Bejaarde beroof ná sy onder eie kar beland

(Argieffoto: pixabay)

’n Bejaarde vrou het ernstige beserings tydens ’n fratsongeluk opgedoen toe sy Woensdagoggend deur haar eie motor in Morningside, Johannesburg, omgery is.

Die beseerde vrou is boonop voor die nooddienste se aankoms op die toneel in Gordonweg beroof.

Kyle van Reenen, woordvoerder van die nooddiens Emer-G-Med, sê die vrou het na bewering haar motor parkeer en agter om die motor geloop. Dié voertuig het terselfdertyd agtertoe beweeg, haar omgestamp en bo-oor haar gery.

Van Reenen sê rondlopers in die omgewing het die ongeluk uitgebuit deur haar besittings te steel terwyl sy vir paramedici gewag het om haar te hulp te snel.

Paramedici het met hul aankoms gespook om die vrou te stabiliseer voordat sy na ’n nabygeleë hospitaal gehaas is vir verdere mediese behandeling.

Die vrou se ouderdom is nog nie vasgestel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Misky ·

Mens weet nie meer wat om te sê as mens sulke dinge hoor nie. Hoe onmenslik is dit nie!!!! Hoop die vrou herstel vinnig en volkome

JohanR ·

Vrou le erenstig beseer, en al wat hulle sien is haar handsak. Wat ‘n LAND!

Maggies ·

Uiters siek gedrag. As al die mense só optree het ek geen hoop meer vir die mensdom nie. Wat het geword van behulpsaamheid, empatie en omgee vir jou medemens.

Onnie ·

Sies! Hoe bou jy ‘n reënboognasie met sulke mense?? Nee man, dis siek!

Papsak ·

Ja al wat die gemors sien is mos dollars dit is al daarom word ons aan gerand en dood gemaak gemors

madels ·

Uiters siek om n hulpelose vrou so te beroof! Mag daai besittings brand in hul hande!!!

Luister ·

Dit is belangrik dat jy jou handrem gebruik tydens parkering. As dit nie werk nie, plaas motor in eerste rat. Doen dit voor jy uitklim.
Tog, ongelukke gebeur en weens haar ouderdom kon sy vergeet het. Ek wens die dame ‘n vinnige herstel toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.