Bejaarde boer met Jik, tang gemartel: Sterf week ná aanval

Argieffoto: Lorraine Claasen

Argieffoto: Lorraine Claasen

ʼn Bejaarde boer is in die hospitaal dood nadat hy verlede naweek wreed op sy plaas aangeval en by minstens twee geleenthede glo onder meer met Jik en ʼn tang gemartel is.

Brett Deavin, direkteur van Berg Protection Services, het Saterdag aan Maroela Media bevestig die boer, Trevor Rees (79) van die Underberg-omgewing in KwaZulu-Natal, is deur sy familie bygestaan toe hy Saterdagoggend aan die talle beserings wat hy opgedoen het, beswyk het.

Volgens Deavin het Rees alleen op die plaas gewoon waar hy verlede Saterdagaand oorval is. Sy hond is ʼn week voor die aanval vergiftig.

Die aanvallers het ʼn trekker gebruik en daarmee in die slaapkamer se muur ingeploeg in ʼn poging om toegang te verkry. Toe dit nie geslaag het nie, het hulle die huisdeur oopgebreek.

“Hulle het sy arms agter sy rug met ʼn elektriese kabel vasgebind en hom erg aangerand. Dit wil voorkom of die aanvallers ʼn tang gebruik het om sy vel te knyp,” het Deavin gesê.

Die aanvallers het toegang tot ʼn kluis verkry en geld en ander waardevolle items gebuit voordat hulle daar weg is.

“Hulle het Sondag teruggekeer om meer ware te steel, waartydens hulle hom verder aangerand en ook Jik in sy keel af gegooi het.” Die mans het ook Rees se bakkie gesteel. Sy bakkie is egter later naby Pietermaritzburg nadat die aanvallers met dit in ‘n ongeluk betrokke was.

Rees se werkers het eers Maandag op hom afgekom en hulp ontbied.

“Toe ons en paramedici op die toneel aankom, was daar bloed orals. Ons het hom in ʼn kritieke toestand op die grond aangetref en hy was steeds vasgebind.”

Hy is na die Edendale-hospitaal in Pietermaritzburg geneem en het die hele week om sy lewe geveg. Dit het later aan die lig gekom dat Rees ook twee keer tydens die aanval geskiet is.

Deavin het gesê Reeds se aanval was skaars ʼn week nadat nóg ʼn boer van die omgewing, Gavin Carter (47), deur drie mans tydens ʼn aanval op sy plaas doodgeskiet is.

“Sedert die twee aanvalle het beamptes van Berg Protection, die polisie en kundiges van South African Community Action Network (SACAN) al om die uur gewerk om die voorvalle te ondersoek en leidrade op te spoor. Daar is Vrydag ʼn groot deurbraak gemaak.”

Hy het gesê drie verdagtes is tydens ʼn intelligensiegedrewe veldtog in hegtenis geneem. Van die gesteelde goedere wat in albei aanvalle gesteel is, is teruggevind en die moontlikheid bestaan dat die mans met albei boere se dood verbind kan word.

Die drie verdagtes sal na verwagting in die Himeville-landdroshof verskyn op aanklagte van moord.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

107 Kommentare

Sandi Oliver ·

Laat ek nie n moordkuil van my hart maak nie. … maar dit is ontstellend om te weet dat elke dag loop ons tussen moordenaars rond..
DOODSTRAF moet weer ingestel word.. Tronk is net n plek waar hul gratis kos en verblyf kry.. waar al hul maters is. Slegte stand van sake.. wat het geword van menseregte. Het hierdie bejaarde man nie enige regte nie??? Zuma act now! Put an end to this genocide.

Nita ·

Wreedaards. As wittes die soorte dade pleeg teenoor swartes, sal die hel los wees oor die hele aardbol. En Zuma se mond bly toe oor die wandade want dit alles pas hom goed.

Noeline ·

Die “slim” mense moet hulle berekenings reg uit werk. Die werkers is 60,000,000 miljoen meer as ons. Vat dan ons baie kleiner miljoene en werk dit dan uit daar volgens. Dan sal dit n heeltemal ander storie wys.Werk asb die % moorde daar volgens. Ons mense word die meeste vermoor

Nita ·

Raai raai riepa watter kleur mense is die haatdraendste in die hele land???

John ·

Die Britse konigin & Kie was ‘n voorbok vir die veranderinge in 1994. Hulle het skynbaar gehoop net Afrikaners gaan geteiken en uitgedryf word uit SA. Nee. En nou? Nou keer Brittanje via Brexit vir die vale dat swart Afrika nie hul land binnedring nie. Dit gaan nie help nie. Sit maar solank diefwering op en soekligte en… en… Die spreekwoord is so waar:
Moenie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil he nie…

Kasper ·

Ons sal dit self moet terug bring…Ek sal nie skroom om mense wat my wil doodmaak terug aan te Val nie, Ek is gvol verby om bang te wees!!!

