Bejaarde boer glo deur werksoeker aangeval

Argieffoto (Foto: Bongani Mbatha/ African News Agency/ANA)

’n 81-jarige Vrystaatse boer is Dinsdagaand in sy huis in die Harrismith-omgewing oorval en aangerand.

Die aanvaller woon glo op die plaas en het die vorige dag by die boer om werk aangeklop. Hy is volgens die polisie die volgende dag na die plaashuis waar hy die boer glo met ’n stok aangerand het.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê die boer het aan die 22-jarige man gesê daar is in hierdie stadium geen werk vir hom nie. Die jong man is glo vort, maar het Dinsdag omstreeks 19:15 na die plaashuis teruggekeer.

Volgens Mbambo was die boer in dié stadium weens beurtkrag met ’n kragopwekker buite die huis doenig, waarna hy terug in die plaashuis is. Die verdagte het hom daar ingewag.

ʼn 56-jarige versorger wat in die huis inwoon het ʼn geraas gehoor en ondersoek ingestel waarna die aanvaller haar óók aangerand het.

“Die boer se jonger seun het gelukkig opgedaag en die verdagte sover gekry om te bedaar,” het Mbambo gesê.

Volgens Mbambo is die boer en sy vermeende aanvaller in die voorval beseer. Die boer is na die Busamed-private hospitaal en die verdagte na die Thebe-distrikshospitaal op Harrismith geneem.

Die verdagte sal binnekort op aanklagte van huisbraak en aanranding met die doel om ernstig te beseer in die plaaslike landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tjiekietor ·

As gevolg hiervan wil ons ni meer mense werk gee, waar mens altyd iemand kos of klere of n rygeleentheid gegee het wil ons ni meer want ons word aangeval en vermoor

Mieke ·

Daleen, nie net dit nie, maar baie van ons het eenvoudig nie nóg geld om ‘n werk te verskaf nie!!

Kerneels ·

Lees mooi tussen die lyne. Die aanvaller is ook beseer. Dalk tydens die “bedarings” oefening?

Misky ·

Baie deurmekaar berig hierdie……. Die aanvaller woon op die plaas en die vorige dag het hy gaan werk soek en toe die volgende dag gaan hy terug en val die boer aan…… baie deurmekaar.

En weet enige iemand hoe waar dit is en ek gehoor die staat het onlangs 2 000 plakkershutte opgeslaan net buite Harrismith. Weet iemand iets hiervan?

Nico ·

Die boer se seun het hom sover gekry om te bedaar…. waarna die aanvaller in die hospitaal opgeneem is. Klink of die man mooi kan verduidelik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.