Bejaarde boer skiet dalk aanvaller dood

Foto ter illustrasie. (Argieffoto)

ʼn 81-jarige plaaseienaar het na bewering ʼn vermeende plaasaanvaller doodgeskiet toe ʼn skietgeveg tussen hom en twee verdagtes uitgebreek het.

Volgens brig. Thembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, was die bejaarde man Woensdag om 13:40 in sy plaashuis op Bedford in die Oos-Kaap toe hy ʼn venster hoor breek het.

“Terwyl die man ondersoek ingestel het, het iemand vanaf die voordeur op hom begin skiet. Hy het na sy kamer gehardloop om sy vuurwapen te gaan haal en het glo kort daarna op die verdagtes losgebrand.”

ʼn Skietgeveg het ontstaan en een van die verdagtes, vermoedelik tussen 25 en 30 jaar oud, is doodgeskiet. Die ander verdagte het van die toneel gevlug.

“ʼn Soektog is van stapel gestuur om die verdagte op te spoor, maar met geen sukses nie,” het Kinana gesê.

Die polisie het beslag gelê op die eienaar se jaggeweer wat tydens die voorval gebruik is.

ʼn Saak van huisroof, poging tot moord en moord word deur die polisie ondersoek, terwyl die soektog na die tweede verdagte voortgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Persheks Adri ·

Sy lewe was in gevaar en hy’t binne die wet opgetree. Hoop nie hy wag jare vir sy wapen nie hy’s immers op ‘n plaas…

groenboer ·

Ja, nou word hy heeltemal weerloos gelaat, vir wie weet hoe lank.

Johan ·

Ek verstaan die saak van “huisroof” en “poging tot moord” maar daar is geen saak van “moord” hier nie.

Willem ·

Wanneer ‘n mens iemand uit selfverdediging dood word ‘n moorddossier outomaties geopen en die saak gaan hof toe. Die beskuldigde moet kan bewys dat hy / sy uit noodweer opgetree het en geen ander keuse gehad het as om die aanvaller te dood nie. Indien die beskuldigde dit kan bewys staan dit bekend as “Straffelose Doodslag”.

groenboer ·

As iemand geskiet word moet die polisie ‘n moordsaak aanhangig maak en ondersoek, maar in hierdie geval sal daardie deel van die ondersoek hopelik gou afgesluit word.

Jaco ·

Waarom meld mense sulke goed aan? Ek sal net stilbly en van alle bewyse ontslae raak. Die regsproses is net te erg want die een wat uit selfverdediging geskiet het, is altyd skuldig aan moord, rassisme, apartheid ens ens.

Eugene ·

Want een het weg gekom, Nou gaan hy polisie toe en gaan maak n saak oop teen die oom, want hulle het eintlik net kom werk soek, toe skiet hy op hulle, en skiet een dood.
oom sit vir die res van sy lewe in die selle. so wets gehoorsame oomie het die regte ding gedoen, as hy altwee dood geskiet het, dan maak jy die toneel skoon, en niemand weet van dit nie,
hoekom hulle sy wapen gevat het weet net hulle aleen, Dit was nie nodig nie, want hy was die enigste persoon wat geskiet het van sy kant af, en hy het dit openlik erken, geen balistiese toetse nodig nie, polisie net aan die slaap en probeer hul mag wys.

Keelvol ·

Eugene, die wapen moet gevat word vir ballistiese toetse. Dis om te bewys dat die koeëls met die vuurwapen afgevuur het. Dit is standaard prosedure. Maak eers seker van jou feite voordat jy die polisie so sleg sê.

Eugene ·

dit is glad nie standaard prosedure nie… leer eder jou FCA ken en dan sal jy weet wat aan gaan. hulle kan as hulle vermoed die wapen was al betrokke by ander sake dit vat en stuur vir balistiese toetse. indien dit vermoed word, maar dit is glad nie n vereiste nie, so maak seker van jou feite,

Eugene ·

gaan lees bietjie die FCA 60 van 2000, Chap14 Sec 114, dan sal jy sien, hulle mag, maar hulle hoef nie, dit is nerens standaard prosedure nie, tensy hulle vermoed dat die oom ander klagtes aanhangend teen hom het wat hom in die tronk kan laat beland of die vuurwapen was in ander gevalle gebruik dan vat hulle dit. maar 9/10 keer word dit nie gedoen nie, in die geval is dit maar net, kom ons los die oom sonder enige verdediging, maar glo my dit is nie n moet nie, dit hang ales af van jou ondersoek beampte of hy sy werk doen en of hy net sy mag wil wys,

Anoniem ·

Sterkte Oom, jy het kop gehou en jouself beskerm. Jy is in my oë ‘n held. Niemand het die reg om jou grond gebied onwederregtelik te betree nie.

Werner ·

Nou hoekom se hulle die oom het dalk die aanvaller doodgeskiet wie anders sou dit wees.En hoekom n moordsaak oopmaak hy het binne sy reg opgetree.

