Bejaarde boer op KZN-kleinhoewe doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Bejaarde boer van KwaZulu-Natal is Saterdag helder oordag op ʼn kleinhoewe buite Greytown doodgeskiet.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê Joseph Fabian (76) is omstreeks 15:30 deur drie aanvallers in sy huis oorval.

Die aanvallers het glo deur ʼn deur wat nie gesluit was nie toegang tot die huis verkry. Fabian is een keer geskiet en is op die toneel dood. Zwane kon nie gerugte dat Fabian voor die televisie geslaap het toe hy geskiet is, bevestig nie. “Die besonderhede rondom die moord is nie in hierdie stadium duidelik nie en sal deel vorm van die polisie se ondersoek,” het hy gesê.

Die verdagtes het met ʼn rekenaarskerm en ander items op die vlug geslaan. Fabian se vrou was glo ook in die huis ten tyde van die voorval, maar is ongedeerd.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie, het Zwane gesê. ʼn Saak van moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Retief ·

My hart gaan uit na al die naasbestaandes en vriende. Di lyk my dit raak deesae ‘n noodsaaklikheid dat boere waghonde aanhou wat los op die werf rondloop, of dit nou nou op plase of kleinhoewes is. As die betrokke boer dan bietjie st en dut het voor die vervelige TV, sou blaffende honde hom hopelik gewaarsku het. Gelukkig was sy vrou nie ook aangeval nie.

Gert ·

Mense maak julle oe oop hulle is besig om almal op plase uit te moor . Iets moet gedoen word.

Winston ·

In hierdie tyd moet ons meer paraat wees as ooit. Hou kontak met mekaar op alle maniere tot jou beskikking

Berhalet Beukes ·

Dit raak ‘n mens nog dieper veral so na aan Kersfees… Watter genot put die boosaards nie daaruit om ons net blatant te vermoor nie! Ruggraatlose gemors!

Hennie ·

Ek stem saam Gert, iets moet drasies gedoen word. Erens sal ‘n beweging op die been gebring moet word, ons was lank genoeg toeskouers om te sien hoe mense koelbloedig vermoor word, mense wie nog altyd tot die ekonomie van hierdie land bygedra het. Die aanvallers is rondloper mense wie nie eens werk of aspirasies het nie.

Lorna ·

N hond regtig Dan vergiftig hul die hond ok nog O nee regtig iets moet nou drasties gebeur waar is die sektor mense begin daai radios uitdeel en maak kontak al om die halfuur Dalk nie die oplossing nie maar dit is n begin As al die boere uitgemoor is dan gaan hul ons buurte begin tackle regtig as jy dalk kontak het met iemand het wat iets kan voorstel en in aksie stel ASB ek het nie daai mag nie maar iets moet gedoen word en belangrikste BID Amen

Mariaan ·

Maak nie saak hoe hard ons daarteen veg nie..maar ons boere sal MOET meer paraat wees…veilig voel op jou mooi plaas waarvoor jy en jou familie hard gewerk het is verby! Beskerm jou en jou gesin ten alle tye…NIEMAND anders gaan dt doen nie…sluit deure…dra n vuurwapen…ten ALLE tye….OF trek dorp toe vir n kans op lewe….dis ongelykkig al…ons boere se dae is getel…dis so jammer

Pierre ·

Nog n sinnelose moord. Tyd dat ons Kommando en Burgermag stelsel weer geaktiveer word soos van ouds, dan sal ons weer orde kan terugbring.

magdas ·

Soo!!! Jammer vir die gesin. Ek onthou in die vorige Zimbabwe destyds was dit ook in koerante hoe die vrouens en mans die landerye bewerk het met hulle gewere en rewolwers aan die sy. dit het niks gehelp nie . Die ungodly het gewen. Mag dit nie hier ook gebeur nie. Sterkte aan alle boere wat nog vas staan en te beskerm wat San hulle behoort. God will be with you

SNEL ·

Om sulke goed te lees skeur my hart in stukke, dit kon my pa gewees het, en dan is ek op slag hartseer vir sy kinders en familie. Waardeur hulle nie nou moet gaan om te dink hul pappie word 76 jaar, amper n pragtige 80 waar n mens n groot partytjie vir hom wil reël met almal daar, kleinkinders, vriende, familie, maar nou word dit hom en hulle nie gegun nie. Hy word nie gelos om die laaste jare van sy lewe in vrede te leef en op sy eie te sterf nie, maar hy word van hulle af weggeruk. Dis nie maklik om n ouer te verloor nie, mens mis hulle vreeslik baie, maar om hulle nog aan die hand van so….. te verloor is soos n dolk in jou eie hart glo ek. Baie sterkte aan sy kinders en familie.

magdas ·

sterkte aan die familie. Boere ..Ons in die stede het julle nodig. MAG GOD JULLE BEWAAR.

