoms het hulle ʼn 94-jarige man [se liggaam] met wurgmerke aangetref. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Zwane gesê.
Volgens Zwane is nét ʼn wit Volkswagen Polo gesteel.
Die polisie ondersoek sake van moord en huisroof.
Maroela Media het vroeër berig Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het gesê nadat paramedici die huis binnegegaan het, het hulle die man in ʼn plas bloed aangetref in een van die vertrekke.
“Paramedici het hom ondersoek en vasgestel dat hy veelvuldige beserings opgedoen het.”
Meiring het gesê blykbaar het die man se bure die polisie ontbied nadat hulle op sy lyk afgekom het.
Linkses beskerm die moordenaar en nie die ou man nie, as julle nie daarvan hou nie verwerp liberale media.
Nou vrae ek weer koekom moet n onskuldige mens net vir sy besittings vermoor word stel die doodstraf terug en da sal met ander oë gekyk word alvorens n moord gepleeg word
Essie vriend, nou sê ek weer, die regime kon nie eers die land se rioolaanlegte bestuur nie en jy wil die doodstraf in hul hande plaas, nee ek dink nie so nie.
HPV ek stem 100% met jou saam. Jy plaas nie ń gelaaide vuurwapen in ń kleuter se hande nie.
Duidelik is dit onverantwoordelik om ‘n gelaaide vuurwapen in ‘n kleuter se hande te plaas. Nog meer onverantwoordelik is om te verwag dat die belastingbetaler die gespuis vir die res van hul lewens moet dra.