Conrad ·

Ek het dit ook altyd bepleit- tot iemand vir my se die doodstraf in die verkeerde hande, hulle gaan ons dan eers ophang.
Eintlik is hier reeds n doodstraf aan die gang sedert 1994, een een word ons afgemaai.

Nita ·

Jy is 79 jaar oud, jy mag om God’s naam die reg he om te slaap? Jou huis is beveiliig se maar jou wapen is onder jou kopkussing. Nou jaag iemand jou huis in met n trekker. Wees nou redelik. Hoe vinnig gaan jy reageer? So dis maar ok. Dit is ons eie skuld as ons vermoor word.

Skybird ·

Shjoe Wow! ! MM , My kommentaar was nie eens naasteby so erg van wat ek hier lees, behalwe diè woord ‘gemors ‘ dan word ek afgehaal, dubbel standaarde, of hoe personeel voel dié dag, lag my pap , Nou word ek seker in geheel afgehaal.

Cherokee ·

Skybird, hulle is so bevreesde groepie. Hulle klou aan wat hulle het met al hul mag.

Susan ·

Wel hoe meer hoor ons Elke dag van bejaardes en boere wat aan geval word. Dit is nie net om te plunder nie anders sou hul nie sover gegaan het met marteling en moord nie. Dit is I’m ons blankes uit te wis en terselfde tyd ons blankes van ons grond af te kry sodat daar meer grond is om te oneien. ???? En ons is die rasistiese groep dink nie so nie….. waar is die DA om ons te help ons land se burgers te help veilig hou

Petrus ·

Moenie op die D.A. staatmaak nie, word paraat en kry wapens.

Pietser ·

Die DA kan nie help as julle nie vir hulle stem nie. Julle stem mos VF+, vra vir gebroeders Mulder wat hulle hieraan gaan doen. Hoeveel plaasmoorde is in die Wes-Kaap waar die DA regeer? Zip/niks waarvan ek weet nie. Let verder op dat dit ‘n wit Engelsman is wat vermoor is en dus nie as Afrikaner volksmoord gesien kan word nie. Ek noem dit maar net want die indruk word altyd geskep dat die Afrikanervolk uitgeroei word. Kom ons kyk of Maroela hierdie kommentaar gaan publiseer.

des ·

Dit is wittes wat uit gemoor word, onge-ag of jy Engels of Afrikaans is.

Pietser ·

Daar word BAIE meer swartes uitgemoor (persentasiegewys veel meer as blankes). Met ander woorde as jy nie mooi verstaan nie – die kanse dat jy as ‘n swartman in hierdie land vermoor gaan word is veel groter as die kanse dat jy as ‘n witman vermoor gaan word.

Cherokee ·

Des, wag so bietjie, waarskynlik is pietser reg! Hy sê iets baie slim wanneer hy sê dat daar (sover hy weet) geen plaasmoorde is in die Wes-Kaap nie. Hy maak ‘n nuwe kan wurms oop – geen plaasmoorde waar die DA regeer maar elders wel. Dit kan beteken dat die DA ook opstokers kan wees vir die plaasmoorde! Dankie Pietser, dat jy daarop wys. Het lankal gesê die DA mag nie vertrou word nie.

Herman ·

Pietser,
Die swartes wat vermoor word, is blankes die moordenaars? Die blankes wat vermoor word, WIE vermoor hulle? Ander blankes, of swartes?

Pietser ·

Daar is gevalle waar witmense swartes ook vermoor. Ander blankes en swartes vermoor witmense. Die kanse dat ‘n swartman in ieder geval die moordenaar gaan wees, is inderdaad baie hoog siende dat hulle 90% van die bevolking uitmaak.

M'Lady ·

Mense, wat soek n 79 jarige nog alleen op n plaas? Hierdie is nie n normale land met normale mense nie. Die vraag is wie is volgende? Die DA sal niks se nie , maar waar is die FF+? Geen piep uit hulle geledere nie en ook tjoepstil in die parlement. Van geen waarde vir die Afrikaner nie.

Werner ·

En laat my byvoeg, dis ook sy reg om aan natuurlike oorsake eendag dood te gaan op sy plaas!

Cherokee ·

Werner, dit is ook sy reg om in die see te swem tussen haaie…in die wildernis tussen roofdiere of om op ‘n gespande tou te loop van een krans na ‘n ander. Jy het ‘n probleem as jy nie besef dat M’Lady nie sy regte bevraagteken nie maar wel die logika.

