Bejaarde (95) se liggaam in bad aangetref

Mitchellstraat, Eastcliff, Hermanus, waar die bejaarde se liggaam gekry is. Foto: Google Maps

Die liggaam van ʼn 95-jarige vrou is Donderdag in die bad van haar meenthuis op Hermanus in die Wes-Kaap aangetref.

ʼn Veiligheidswag het laat Donderdagmiddag op die vrou se lyk in haar huis in Mitchellstraat in die gegoede woonbuurt Eastcliff afgekom, sê sers. Noloyiso Rwexana, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder. Die wag het die polisie ontbied.

Die bejaarde se liggaam is in die bad gekry, maar dit is nog onbekend of sy verwurg is of verdrink het. Die oorsaak van haar dood sal tydens ʼn nadoodse ondersoek vasgestel word. Die polisie het wel bevestig ʼn misdaad word vermoed.

Daar was glo geen tekens van ʼn inbraak by die meenthuis nie. Maroela Media verneem inwoners bespiegel dit was moontlik ʼn werker wat aan die oorledene bekend was, wat haar beroof en toe vermoor het.

Elmarie van Dalen, voorsitter van AfriForum se Overstrand-tak, sê volgens alle aanduidings was dit moord. “Dit gebeur gereeld dat ouer mense hier tuis sterf, maar in dié geval het ons ʼn klomp WhatsApp-boodskappe gekry van mense wat meen sy is vermoor.”

Sy sê Eastcliff is een van die veiligste buurte op die dorp. “Dis ʼn lieflike woonbuurt om in te woon, na aan die middedorp. Ons het nie eintlik misdaad in daai gedeelte nie.”

Van Dalen sê misdaad neem egter dié tyd van die jaar toe wanneer heelparty inwoners van Hermanus, wat na raming uit 80% afgetredenes bestaan, aan hul woonplek laat verbou. “Ons het dan baie meer voete op die dorp as gevolg van al die boubedrywighede.”

Sy meen baie van die dorp se inwoners is glad nie veiligheidsbewus nie. “Baie van ons bejaardes verkeer nog onder die wanindruk dat hulle op ʼn veilige plek by die see kom aftree het,” meen sy. “Hulle laat letterlik hul deure oopstaan wanneer hulle uitgaan.”

Volgens haar kennis was die oorledene se huis wel gesluit ten tyde van die voorval. Sy het glo nie kinders of enigiemand anders gehad wat gereeld by haar gekuier het nie.

Die polisie het nog nie die oorledene se naam bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Misvat ·

Daars ‘n groot verskil tussen verdrink en verwurg, lyk asof die ‘ kundiges ‘ deesdae sukkel om die oorsaak van mense se dood vas te stel. Julle vat soms lelik mis. Dit bly egter vrek tragies, my innige simpatie aan die familie en vriende, die moode in SA stop net nie.

Katerina ·

Witmense moet begin besef ons is Nerens meer veilig nie. Soveel te meer weerlose oumense. Daar is in die helhool land nie meer iets soos n veilige buurt nie.

TINRSA ·

Daar was onlangs moorde op bejaardes waar 3 blankes in die hof verskyn het. Ons moet somtyds redelik wees ook. Dit maak dit glad nie minder hartseer vir die naasbestaandes nie en ook die wete dat ‘n bejaarde persoon op so ‘n wreedaardige manier te sterwe moes kom.

Staak ·

Ek wonder net hoek Orania nie uit sy nate bars nie aangesien daar amper geen misdaad is nie, binne die volgende 10 jaar wil ek graag myself daar gaan vestig.
Ek wil nie op my oudag alewig oor my skouer loer nie, dit is geen lewe nie.

Koos ·

Orania is nog baie primitief en die lewenskwaliteit baie laag

R N ·

Dis nou te sê as Orania oor 10 jaar nog wit eienaars gaan hê

Twitterati ·

Hier is al meer moorde op bejaardes in Overstrand, dit haal net nie altyd die nuus nie.

Elle ·

@Staak se kommentaar verwys.
Moenie Orania se naam té hardop sê nie want anders volg daar seker binnekort nóg ‘n ‘landclaim’…

R N ·

Dis nou te sê as Orania oor 10 jaar nog wit eienaars gaan hê

alida ·

Wat het die veiligheidswag in haar huis gesoek indien dit ‘n man was?. Indien dit ‘n vrou was kan mens verstaan maar gewoonlik gaan veiligheidswagte nie in die inwoners se huise in nie. Die verpleegpersoneel doen mos inspeksie by die ou mense. Ek mag dalk verkeerd wees.

Anoniem ·

Die veiligheidspersoneel doen rondtes en maak seker alles is in orde. As die dame nie spesifiek siek was nie sou die verpleegpersoneel nie noodwendig gaan ondersoek instel nie.

Stuiwer ·

So jammer dat hierdie persoon alleen gebly het. Sy kon nie haarself verdedig nie. Dis hartseer.

Yankee ·

To kill a person this age, a woman, like killing a child !!!! Sies, vir Suid-Afrika, sies vir die gemors van n Staat#!!

Catrien van Rensburg ·

Is dit nie onverantwoordelik om te se mense hier los hulle deure oop as hulle uit gaan nie? Die is amper n uitnodiging vir kriminele…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.