Bejaarde boer vermoor in KZN-plaasaanval

Argieffoto

ʼn Boer, wat vermoedelik in sy 60’s is, is Saterdagoggend met ʼn panga doodgekap tydens ʼn vermeende plaasaanval in die KwaZulu-Natalse Middelland.

Riaan Claassen, eienaar van Balid Security, sê die boer se verloofde het by sy maatskappy se sekerheidswagte om hulp gevra waar hulle voor Michealhouse, ʼn private skool in die Middelland, gepatrolleer het. Die vrou, wat ook vermoedelik in haar 60’s is, het daarin geslaag om ongeskonde te ontsnap.

“Ons personeel is na die plaashuis toe waar hulle op die man se liggaam afgekom het. Hy is oral oor sy lyf met die panga gekap,” sê Claassen. Die vrou het die verdagte as ʼn “kort swart man” beskryf en het aan die sekerheidswagte gesê dat die man vir kontant gevra het. “Volgens wat ons kon aflei, is niks gesteel nie, maar die tannie was erg geskok en het nie baie gepraat nie,” sê Claassen.

Claassen sê dit is die eerste keer in 23 jaar wat hy hoor van ʼn plaasaanval in dié omgewing. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Sover Maroela Media kon vasstel, is niemand nog in verband met die saak in hegtenis geneem nie.

Die DA in die provinsie het die voorval veroordeel en gesê hulle vra al lank vir beter polisiëring in die gebied.

Dit is die tweede plaasaanval die afgelope naweek waarvan Maroela Media bewus is. In nóg ʼn aanval Saterdagoggend is ʼn bejaarde boer en sy vrou op hul plaas buite Reivilo in Noordwes aangeval, het Maroela Media berig. Die egpaar is albei na die hospitaal geneem en die rowers is later dieselfde dag vasgetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

32 Kommentare

jongste oudste gewildste
Deon

Almal “veroordeel” dit!!! DA, julle as politieke partye het meer mag as ons.. GEBRUIK JUL MAG!!! Waarvoor stem die mense vir julle?

Porseleintjie

Help veel die aanval word veroordeel. Doen iets omtrent die plaasmoorde DA.

Riekie

Waar is die mense nou met plakkate en hare afskeer ens? Of maak hierdie nie saak nie? Tel dit nie????

Nie Verbaas

En vir Floyd word die hele wereld omgekeer. Onskuldige boere vs kriminele.

Werner

Hierdie is n oorlog en ons moet ons daarvolgens voorberei