CL ·

Dit lyk asof daar ‘n besliste patroon gevorm het met hierdie aanvalle. Soveel wreedheid as moontlik om mense so bang as moontlik te maak. Ons sien soveel boere wat maar opgee en rondom ons hier in die stad intrek. Die meesterbreine gaan nog saam met die res van ons honger wees in SA.

Andre ·

Kom ons kyk diep. Al die aanhitsing na “nog nie”… Al die grondgrype aksies.
Persoonlik begin ek dink dit raak relatief duidelik waar hierdie probleem vandaan kom…

Johan ·

Besef die DA dat van ons blankes vir hul gestem het in die hoop dat hul ons Afrikaner en Boer volk se belange ook op die hart sal dra? Maar die DA woon eerder hof verrigtinge by waar ‘n man in ‘n kis gestop word en nog lewe om dit te vertel. Hoe is dit moontlik dat die regering net ‘n blinde oog draai op hierdie onderwerp.
Die aanvallers raak meer en meer kreatief en barbaars in hul modus operandi.
WAT SAL DIT VERG IN ‘N LAND SOOS SA OM DIE DOODSTRAF WEER HERINGESTEL TE KRY? KAN GERRIE NEL DALK ANTWOORD?

Pietser ·

Die DA regeer net in die Wes-Kaap en daar is nie plaasmoorde nie. Die VF+ stel ook nie belang in die geval nie want die slagoffer was mos nie ‘n Afrikaner nie, so doodstil.

De Villiers ·

Johan, ek stem 100% met jou saam. Die feit dat die DA, EFF, ANC, die gedrukte media & die sosiale media nie hierdie geval met dieselfde sensasie uit basuin en mense aanhits om te betoog hierteen nie, soos wat hulle gedoen het met die doodskis-geval op Middelburg (wat op meriete en gewelddadigheid nie eens met hierdie geval vergelyk kan word nie), beklemtoon net die dubbele standaarde wat hulle handhaaf teenoor rassisme. As die rolle omgeruil was (wit teen swart) sou dit gegons het onder hulle. Dankie, Maroela Media, dat julle hierdie gevalle wel publiseer omdat julle erns daarmee het.

Cherokee ·

Pietser is besig om julle daarop te wys dat daar nie plaasmoorde is waar die DA regeer nie maar elders wel. Dat lede van die DA miskien deel het aan die beplanning van plaasmoorde (met geen plaasmoorde waar hulle regeer) om sodoende die land se verkiesings in hul guns te swaai. Dankie dat jy daarop wys, pietser.

japsniet ·

jy sal due diidsyraf self moet toepas voordat die voorste burgers jou kan vermoor.

Grassie ·

Swyg Grassie, swyg! As jy nou skryf wat jy voel sal jou kommentaar nie net verwyder word nie, jy sal sommer lewenslank verban word ook.

Peanut ·

Dam is daar nog steeds mense wat se dis nie ras gemik nie. Word wakker

Pietser ·

Dit is nie ras gemik nie. Swartmense gaan persentasiegewys veel meer gebuk onder moordadige aanvalle. Dis ‘n nasionale probleem wat swartmense die swaarste raak.

AL ·

Pietser jy is naief. Ons is nie dom dat ons weet dat swart ook gebuk gaan onder geweld nie. Maar wreedaardige moorde op wit plaaseienaars is baie baie persoonlik vir die aanvallers. Kyk bv na bogenoemde geval. Dis nie kill nie, dis overkill!

Pietser ·

Weet jy hoe word die swartes vermoor? Dis muti-moorde my maat hulle sny organe uit en gaan te kere. Moord is moord.

Johann ·

Die ongeletterde swaksinnige kriminele is nie net gevoelloos nie, hulle is ook lafhartig om slegs vrouens en ou mense te teiken en dit boonop as die mense slaap

G ·

Swart moorde is nie marteling nie. Meeste moorde gaan oor geld, hebsug, ontrouheid by swartmense. Gewoonlik met n mes of bottelsteek. Geen marteling nie. Ek was in die SAPS en speurder

Alida ·

Dit is afgryslik. Die arme oom bly hy is verlos van sy lyding hoewel die omstandighede walglik is. Die DA en VF+ is politieke partye en kan nie die SAPD se werk doen nie. Die doodstraf gaan NIE terugkom nie. Hou op sanik daaroor. Ons wil dit almal he.

