Bejaarde boer op KZN-plaas vermoor

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn 77-jarige boer is op sy plaas naby Paulpietersburg in KwaZulu-Natal vermoor.

Maj. Shooz Magudulela, woordvoerder van die polisie, het bevestig Frieder Johannes Filter (77) is Vrydagaand vermoor. “Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Eugene van Aswegen, voorsitter van AfriForum se Paulpietersburg-tak, het aan Maroela Media gesê Filter, sy vrou en twee van hul kinders is omstreeks 19:00 op hul plaas in die Luneburg-omgewing oorval.

“Dit is nog nie heeltemal duidelik presies wat gebeur het nie, maar die verdagtes het glo in ʼn stadium vir Filter vasgehou en agteruit met hom uit die huis geloop. Toe hulle by die deur uit is, het ʼn skoot afgegaan en hy is in die kop getref.”

Volgens Van Aswegen is Filter op die toneel dood. “Daar was glo twee verdagtes in die huis, maar ons verneem daar kan tot ses aanvallers gewees het. Dit wil voorkom of die aanvallers geskrik het toe daar so baie mense in die huis was aangesien die Filter-egpaar se kinders van Duitsland daar gekuier het. Die kinders het glo sowat 20 minute voor die moord eers by die huis aangekom.”

Dit is nie duidelik of enigiets tydens die voorval gesteel is nie. Volgens Van Aswegen is daar na afloop van die moord na die verdagtes gesoek maar sonder sukses. “Die polisie volg tans leidrade op.”

Maj. Magududela het gesê daar was vermoedelik ses verdagtes en dat nog ʼn persoon buite die plaas geskiet en ernstig beseer is. Dit is egter nie duidelik of die persoon ʼn familielid is of iemand wat net verby die plaas beweeg het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Hartseer ·

Ai, dis verskriklik… Só hartseer… Net ons Hemelse Vader kan hierdie familie vertroos…

Frederik ·

Darem sal Duitsland hopelik nou ‘n beter idee kry van hoe dit werklik in Suid Afrika gaan.
Sterkte aan die familie!!

gatiep ·

Jy het n hoop hulle goverment voel nie eens iets vir hulle eie mense nie.

Uhmmm ·

En nogsteeds wil ons mense nie leer nie. Dit gaan nie ophou nie, so wat soek ons nog daar…Jy moet weet dit gaan kom solank jy op jou grond bly. Kom ons kyk hoeveel boere gaan nog dood voor die oe oop gaan.

Ann ·

ek verstaan nie mooi jou kommentaar nie? Verduidelik dit bietjie meer vir my. Wat moet ons boere doen “as ons oe oopgaan” soos jy se? Moet ons van ons plase af wegtrek? Waarheen moet ons dan gaan? Wat gaan almal dan he om te eet? Hoe gaan almal dan oorleef?

Wilma de Wet. ·

Uhmmm sal graag wil weet hoe reken jy het ons ‘n voortbestaan in die land, As daar nie boere is nie het ons nie ‘n ekonomie nie, wie se oë moet oopgaan?

wilma ·

Ek wil graag weet wanner gaan die anc di moorde dan stop stop sit. So kan dit mos nie meer aan gaan

Viola ·

As jy n huis gekoop het gaan jy nou trek want mense word vermoor. Dis die mense se eiendom en hul huis. So hulle moet volgens jou uhmmmm trek.@ uhmmm

Ander Koos ·

Moorde sal nie ophou want dit pas die anc. Hulle en hulle meelopers skep dan doelbewuas die klimaat hiervoor. Wat in SA plaasvind is georkestreerde volksmoord (genocide) onder dekmantel van misdaad. Elke boer gedood bring hulle verklaarde doelwit t o v grondbesit nader.

Paul ·

Nee, die adj. minister van Polisie sê mos sy slaap rustig, die misdaad pla haar nie. Met sulke mense in beheer hoe kan dit beter gaan. Sorg dat julle ten alle tye bewapen is. Die terroriste beskik oor die verrassings element so sorg dat jy voorbereid is.

Irene ·

Dit sal nooit stop nie hul het mos gesing kill the boer net jammer die ou mense kry so seer

Koos ·

Hulle is lafhartige agteraf gespuis, dit sal nie ophou voordat daar van hulle ontslae geraak word nie. Vir wat moet blankes van die plase AF. Is van mening dat daar baie wit seuns is sonder werk wat op plase sal gaan werk al is dit net om meer mense op die plase te hê. Die dwase is bang om meer as twee aan val.

Boggim ·

Die regering het dit as prioriteitsmisdaad verklaar net om afriforum te mislei. Hulle gaan niks daaraan doen nie want dis hulle manier om van boere ontslae te raak om die grond te kry. Boere moet wakker wees!

marianne ·

Blanke boere ongeag hulle Taal of Kultuur is so ‘n teiken! Boere leer van mekaar, deel kennis en idees. Die OU oom se moord is ‘n dolk in die gemeenskap se siel! Beroof iemand as jy dan moet, maar waarom hulle vermoor? Mag God sy Helende hand oor die familie hou.