Cobus ·

Nou word die arme oom se jag geweer gevat wat hom weerloos laat teen verdere aanslae teen hom en hy word aangekla van moord omdat hy nie toegelaat het dat die abses sous krimineel hóm vermoor nie.
Siek regstelsel!

Dup ·

Die misdaad het in ñ afgeleë en bergagtige gebied plaasgevind.Die aanvallers was te voet.Polisie en polisiehelikopter was binne n uur op die toneel.Welgedaan.

jou gewete ·

en hulle kry nie die ander een. kan nie of wil nie wonder ek. ek glo hulle laat hom wegkom

Margaret ·

Dit maak my so kwaad as die SAP n moordsaak oopmaak want dit is verkeerd. Hulle moet n geregtelikedoodsondersoek saak oopmaak. Die arme oom was seker daarna gearesteer en sit in die selle. n Skande.

Harley Davidson ·

Dit is formaliteit iemand is dood en n ondersoek moet gehou word,hulle kan nie n ander beskrywing gee nie ,maar na die saak ondersoek is sal hulle die saak laat vaar want daar is geen motief behalwe selfbeskerming nie.

Margaret ·

Nee, dit is nie n formaliteit nie. Waar dit ooglopend self verdediging is moet hulle n geregtelikedoodsindersoek in stel, want iemand is dood. Maar jy word nie gearresteer nie, gaan ook nie selle toe nie tensy ondersoek iets anders bewys. Met n moordsaak teen jou word jy gearresteer en as dit op n Vrydag was, sou jy ook nie in aanmerking vir borgtog wees tot Maandag nie. Dit is SAP onkunde van die wet.

marius ·

Word daar beslag gele op die polisie se wapens as hulle hulself verdedig ?

Margaret ·

Hierdie opskrif is ook snaaks bewoord “skiet DALK aanvaller dood”.

Johan ·

Miskien moet die polise bepaal of hy reeds dood was voordat hy die boer aangeval het… Dooies kry mos ook maatskaplike toelaes in SA.

Kobus ·

Hoe moet hy hom nou verder verdedig indien daai rampokker weer opdaag? Hier kom weer ‘n 10 jaar saak.

Lourens CFG ·

Ek hoop van harte dat hy nog vuurwapens het indien die ander een terugkom.

Frank John ·

So, nou word die onskuldige, ‘n ou man,
ontwapen, en van moord verdink, omdat hy homself en sy besittings wou verdedig. Hy word as die skelm behandel .
Dit lyk my die eintlike skelms werk vir die polisie want hulle word nou as die onskuldiges en mishandeldes gesien. Wonder hoe gaan die polisie hulself verduidelik.

Marius ·

Nou neem hulle sy middelle om homself te verdedig weg…. Mooi gedoen oom.

Andre ·

Die oom het sy lewe beskerm, en 100% binne die wet opgetree. Nou is hy weerloos, want hulle het sy vuurwapen afgevat…

Kathleen ·

“Jammer die oom het nie die ander 1 ook geklits nie ” , sê ek ook , ek dink hy is seker nog lekker fiks en gesond , die feit dat hy kon beweeg kamer toe en die wapen kon kry het hom verseker goed gehelp ! welgedaan oom , ons is trots op jou ! laat dit vir hulle ‘n les wees om ‘n ou oom te onderskat !

Andre ·

Is dit hulle manier om mense wat hulself binne die wet verdedig te ontwapen? Ander een sê mos selfverdediging is nie ‘n vereiste nie.

pieterweskaap ·

En dan wil die regering die vuurwapenwet wysig sodat WETTIGE vuurwapeneienaars nie hul wapens vir selfverdediging mag besit en gebruik nie!

Persheks Adri ·

Ain’t gonna happen! Hulle gaan dan met groter probleme sit. Misdadigers het onwettige wapens en ons is eerlike burgers so wat gaan ons word? Dink jy ken die antwoord…

Roggeveld ·

Ek neem aan die SAPD het ‘n polisieman wat 24/7 vir die volgende jaar of wat buite die plaas sal wagstaan totdat die boer se wapen teruggegee is.

john ·

Hoe de H…. kan hulle beslag le op sy vuurwapen??? Nou is die ou man weerloos wat n idiote is die polisie in hierdie land. Dit was duidlik selfverdediging ..hy behoort n medal te kry.

JohnnyS ·

Ek hoop die SAP sit nou 24/7 ‘n gewapende wag daar terwyl hulle hom effektief ontwapen het.

Jack ·

Hy is nou ontwapen omdat hy volgens sy regte gehandel het. Die aanvaller kan nou terugkom met versterkings en wie gaan dan help. Hier is iets vrot aan die gang met die polisie

Boerin ·

Nou is die oom ontwapen en sal baie maande moet wag voor die geweer van ballisties af terugkom. Ek wag al maande op my 9mm.
So bly Oom was paraat en Oom het oorleef.
Sterkte met die pad vorentoe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.