Werda ·

Nou wat help al jou diefwering, alarms, wapens en paraatheid jou nou in so ‘n situasie. Het hy nie onraad vermoed toe sy hond vergif was nie of was hy maar net een van daardie arme mense met nêrens anders om heen te gaan en niemand om te kontak nie.

wilma ·

Nog n moontlikheid. Dai omie was dalk van die goedgelowige soort wie gedink het dis net so called rassiste wat aangeval word. Sou die blankes die oorgrote meerderheid aanvallers en moordenaars was was die doodstraf lankal trug

snoefie ·

geluk Jan. nog elke keer dat ek dit gesê het was my kommentaar verwyder as of ek langer rassistiese vloeke gepost het. maar dis al wat gaan werk. bewapen jouself.

AL ·

Ai Pietser, die ANC en hul maatjies het al vroeg gedreunsing Kill the Boer, kill the Farmer. Plaasmoorde het al in vroee 90’s begin. Malema wat druk vir grond, dreigemente openlik maak teen die wit volk. 1+1. Is gelyk aan 2. Get it?

Kaspaas ·

Teen wittes. Jou argumente is ook nie reg. Vergelyk appels met appels. Hoeveel witboere word vermoor vs swartboere. Hoeveel wittes persentasie gewys is vermoor vs die bevolking van omtrent 4 miljoen. Hoeveel swartes is vermooe persentasie gewys vs bevolking van omtrent 55 miljoen

Sarie ·

Volksmoord gemik teen blankes. Swartes word ook vermoor maar weinig deur wittes. Die Wes-Kaap se demografie is anders. Swartes in die minderheid. Plaas werkers is meer Bruinmense en daar bestaan ‘n goeie verhouding tussen die werkers en boere. Hulle deel die Westerse lewens beskouing. Die DA het niks hiermee te doen nie. As hulle so goed was hoekom is die bendes op die Kaapse Vlakte nog nie uitgeroei nie. Ek dink Kaapstad het die hoogste moordsyfer van al die stede in die land.

Karin Swandepoel ·

Met afgryse dat ek hierdie lees. Die aanvallers het nie eens respek vir ‘n ouer persoon, ten spyte van die feit dat hy Blank is. Die Doodstraf moet weer ingestel word en alle onwettige Immigrants moet summier terug gepos word na hul eie Lande toe.

Judy Kruger ·

Hoe het dit eers later aan die lig gekom dat hy 2 keer geskiet is????

Darius ·

Die oom was so erg vermink en vol bloed hulle het eers in die hospitaal agtergekom hy is geskiet ook toe hulle hom behandel het

Boland ·

Aan al die boere met slim fone laai zello app af en gebruik dit as n panic button in julle groep.Julle moet groepe stig in julle gemeenskap om mekaar by te staam.

G ·

Swart moorde is nie marteling nie. Meeste moorde gaan oor geld, hebsug, ontrouheid by swartmense. Gewoonlik met n mes of bottelsteek. Geen marteling nie. Ek was in die SAPS en speurder

Werner ·

Maroela Media en lesers.Weet iemand hoe waar is die gerug dat NETFLIX in April n program begin wat genocide op blankes aanmoedig(Dear white people)??
In dien so, hoe kan dit gestop word?
n Antwoord sal baie waardeer word.

Prof ·

Netflix het volgens Mail Online in die UK reeds meer as 1-miljoen klagtes gekry op die “lok/voorprent advertensie” wat hulle gewys het om die reeks te bemark. Dit is as rasisties gesien “swart op wit’. Meer as 100 000 het blykbaar ook hulle netflix rekenings gesluit in proses en dit op grond van net die bemarking op You-tube deur Netflix. Ek dink daar steek iets in om so ‘n groot weerstand te genereer.

Danielle ·

Maroela – hoekom noem julle nie die rasse wat betrokke is nie? Julle is gou om dit te doen wanneer daar ‘n witte skuldig is. Ek wil weet, was dit wit aanvallers? Julle kan nie selektief wees met hoe jul verslag lewer nie?

Yvette ·

Danielle, PRAAG noem die rasse.
Dis niksseggend om te lees “n man is dood” ens. Ons wil volledige info he.Verder lees mens dikwels van iemand wat gesoek word maar die ras word verswyg! Ja Maroela!

Cherokee ·

en Praag word nie toegemaak nie. Wat die Maroela-groepie so bevrees en verskrik maak sal nugter weet. Dit kon soort van komies wees as dit nie lastig was nie.

Koos ·

Wat laat julle dink die DA of FF kan iets aan die saak doen, hulle loop uit die parlement uit wanneer daar verder met ons land gemors word. Kom nie eers agter dat Zuma allerande polisie eenhede voorstel nie maar geen melding maak van plaasaanvalle nie, noubegin julle met Afrikaners en engelse. Rerig kom by, dit gaan oor grond en witmense.