Riekie ·

Ek nou ‘n ouma. Ek onthou voor 1995 het ons nou en dan diefstal op die plaas gehad. Soms vee, soms gewasse selfs gereedskap MAAR ons het NOOIT onveilig op ons plaas gevoel nie!!!
Ons werkers was eerder as vriende gesien – ons het mekaar ondig gehad. Ek glo glad nie dat dit net die geval op Oos Vrystaat plase die geval was nie.
Sedert die Nuwe Regeering se oorname het ‘n destydse diefstal van een of twee mense – ‘n heidense moord aanval van tot 12 mense geword.
Ons het uit vrees dorp toe getrek en gaan kyk net af en toe met vriende en ons werkers of alles in orde daar is!
Ja ons lewe in vrees en Nee ons kan nie waag om op die plaas te slaap nie.

Johan ·

Suid Afrika gaan net als Zimbabwe raak.
Arm en afhankelik van internationale hulp omdat nie meer n
Boere is om die landbou te doen.
Of…… Gaan ANC lede waaronder Zuma op die land werk?
Julle moet nou regtig een regering kry wat kan regeer, niet corrupt is en die verskrikkelyke moordenaars tronk toe stuur.
Waar gaan dit met die mooie Suid Afrika eindig?

Johan.
Nederland

Ander Koos ·

Tog heel duidelik wat word van mooie Suid Afrika, maar dit is mos wat die wereld wou gehad het.

Cherokee ·

Johan, het buitenland (Europa, De Amerikas, het Oosten, de hele wereld) hebben ons gedwongen om ons land weg te geven. Ze geeft nu ook niet om.

Andrea ·

Johan, enige steun vir die Afrikaner/Boere vanuit Nederland?

Sonette ·

Ons blankes leef nie meer nie, ons survive net elke dag…die goddeloses beweeg vrylik rond. Hierdie land word regeer deur die bose…net ons Vader bewaar ons. Gelukkig oorleef ons met hoop, dat as ons vermoor word, ons nie verlore sal wees soos die goddeloses nie!

M'Lady ·

Mense moet begin besef ons leef nie in n normale land met normale mense nie. Hierdie moorde is almal haat gedrewe teenoor die blankes. Niemand gaan dit ook stop nie. Hierdie boer het sy hele lewe lank kos voorsien en nou moet hy so aan sy einde kom. Verkoop die plase en trek na n veiliger omgewing dan sal hulle sien waar die kos vandaan kom.

Ander Koos ·

Stem saam. SA nie “normale” samelewing, maar wie sal plase koop? As daar nie kos in SA is nie sal daar by Amerika en Europa gebedel word

humor ·

Daar sal wragtig n verandering in die land moet kom. Ons kan nie so aangaan nie. Weet net nie hoe nie, maar daar sal n verandering moet kom. Moord en uitwissing ghaos is deel van n kommunistiese strategie vir oorname. Dit gaan nie om selfoontjies nie.

Piet Piper ·

Mag elke barbaaragtige plaas-moordenaar langdradig en pynlik sterf aan ‘n ongeneeslike siekte. Maar nou ja, my kom die wraak nie toe nie.

humor ·

Verkoop die plase. Makliker gese as gedaan en waar is die veiliger plek?

anoniem ·

ʼn Vraag aan die ANC en die DA. Is plaas-moorde nie ook rassisties gemotiveerd nie? Hoekom is dit as iets met ʼn blanke gebeur kan dit nie as ʼn ras aanval beskou word nie? Maar as ʼn blanke iets doen of sê is daar onmiddellike aksie en ras word onmiddellik as die motivering beskou? Die vraag is veral aan die DA wat veronderstel is om “gelykheid” en “regverdigheid” te bevorder. Dit wil regtig voorkom of die DA veral, nie belangstel aan die mense nie maar meer aan hoe hulle hul naam genoem kan kry in die persmedia.

Louw ·

Die anc se beleid was(is) mos attack the weak and flee from the strong tydens mandela en kie se struggle. Ek wens hulle struggle om asem te kry as di boere hierdie laharts kry

John ·

Om ‘n lening te bekom vir bejaardes wat elders wil gaan aftree is moeilik, maar vir oumense om te bly klou aan eiendom en grond is, gevaarlik. Dis nonsens om aan te voer dat kos aan die massas voorsien moet word, as ‘ n paar van die ondankbare massa die’ mense wat vir hulle honger mae moet sorg, met hulle lewe daarvoor boet. Boere is die wrede werklikheid van afdankings wat stedelinge al vir meer as 2 dekades beleef, gespaar. Laasgenoemde moes eenvoudig nuwe weivelde soek. Die Stem praat ook van lewe nie net van sterwe nie, al is ‘n mens bejaard.

