JJ (Poem) Lamprecht (89) is Saterdagaand dood toe hy en sy vrou op hul plaas, ongeveer 30 km buite Ellisras in Limpopo, aangeval is.
Lamprecht, wat bekend gestaan het as Oom Poem, en sy vrou was by die huis toe drie persone omstreeks 21:30 aan die deur geklop het. “Hy het die deur oopgemaak en die aanvallers het ingekom en hom en sy vrou vasgebind,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê. “Die aanvallers het geld geëis en met ʼn onbekende bedrag kontant en ʼn vuurwapen gevlug.”
Otto sê die egpaar is albei aangerand, dit is nog nie duidelik watter wapen gebruik is nie. Poem is op die toneel oorlede.
“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie,” het Otto bygevoeg.
Toe die familie nie vanoggend die egpaar in die hande kon kry nie, het hulle onraad vermoed en ander familielede in kennis gestel. Lede van die gemeenskap het hulle vanoggend omstreeks 11:00 in die huis gevind.
Die plaas is tussen Ellisras en Thabazimbi geleë.
Otto het gesê die ondersoek duur voort. Meer inligting sal volg sodra dit beskikbaar gemaak word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
41 Kommentare
ai!! moet ek nou op hierdie rustige Sondag hartkloppings kry. Daar is mos n universiteit wat fondse stig vir krimmenele. Wag wag, netnou moet ek ongevalle toe vir n hartaandoening
ONS MOET BID EN BID VIR REDDING.
Hoekom oumense?
Hulle beurt sal kom. Hetsy hier of in die hiernamaals.
Dit sal mos rassisties wees
Die meeste aanvallers, veral plaasaanvallers, is ‘n spul lafaards – hiënas. Daar is die afgelope klompie dae ‘n hele paar aanvalle gewees, wrede aanvalle waarin mense gedood en ernstig beseer is. Die jongste van die slagoffers was ‘n 65-jarige dame. Daar word oor die algemeen baie min eiendom gesteel. Die meeste oumense het hulle nie teëgesit nie, maar is nogtans sleg verrinneweer. Nou wil die regering ons wysmaak dat die motief maar net roof was. Maar die wiel sal nog draai.