Werner ·

Ek weet van n paar aanvalle in weskaap soos gewoonlik pietzer weet jy niks

AL ·

In Mosselbaai so jaar of wat terug. Pietsie Google. Buitendien n boer se werk is gevaarliker as n polisieman. Wys jou net wat in die mal land aangaan.

Pietser ·

Laat ek julle help. Daar was 68 plaasmoorde in die laaste 25 jaar in die Wes-Kaap (gereken van 1990-2015). So ons praat van minder as 3 per jaar. Dit klink vir my “normaal”. Waarskynlik dieselfde voor 1990.

Pietser ·

Twak man. Daar sterf ‘n polisieman elke vier dae dis amper tweekeer meer as die syfer vir boere. Maar wat sal jy nou weet, jy sit mos in Aussie. Los ons eerder uit jy is mos nou ‘n Aussie.

Cherokee ·

So, vir jou klink plaasmoorde ‘normaal’ as dit minder is as in omliggende gebiede. Twak man!
Ek het jou gekomplimenteer omdat jy die DA uitgewys het as moontlike medepligtiges maar nou praat jy kaf.

Pietser ·

Noem vir my die plaasmoorde in die Wes-kaap, ek sal graag wil weet.

Renette ·

Al hoekom jy dink daar sterf meer polisiemanne as boere is omdat daar n grootter bohaai van n polisieman se dood gemaak word as van n boer sin

Frans C ·

Solank die President soos in sy staatsrede die Blankes bly blameerr vir die ANC se mislukkings sal die geweld nooit ophou nie, want hy rui mense op en elke keer as hy sy mond oopmaak val die rand nog ‘n entjie verder.

Jan maak n Plan ·

Dit wil my voorkom asof MM maar baie dieselfde houding het as die regerende party se SABC, want verskeie komentare wat vroeer vanoggend gemaak is , voor Se maar net, se komentaar verskyn nou nie meer nie. As MM graag wil he dat ons hulle moet boikot moet hulle maar net aangaan om ons komentare af te haal en nie een was eers rassisties nie.

Conrad ·

Jan maak n plan :
ek stem saam met jou en ek glo die res van die lesers ook.

Prof ·

Boikot se jy – wat gaan jy dan lees “Die Beeld” sterkte, dan kry jy net politiek korrekte ANC nuus waarvoor jy sal moet betaal! Probeer grootword – daar is iets soos ‘n persombusman waar MM moet pa-staan , ja ook vir al die twak wat JY kwyt raak. Probeer jou kommentaar binne ordentlike perke hou – ek is seker dit sal dan geplaas word.

Phillip ·

Dagsê Jan maak ‘n Plan

Maroela Media behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen nie.
Kommentaar wat onder meer geweld aanwakker, haatspraak verteenwoordig, kru of vuil taalgebruik insluit, of lasterlik of Godslasterlik van aard is, sal nie geduld word nie.

Lees gerus die volledige bepalings en voorwaardes by die skakel:
http://maroelamedia.co.za/bepalings-en-voorwaardes/

Groetnis
Phillip Bruwer, nms. Maroela Media

chrisp ·

Phillip .
Ek het male sonder tal vir Pietser geantwoord wat julle nie plaas nie. Geen swak taal ,geen geweld,geen haatspraak en die res van julle rympie ook ingesluit.Julle plaas dit bloot nie. Se ons nou asb kan pietser enige iets se sonder debat? Sodra ek sy valshede uitwys wil julle dit nie plaas nie? Dryf julle ‘n agenda want net sekere tipe kommentaar word toegelaat en dit het niks met jou rympie te doen nie.

jULLE SIT OP TWEE STOELE .

Wat sal dit wees debat of geen debat?
Moet asb nie huigel nie julle was beter as dit.

Phillip ·

Dagsê Chrisp

Laat weet ons gerus by [email protected] as jy voel jou kommentaar of reaksie op ander mense se kommentaar en nié een van die volgende bepalings of voorwaardes oortree nie, dan sal ons dit hersien.

