Bejaarde besteel by OTM

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Bejaarde vrou is die afgelope naweek duisende rande kwyt toe booswigte haar by ʼn outomatiese tellermasjien (OTM) geteiken het.

Die 66-jarige vrou het Saterdag teen 11:30 die teller in Riebeeckstad in die Vrystaat gebruik om geld te trek. Volgens die polisie was daar ʼn kort swart man langs die teller, wat die OTM voor haar gebruik het.

“Hy het gemaak of hy sy kwitansie uit die masjien wou haal en toe haar bankkaart gegryp. Toe sy vra waar haar kaart is, sê hy haar kaart is in die masjien,” sê brig. Motantsi Makhele.

ʼn Tweede man het haar toe genader en gesê sy kan voortgaan om die masjien te gebruik deur haar pin-nommer in te tik. “Die vrou het egter geweier en dadelik probeer om haar kaart te blok sodat dit nie misbruik kon word nie. Voordat sy dit egter kon doen het sy ʼn SMS-boodskap ontvang dat verskeie bedrae, so groot as R860 en R2 000, reeds uit haar rekening getrek is by ʼn ander bankteller. R1 720 is bestee by die McLean-drankwinkel om drank te koop,” sê Makhele. ʼn Totaal van R8 460 is uit die vrou se rekening gesteel.

“Ons raai inwoners aan om versigtig te wees wanneer hulle gebruik maak van ʼn OTM. Hulle moet altyd seker maak hulle is alleen by die masjien en geen hulp aanvaar van vreemdelinge nie,” sê Makhele. Hy raai die publiek ook aan om hul instink te vertrou en indien iemand by ʼn bepaalde masjien verdag voorkom, liefs nie die masjien te gebruik nie.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie en die polisie doen ʼn beroep op enigeen met inligting oor die verdagtes om dit so gou moontlik aan die polisie deur te gee.

Lede van die publiek kan die ondersoekbeampte sers. Malefetsane Tilo gedurende kantoorure bel by 057 391 6275.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Santie ·

66…. Wat wo oud!! Ek is al jare gelede met hierdie truuk gevang! Hulle is so skelm soos die houtjie van die galg. Ek nou altyd my hand of stuk papier oor die syfers wat ek intik sodat niemand kan sien wat ek doen nie. Luister na jou gut feeling. As jy net effe ongemaklik voel, kanselleer en loop. As die kassiere nie genoeg geld by die winkel het nie, vra ek om die die Manager te sien en gewoonlik kry ek die geld wat ek wil onttrek.

Amanda ·

Hoe kry hulle dit reg om aankope te maak en om geld te trek sonder die pin nommer? Ek kan dit nie eens doen met my eie kaart nie.

Swannie ·

Amanda, ek stem saam Hier is iets wat nie reg klink nie.

Die tannie het dan geweier om voort te gaan met die transaksie en wou haar kaart slegs kanselleer.

Miskien is ek te dom om te verstaan.

Gavin ·

Die banks get dit maklikkers vir skelms gemaak met die tap en go karate. Hulle isn’t so skulkig as die Skelos.

Pensioenaris ·

Ek dink die beste vir ons bejaardes is om maar binne n winkel geld te trek. Ek doen dit maar as ek my kruideniers koop.

Swannie ·

Pensioenaris, dis nie altyd moontlik nie, omdat ek baie keer moet hoor dat die kassier nie genoeg geld het nie.

Klip inni bos ·

Gelukkig het ek betyds agtergekom die swernoot agter my wat maak asof hy op sy selfoon praat, eintlik besig is om n video te neem toe ek my kaart by by die masjien indruk. Ek sidder nog steeds wat hulle sou doen as ek onbewus gebly het.

Maljan ·

Hoe het hulle so gou soveel gedoen? Het die tannie nie n limiet op haar kaart nie?

Chris ·

Lol , so makhele se oplossing is .. ” maak seker jys alleen as jy die atm gebruik” asseblief daars rye mense , daars altyd mense wat rondstaan … n atm is gevaarlik end of story .

Johan ·

Ek kan ook nie glo hulledoen aankope of trek geld sonder Pin nie! Kan SAPS nie kringloop TV byOTM of drankwinkel gebruik om diewe vas te trek nie. Amerikaans polisie doe dit op gereelde basis/

Annelie ·

Kringtelevisie gaan nie help nie – hulle lyk dan almal dieselle – wie gaan hulle nou uitken!

John ·

Bankkaarte kan deesdae ‘tap’ onthou. Daar is gereeld kassiere wat dit sommer vir kliènte doen. Ons is te liefdevol teenoor vreemdes. Die ‘goeie’ motorwagte is nog ‘n spul uitbuiters wat ons private spasies betree.

Nico K ·

Dit is baie moontlik dat sy wel die pin ingetik het en hulle dit gesien het. Dis belangrik dat jy moet toe hou as jy jou nommer intik. En sorg dat daar ‘n limiet op jou kaart is. (Daai een met die selfoon wat jou afneem is ‘n nuwe een maar so maklik.)

m ·

Ja my tap en go chip in my kaart is al vir amper ses maande buite aksie (beskadig), en ek is baie bly daaroor!! Ek kies liewer ‘n klein bietjie ongerief as om my hard verdiende geld te verloor!! Baie jammer vir die same!!

Anoniem ·

Jy kan die tap en go laat afhaal van jou kaart. Gaan bank toe. Wel n’ proses maar kan gedoen word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.