Manie ·

Baie vreemd dat soveel mense nou sê iets moet gedoen word. Mense wat iets wou doen soos dr. Lets Pretoruis sit in die tronk. Daar moet minder deur die afrikaner gepraat word om die braaivleis vuur en moue oprol en self iets doen. Waar was daardie mense met laaste optog by uniegebou oor plaasmoorde…besig om vleis te braai en bespiegel wie gaan iets doen om die land te red???

SNEL ·

Manie, die ander skryf eintlik niks verskillend van jou nie, of hulle dit voor die braaivleisvuur sê (omdat hulle te ver is om n vergadering by die uniehebou by te woon) of hulle dit voor die uniegebou uitskreeu, punt is ons almal besef iets moet gedoen word, maar almal wag vir iemand om op te staan. Nie een dink hy is goed genoeg nie. Hier kort ons n leier wat die woord by die daad voeg, n man van staal, wat geen druppel vrees in hom het nie….ons is al so gewoond om net te praat en geweld is nie in ons bloed nie, dat ek nie weet hoe ons uit die gemors uit gaan kom nie. Gebed ja, maar nie gebed en hande gevou nie, ons sal moet opstaan uit ons gemakstoele en iets begin doen. Wie sal ons lei?

Henry ·

Mense so n op standing sal nie plaas vind nie omrede ons as die Boere lafhartig is en nie saam kan staan nie. Almal kyk na Steve en niks teen Steve nie maar is hy werklik die ridder op die with perd of spreek hy sleg polities. As iemand sou opstaan en die bul by die horings pak sou dit mos Al lankal gebeur het mense. Ons sit net teen aanskoue en skud ons koppe oor die plaasmoorde. Almal se iets drasties moet gebeur. Die Engels man se “be the change u want to see”. Mense werklik. Wie gaan die Boere volk lei in hierdie tyd van NOOD. Wie gaan pa staan en se bring terug die kommando. Mense moet asb nie soos die AWB van ouds raak en in n kar spring met n botteltjie brandewyn en dink jy gaan n verskil maak nie jy gaan jou naam gat maak ja. Ons kort n leier en ons kort hom soos in gister. Dankie vir die vooreg om te comment Marcel a.

Peet J ·

Al staan wie ookal nou op as indiwidu om die Boere te lei gaan dit geen verskil maak nie omrede alle pogings binne die perke van die wet gedoen moet word en daarvoor moet vooraf toestemming van die regering verkry word. Een persoon sonder die nodige ondersteuning van die Boere/Afrikaners staan nie ‘n kans nie want daar is baie bydraende faktore bv. finansies, toerusting personeel ens. Wat het nou geword van die VFPlus, Solidariteit en AfriForum se onderhandelings met die VN ? blykbaar niks.
Die enigste hoop vir die Afrikaner /Boer is om die party wat bereid om vir ons oorlewing bestaansreg te veg, op alle gebiede te ondersteun. Ons moet vergeet van “bring die doodstraf terug” en “genoeg is genoeg” en soos SNEL sê opstaan uit ons gemakstoele en iets begin doen.

Hester ·

Almal sê iets moet gedoen word maar ons het n leier nodig en n plan om ons boere te help beskerm. Het iemand n plan? Boere, dankie vir julle wat nog kans sien om te boer. My hart gaan uit na elkeen en ek kan net sê, maak voorsiening vir jul eie beskerming en sluit als toe. Moenie kanse vat om buite toe te gaan nie. Bid baie vir ons boere.

Peet J ·

Hester Front Nasionaal party het ‘n uitstekende plan sluit by hulle aan en ondersteun hulle. Vertel ook jou vriende ek het my hele familie ingeskryf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.