• Enigeen is welkom om kommentaar te lewer en deel te neem aan Maroela Media, welke kommentaar egter vry moet wees van rassisme, seksisme, homofobie, onvanpaste persoonlike opmerkings, ander vorms van haatspraak of kru, kras en vuil taal.
• Kommentaar moet pas by die beskaafde toon en waardestelsel van Maroela Media.
• Die doelbewuste ontwrigting van gesprekke, onder meer deur irrelevante, uitlokkende stellings (trolling of flaming), word nie toegelaat nie.
• Agtervolging van mede-kommentators (stalking) deur voortdurend op hul kommentaar te fokus en sinvolle reaksie op daardie kommentators in die weg te staan, word nie toegelaat nie.
• Herhaaldelike plasing van dieselfde inhoud in verskillende kommentaarstukke of die plasing van irrelevante inligting of skakels na irrelevante webadresse, word nie toegelaat nie.
• Rassistiese en seksistiese kommentaar, of kommentaar wat andersins aanstootlik of diskriminerend van aard is, sal nie toegelaat word nie.
• Ander lesers en kommentators sal nie persoonlik aangeval en/of verneder word nie.

Vriendelike groete

Phillip Bruwer, nms. Maroela Media

Pietser ·

So elke 2 van my 10 kommentare word geplaas. Miskien laat dit jou beter voel.

Celia ·

Hy was 79 jare oud. Hy het hierdie land help opbou. Ons bejaardes verdien om gekoester te word en gerespekteer te word.Hierdie oom het gely! Hy hard geveg hierdie week om te leef!
Kan ons nie asb hierdie plan in werking stel en ons mense in plakkerskampe opons plase kry waar hulle ook kan werk, nie. Dit help alkante toe? Ons ou mense boer nog produseer nog voedsel maar is weerloos en alleen.

Cherokee ·

Celia, noem dit meer kere in meer forums, asseblief. Wonderlike idee.

Lize ·

En nie een van die plaaswerkers het agtergekom dat hy nie sondag uit die huis gekom het, die deur oopgebreek en die skade gesien van die trekker waarmee hulle deur die muur probeer jaag het nie? Baie verdag.

Jd ·

Pietse persentasie gewys word meer wittes as swartes vermoor in die land jy kan nie net na getalle.

PMB ·

Hoe lank gaan ons nog die opsetlike aanval op wit mense verdra?? Dan staan ons President op en lag. Ons bly in n siek land wat geen respek vir lewe het nie!!!! Ons land en sy wit mense is in hulle maai!!! Dit is tyd ons my gesin tevat en na n ander land te verhuis. Die 30 mense (swart) vir wie ek werk verskaf sal moet maar self opsnork want hulle regering het hulle in die steek gelaat.

lynni ·

Cherokee, jy maak gevaarlike stellings. Ek hoop jy kan dit staaf.

Cherokee ·

Lynni. Ek het bloot probeer sin maak uit pietser se bewerings en dit was my gevolgtrekking dat dit is wat hy probeer oordra. En, as jy die ANC en EFF daarvoor kan blameer, waarom nie die DA nie? Sal graag ‘n antwoord van jou wil hê op spesifiek hierdie vraag. As jy nie weet hoe om in opvolg van ‘n spesifieke kommentaar te reageer nie moet jy nie afgehaal voel as jy ignoreer word nie. En indien jy vir regstellende aksie en grondhervorming stem, wat doen jy hier tussen die mense wat voorgee om konserwatief te wees? Jy is nie een van ons nie.

Pietser ·

Cherokee, jy moet ophou met jou wilde stellings dat die DA betrokke is by plaasmoorde. Jy weet dit is nie wat ek bedoel nie en ek waarsku jou nou vir die tweede keer. As jy hiermee volhard gaan ek jou kommentaar aan die DA stuur.

Cherokee ·

Pietsertjie, jou ‘2de keer’ is nie die waarheid nie. Afgesien daarvan, die DA het my vanaand vir die hoeveelste opeenvolgende keer gespam en gevra om hulle te ondersteun. Hulle bedel selfs om ‘n bydrae. Hul spam is gestuur onder die naam van musi maimane of so iets. Ek is uiters teleurgesteld dat jy nou nog nie my kommentaar aan die DA gestuur het nie. Jy praat praat praat net.

Pierre Joubert ·

Ek wil weer n beroep doen en ek weet baie gaan weer se die jong wit seuns wil nie werk nie , maar ek glo as ons hulle keur ons wel baie gaan kry om op te lei om op plase diens te verrig maar dit moet reg gedoen word so kan ons van hulle help om Kos te kan koop of kos op die Tafel te kan sit , Maar weereens moet hulle deur n goeie Keurings proses gaan,Hulle werk sal wees om diens te doen op die plase , goed gewapen natuurlik , veral in die nag , Ek was vir 20 Jaar in Nasionale Sleutel punt Sekerheid , As ons van gewone sekerheid praat sal dit nie werk nie want weereens kraak ek niemand af nie maar met my jare ondervinding het ek met talle ondersoeke gevind baie van hulle is omkoopbaar en wanneer hulle na so 3 maande die plek verken het dan begin die moelikheid , want dan weet hulle alles van die perseel hoeveel mense is daar woonagtig,waar is die swak areas op die perseel daar is baie maniere waarop hulle tewerk gaan .Ek het sake ondersoek waar Wagte hulle self vas gemaak het nadat hulle die diefstal self beplan het, so kan ek baie dinge uitlig. En dit moet ook deur opgeleide mense gehanteer word wat die vernuf,Insig en paraadheid as kennis opgebou het.

