Bejaarde aangeval terwyl hy troeteldiere kos gee

rowersEdmond Scott Roodt, ʼn 71-jarige inwoner van Hilton naby Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal, is Woensdagaand by sy huis deur drie mans aangeval terwyl hy sy troeteldiere kos gegee het.

“Die aanvallers het klapmusse gedra en was met ʼn mes, skroewedraaier en plank gewapen,” het kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, Donderdag in ʼn verklaring gesê. Die aanval het omstreeks 21:00 in Devonshireweg plaasgevind.

Die aanvallers het Roodt in die huis in gedwing, waar hulle hom met ʼn plank aangerand en met ʼn mes in sy kop gesteek het. Hulle het sy arms en voete met ʼn tou vasgebind en sy huis geplunder. Die aanvallers het drie haelgewere, ammunisie, elektroniese toestelle, ʼn selfoon en R4 000 kontant, asook ponde en euros gebuit voor hulle gevlug het.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Zwane versoek enigiemand met meer inligting om met die polisie in verbinding te tree. “Persone wat anoniem wil bly kan Crime Stop by 0860 10111 bel,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trippie ·

ONMOONTLIK 3 “mans” – 3 potensiële moordenaars !

Wat ‘n lafhartige daad teenoor ‘n bejaarde – ek hoop hulle word spoedig opgespoor.

AmY ·

DRIE mans teen EEN bejaarde man? Dis baie lafhartig. Hulle soek die sagte teikens, wat beteken hulle is swape en sotte en sal nooit in die samelewing kan inpas of aanpas nie.

Sluit hulle toe, en gooi die sleutel weg, want môre is hul sagte teiken dalk ‘n swanger moeder of ‘n gestremde.

Jessica ·

Leef die arme oom nog?

Ons leef in verskriklike tye. Al wat mens kan doen is bid dat dit sal einde kry…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.