Bejaarde aangeval op plaas buite Brits

plaas, plaasaanval, boerdery, landbou, windpomp, boer, droogte, veld

(Foto: Yolandi Kruger)

ʼn Pensioenaris is Woensdag in die vroeë oggendure op ʼn plaas in die Kareepoort-omgewing digby Brits in Noordwes aangeval.

Kerneels du Plessis (72) het die oggend net voor 05:00 na buite gegaan om te kyk of alle reg is met die geiser se gasbottel, aangesien hy wou stort en nie warm water kon kry nie.

Volgens kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder, is hy buite die huis deur drie mans oorval. Een van die mans het ʼn balaklawa aangehad.

Du Plessis is met ʼn ysterstaaf en baksteen aangeval en het ernstige beserings opgedoen.

Botma sê die aanvallers is die huis in en het onder meer ’n televisiestel en ʼn skootrekenaar gesteel, voordat hulle te voet op die vlug geslaan het.

Du Plessis se vrou, Fiena (78), was in die huis, maar is nie beseer nie. Du Plessis is ná die voorval in Brits MediClinic opgeneem vir verdere mediese sorg.

Botma sê niemand is al in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Agter die skerms.....

Hierdie aanvalle put ‘n mens net uit – waarvoor waarvoor doen hulle die goed – veral ou mense. Dit maak my net ergelik kwaad. Die aanvallers het weg gekom met min goed en ou mense is aangeval. Daar is net niks meer respek vir mense se lewens nie.

Karin

Wat moet ek se want hoe ek hier binne voel mag ek nie uitlaating aangee nie. Sterkte vir die familie hou jul in GEBED styf vas

Meisie

Hierdie is die rede dat ek al van Sondag aand af nie kan slaap nie. Eks vrou alleen wat my ouers se plot oppas.. Hulle wou bietjie weg gaan Kaap toe, dis die eerste keer in ‘n BAIE lang tyd wat hulle kan weg gaan.. Ek slaap maksimum so 3 ure n aand.. Ek raak naar as ek berigte lees wat se opskrif “Paartjie op plot/plaas aangeval”lees. Dit kon my ouers gewees het..

Marie

Wat is verkeerd hier – ʼn Pensioenaris is Woensdag in die vroeë oggendure op ʼn plaas in die Kareepooort-omgewing digby Brits in Noordwes aangeval.

Hoeveel o’s moet Kareepoort hê beslis nie 3 nie (Kareepooort)

AJ

Jammer oor die trauma wat die bejaardes moes deurmaak. Slagoffers vergeet sulke gewelddadige misdaad NOOIT!

Bewapen en verdedig jou self! Dis nou oorlog!