antonie ·

so lank as hierdie moorde aanhou, sal dit nie die twee nasies saambring nie, ‘in fact’ dit dryf ons uitmekaar, dit sal nie my aanspoor om n swart persoon n werk te gee nie. Vanaf ’94 is n deel van die nasie net ingestel om te steel , af te breek en om onskuldige mense te vermoor

Zaney de Laney ·

Ek verstaan nie hoe hulle eers later agtergekom het dat hy twee keer geskiet is nie???

Darius ·

Die man was so erg vermink en vol bloed dat hulle een in die hospitaal gesien het hy is geskiet ook

Pieter ·

Dit is verskriklik om te dink hoe die boere aangeval work. Ek dink egter boere moet hulle komminukasie en alarmstelsels opgradeer en die modernste kry wat beskikbaar is om hulp van bure en sekeriteits maatskappy te kry ingeval van nood. Radio verbindings, cel tegnologie, draagbare paniek knoppies en vele meer. Die belangrikste van sulke stelsels is dit moet gereeld getoets word en dadelik herstel word indien dit foutief gaan. Geslote baan kameras buite en binne kan verdagtes identifiseer.

Nel ·

Vriend Pietzer volgens statistiek wat vrygestel is deur Afriforum staan sake so;
Die ratio is 50 SA polisielede per 100 000 en 132 boere per 100 000. EN een mens sterf gemiddeld elke 5.2 dae in plaasverwante aanvalle… – {2014/15}. Ek glo die prentjie het sedertdien heelwat versleg.
Google gerus Plaasmoorde en-Aaanvalle statistiek

Pietser ·

Daar sterf gemiddeld elke 4 dae ‘n polisieman volgens die SAPD se statistieke.

Renette ·

Dankie vir die stats. Pietsie daar word elke dag n boer of 5 vermoor, en elke 4de dag n polisieman doen die som as jy n sakrekenaar nodig is stuur jou adres ek sal een aanstuur

Sputnik ·

Mense, gaan lees op oor wat in Algeria, Angola, Kongo, Zambia, Rhodesia (ek gebruik die Engelse name want ek kry nie die deeltekens op die sleutelbord nie – wie kan daarmee help?), Mosambiek gebeur het. Dalk sal realisme dan na vore tree. Al die gekerm hier gaan absoluut niks help nie. As jy ‘n boer is en beslis wil aanhou boer, koop maar intussen ‘n huisie op die dorp en sorg vir ‘n GROOT nes-eier – tot jy nie meer waaksaam genoeg kan wees en sterk genoeg om jouself te verdedig nie. Goed, goed, ek weet mense word ook in dorpe en stede vermoor, maar dink vooruit en hou jou rug asook die horison deurentyd dop.

Wendy ·

I can’t deal with this anymore. How can ppl be so cruel …. There’s no reason to torture and kill someone to steal from them. No seriously reinstate the death penalty and get rid of these rubbish once and for all. If other countries have the death penalty why can’t we?

Dan ·

Sien die Pietser karakter met sy liberale goed wat hy kwytraak is weer hier besig met sy kamstige statistieke en menings. Die andersdenkende, verligte, polities korrekte “genius”.

Johannes Meintjes ·

Ons erken mos nou eintlik dat al die berade, ooreenkomste en samewerkings nog lank nie naastenby effektief is om misdaad teen blankes en plaasaanvalle te verhoed nie. Dan lyk dit ook of ander organisasies met meer gevorderde Burgerlike Beskermingsondervinding in SA nie tot gesamentlike optrede en samewerking op nasionale en plaaslike vlak kom nie? Hoe nou gemaak rondom verbeterde Buurtwagte, Plaaswagte en GPF effektiwiteit in SA? Hoe langer ons talm tot hoogste moontlike vlakke van samewerking hoe groter die skade, ook aan die ekonomie en welstand van ons mense.

Kola ·

Mense sanik oor die doodstraf wat nie terug sal kom nie,word wakker die goed word alles fyn beplan.Zuma weet van alles maar doen niks,hy pak eerder die skuld op apartheid en blankes en saai so(onskuldig) haat teen die blanke.Hulle wil die land in chaos he .Alles fyn beplanning.Ons sal moet wakker word en ons self moet help(ek weet ook nie hoe nie)soos ons voorvaders!!!!