Cherokee ·

Lenings vir bejaardes? Waarmee sal dit terugbetaal word tensy daar steeds ‘n vaste inkomste is. Die harde werklikheid is dat geraap en skraap moet word uit alles wat opgebou is oor die jare en dan R14½ vir ‘n $ betaal of R20+ vir ‘n £ indien die elders in die buiteland is. Selfs daardie moontlikheid word blankes ontneem omdat die rommel land se ekonomie in chaos is.

Xa ·

Die “leiers” gee NIKS om oor kos of hulle eie mense nie, en hulle eie mense wat vir hulle stem het nie die vermoe om te verstaan van waar kos vandaan kom en hoe dit gemaak word nie, onthou dit. Tot vandag dink die zim populus nie die rede vir hulle ellende is omdat die boere verdring is en ander redes nie. Hulle verstaan nie en sal nooit nie, nie eers wanneer hulle bakhand honger vra vir wit of asiatiese lande vir kos nie.

E ·

Die plaasmoorde is mos nou priotiteit?
Sal die polisie en Afriforum vir ons asb verslag lewer.

Nog n E ·

Goeie vraag! Kom ons kyk wat gebeur, anders is dit ook maar weer net n Rooikappie storie

Nog 'n E ·

Goeie vraag, kom ons kyk wat gebeur anders ook net rooikappie en wolf storie. Sal natuurlik beter wees as polisie pro-aktief i p v reaktief optree, maar seker te veel gevra

Adele ·

” an industry that feeds you, is an industry worth fighting for ” …. ek wens ek weet hoe om die mense te beskerm, hulle verdien dit nie : (

Andrea ·

Ek wens ek kon aan n idee dink wat sou werk! Mense oplei soos onder die ou kommandostelsel en hulle dan as sekuriteitspersoneel oral ontplooi? Mens voel so magteloos!

Ander Koos ·

Met groot respek Magda, hierdie het niks met “Heer” te doen nie. Dit is hoe dit is, ongeveer 100,000 witmense sedert ’94 vermoor. Se weer dit is “genocide”.

Cherokee ·

Magda, natuurlik was jou uitroep in wanhoop. Ons lewe egter in ‘n wêreld wat deur satan beheer word. Alles sal eers hierna perfek wees. Hierdie is nie ‘n poging om jou te antwoord op jou vraag nie. Wie is ek of enige aardling om op jou vraag te anwoord! Ons moet net vashou en glo en weet!
God het ons geseën met diskressie. Dit is veronderstel om gebruik te word. Om op te weeg waar ons is en wat nodig is om te oorleef. Satan val dit aan met sy beperkte boosheid. As ons bid en dit waarmee ons geseënd is aanwend om onsself te beskerm weet ons dat ons die talente nie begrawe het nie maar dit aangewend het. Mag die Koning van die konings jou seën!

Alki ·

Hulp van Nederland, waar was Nederland tydens die Anglo Boereoorlog???????????????????????

Henk ·

Ik probeer in Nederland ook aandacht voor de plaasmoorde te krijgen.
[heb het boek van schrijver Martin Bossenbroek over de 2 boere oorlogen ook gelezen]

Stre ·

Moet ons nie dalk Europa vra om ons kans te gee om terug te gaan nie? Ons is nie welkom of veilig in SA nie.

jovelash ·

Waar sal ek gaan en met watter skip, die aarde is brandend en oral is klip.

John ·

Europa? Hulle sal ons nie eers terugbring huistoe nie. Summier in die see ‘dump’. Ten beste sal ons tussen Midde-Oosterlinge beland. Oee! Probeer Rusland eerder. Die Boere word net so onwelkom geag soos die Jode destyds. Dis tog interessant, of eerder hartseer. Hitler & Kie het die Jode se talente jaloers bejeen. Wat ons hier bereik het met harde werk word ons ook beny en dan word planne gesmee om dit oor te neem. Soos destyds met die Jode, word ons ook van misdaad/rassisme beskuldig en ons verdere groei ingeperk. Die Jode moes geel sterre dra. Ons velkleur en taal is ons kentekens.

Koos ·

Maroela media gee asb statistieke van hoeveel boere al vermoor is in 2016.Ek lees omtrent elke dag van ‘n boer wat vermoor word en kzn blyk die meeste te wees

Thomas ·

Dit is skrikwekend hoe magteloos ons almal voel en net wil wegtrek, maar waarheen en om wat daar te doen om te oorleef as jy jou geld eers omgesit het in dollars of wat ook al, hoekom kan ons nie net in vrede en harmonie boer en leef nie en gun elke persoon n vrye lewe ongeag kleur of agtergrond, net die Hemelse vader kan ons help.

Annamari ·

Waar lê die wortel van al die kwaad en wie sit regtig agter alles? Kom dit werklik vanuit eie geledere ? Word ons teen mekaar afgespeel sodat die derde hond met die been ( afrika se ryk minerale ) kan wegloop?
Wonder maar net

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.