Jaycee ·

Ek is dankbaar MM hang nuus oor plaasmoorde nog aan die groot klok. Ander hoofstroommedia sensureer hulleself deur beriggewing hieroor weg te laat want dit bewys hulle gedienstigheid teenoor die ANC.

chrisp ·

Waar.
Volksmoord = een volk wat uitgaan om ‘n ander te vermoor en dit dan propageer ook.
Nazi en Jode. Die Nazi’s het ook Duitsers doodgemaak maar was skuldig aan Volksmoord,net soos dit die geval in RSA is.
Jou aanhoudende stelling van swartmense wat ook onder misdaad ly dra geen water nie todat jy nie die verhouding en gevalle kan noem waar blankes swartmense so dierlik mishandel en doodmaak vir geen rede behalwe haat nie.
Hier is die agt stappe van volksmoord.Watter van die punte is volgens jou nie van toepassing op die blanke in die algemeen en die Afrikaner in besonder nie? Se ons dalk verstaan ons dan jou stelling dat die opmerking van lesers dat volksmoord besig is om plaas te vind gevaarlik is.
1. Klassifikasie
2. Simbolisering
3. Verontmensliking
4. Organisering
5. Polarisasie
6. Voorbereiding
7. Uitwissing
8. Ontkenning

Jou stelling dat dit nie volksmoord is nie is juis gevaarlik omrede dit die waarheid verkrag en mense in ‘n leun vasvang.

Pietser ·

LOL. Ek dink die ou apartheidsregering sou nogal meeste van daardie boksies “getick” het. Jou swart landsgenoot sal vir jou se dat hy as swartman 8.9 keer groter kans het om vermoor te word as jy die witman…en hy sal reg wees volgens nagevorste statistieke. Ek het ‘n paar van daai nagevorste statistieke in ‘n kommentaar gepos, sal maar sien of maroela gaan publiseer.

SARIE VAN HEERDEN ·

Kort-kort duik die woord apartheid op in kommentare. Daardie woord moes NOOIT bestaan het nie omdat dit gekoppel word aan alles onmenslik. Punt is dat ons land ‘n krisis beleef rondom nie net misdaad nie, maar ook geweldadige moorde van een groep op ‘n ander en die probleem opgelos sal moet word. Hoe? Verwyder die probleem en laat ons weg van mekaar geleef en woon. Duidelik is dit dat veral ons ouer mense blootgestel word aan omstandighede waarvoor hul nie opgewasse is nie. Ons is totaal verskillend van mekaar en sal almal gelukkiger en veiliger wees, weg van mekaar. Kyk na die natuur: die duif en die mossie meng nie en vanaand gaan elkeen terug na sy eie nessie.

Darius Els ·

Die kommentarecop die blad,het almal op een plek goeie stellings,en dan is raar maar weer eensydige kommentaar.Ek is nie pessimisties/optimisties nie ,maar is n realis. Ek moes op 60jr pensioen kry,verplig volgens wet.Wat soek n boer na 65jr nog op n plaas ?DA is oorspronklik n Joods/Engelse party,wat nou transformeer na oorwegend swart.DA leier is n voorbok om volkslied te verander na een deel(eerste deel).Vir my is die DA maar net n “ander “party,ook vir die ander volke.VF+ is maar soos outyd se NP,soek net salaris.Ons moet eerder ELKE VOORVAL eerder vra, en in wat het Pink Frikkie ons in gedompel.En ja MM is ook eensydig.Sommige mense mag opstelle skryf terwyl ek nie meer ax 200 woorde kan tik nie.Afriforum val my ook LASTIG met lidmaatskap.Hoekom moet ek lid word as jy na die ouderdom kyk in plaasmoorde?Hoekom kan lojale afrikaners nie met eie geld Trump gaan sien,hoekom moet ek bydrae?Laat hul ,met lojaleit,self betaal.

Herman ·

Sarie, ek verstaan nie. Jy het dit teen die woord apartheid maar die res van jou betoog (waarmee ek geheel en al saamstem) is ‘n vurige pleidooi juis daarvoor. Ons moet ons kop oplig en dit duidelik uitspel eerder as om apologeties vir ‘n plekkie in die son te pleit. So, moenie skaam wees vir apartheid nie. Dit het in die jare 1948-1966 vrede, voorspoed en vooruitgang vir Suid-Afrika gebring. John Vorster en sy nakomelinge het dit stuk vir stuk afgetakel en die tragiese gevolg daarvan is ons gebroke land vandag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.