Bejaarde boervrou nag alleen by man se lyk

Foto: Johni Edwards

Argieffoto: Johni Edwards

ʼn Boer is Donderdagaand op sy plaas buite Odendaalsrus in die Vrystaat vermoor.

Konst. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê Jan Christiaan Barnard (73) en sy vrou, Carmelia Elizabeth Barnard (72), was Donderdag omstreeks 20:30 in hul huis op die plaas Palmietkuil toe daar probleme met die kragopwekker ontstaan het.

Volgens Thakeng is Barnard na die buitenste stoorkamer waar die kragopwekker staan om te kyk wat fout is. “Hy is oorrompel en in die bors geskiet. Sy vrou het die skote gehoor en gaan ondersoek instel waarna vier gewapende mans met balaklawas aan haar oorrompel en in die heup geskiet het.”

Die moordenaars het op die sleutels van die kluis aangedring en met twee handwapens, selfone en ʼn onbekende bedrag kontant gevlug. Volgens Thakeng kon mev. Barnard daarin slaag om na die stoorkamer te kruip waar sy gesien het haar man is dood. “Sy het die hele aand om hulp geskree, maar niemand het tot haar redding gekom nie.”

Volgens Thakeng het ʼn plaaswerker Vrydagoggend vir werk aangemeld en gesien die hond is dood. “Terwyl hy ondersoek ingestel het, het hy ʼn vrou om hulp hoor roep.” Die plaaswerker het nie ʼn selfoon gehad nie en het na ʼn buurplaas gehardloop om hulp te ontbied.

Thakeng het gesê die Valke in Welkom ondersoek ʼn saak van moord, poging tot moord en roof en dat hulle op soek is na vier swart mans. Enigiemand met inligting kan sers. Johannes Vinger bel by 079 495 1153.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Victor ·

Iets wat ek net nie kan kleinkry nie… Hoe leef daai moordenaars/diewe met hulself en hulle gewete saam??? Of het hulle nie so iets nie..?

Om iemand te gan vermoor/beroof en dit net vir n selfoon en geld..?!?! Dit maak my sommer naar om daaraan te dink… N mens se lewe is sekerlik meer werd as dit….??

Sterkte aan julle/julle familie!!

Victor ·

Iets wat ek net nie kan kleinkry nie… Hoe leef daai moordenaars/diewe met hulself en hulle gewete saam??? Of het hulle nie so iets nie..?

Om iemand te gan vermoor/beroof en dit net vir n selfoon en geld..?!?! Dit maak my sommer naar om daaraan te dink… N mens se lewe is sekerlik meer werd as dit….??

Sterkte aan julle/julle familie!!!

PierreB ·

Gewete, waarvan praat jy? ‘n Hienas het nie gewetes nie.

Sanet ·

Dit maak my so hartseer en kwaad te gelyker tyd. Dat die tannie in haar goue jare nou haar lewensmaat moes verloor aan die hand van gewetenlose misdadigers wat te afgestomp is om die waarde van n lewe te verstaan. Maar vir die regering is dit nog minder belangrik want dis net nog n boer. So hulle is maar net so gewetenloos.

anita ·

Hul is gevoelloos! Nou vra ek die ANC, hoeveel boere boer nog op plase! Hoeveel moet nog uitgewis word, voor hulle besef daars nie meer boere oor! Wil hulle die boere bang maak dat die boere se okay hier is nog n plaas! As al die ANC lede n plaas het, gaan hul se kom ons boer ,, dat ons wit boere wys,,, maar as n ANC lid se varke ander diere eet vir oorlewing,, dan gaan hulle 3 rye mielies plant! Een vir elke week,, want waar gaan hy nog werkers kry om hom te help..so hy sit hom by die stoep, en se vrou is daar nog mielies vir aandete! Dit maak mens net moedeloos! Want die ou boere het geweet van boer! En al wat hul wil heeis vrede op hul stuk grond..sterkte tannie!!

Thuunda ·

wat ons lyk my nie verstaan is dat die ANC WIL he daar moet kos tekort wees, hulle WIL he daar moet krag tekort wees, hulle WIL he daar moet water tekort wees.

Hoekom?

Sodat die arm mense so desperaat sal word dat hulle sal moor.

Dis alles deel van die ANC se plan.

Eddie le Roux ·

Wanneer gaan die moord op oumense ophou ?
Geen boer geen pap nie !

RIANA ·

Ek kan nie meer sien hoe ons wonderlike president sy oe toemaak vir wat aangaan nie.Elke keer wat ek maroela nuus oopmaak en sien nog ‘n boer op ons plase verloor sy lewe word ek so naar en daar is net haat in my.. Wat gaan gebeur as daar nie meer boere is oms ons te voorsien van ons varsprodukte / vleis nie ..gaan hy wakkerskrik as dit te laat is ???

Jakoba ·

Nou hoekom noem jy hom Wonderlik Riana. Moordenaars is beslis nie wonderlike nie. Dankie vader ek woon nie in Suid Afrika nie. Wat my dronkslaan is die troetel naampies wat julle Suid Afrikaners vir die Zuma vark het

Vliegie ·

Ek nou gou die betrokke stuk gesoek maar kan nie my hande daarop lê nie, maar kort om beweer die lid van die anc wat dit geskryf het dat deur wittes te vermoor, veral die plaas boere is jy patrioties teenoor die anc en regering….. so ja met daardie mentaliteit en aanhitsing gaan die sinnelose wrede moorde nie stop nie….

Rudi ·

Baie van die moordenaars word aangekeer omdat hul spog met hul moorde. Eugene se moordenaars was voorbeelde daarvan. Onthou jul nog die ope brief van Gayton Mckenzie wat gese het dat hy saam Malema skelms was en dat hy nou op die regte pad is. In sy brief se hy “My salary was R24 000 a month in prison”. Die ANC sorg vir hul comrades.

Paul ·

Vliegie, ek sal baie bly wees as jy die betrokke dokument vir my sal aanstuur as jy dit opgespoor het. Sulke uitsprake is haatspraak en kan beslis nie daar gelaat word nie. Dit het tyd geraak dat boere meer paraat word en op sodanige slenters bedag word. Na alle waarskynlikheid is daar met die kragopwekker gepeuter. Sterkte aan die familie.

SNEL ·

Dis vreeslik, daai arme vrou, om haar man so te sien en nog n hele aand langs hom te moet lê. My hart gaan uit na haar toe. Baie sterkte. Weet nie of dinge in ons pragtige land ooit weer sal beter raak nie.

pop ·

Die groot rede vir die moorde is wapens. Al meer wapens kom in die hande van die gemors en ons word weerloos gelaat. Daai wapens word gebruik om nog in die hande te kry.

Marietjie van Velddrif ·

Wapens is onskuldig….dis die mense wat dit misbruik. As daar nie wapens is nie sal enige iets gebruik word om te martelen moor.

Aster ·

Dis so skokkend. Die regering sal niks doen oor plaas moorde nie. Mense, as SA nou so lyk, kan jy jouself indink hoe dit oor 10 of 20 jaar gaan lyk?

Eish! ·

Moor vir niks! Hoekom steel julle nie net en bokkerof nie? Die hel gaan oorbevolk wees en die Hemel gaan maar min inwoners he.

Hannie ·

Wanneer gaan dit ophou? EN wie is volgende? EN van wie lees ons Maandag op Maroela Media???
Ek wil net graag vir al die boere se dat ons stadsmense se harte is stukkend, saam met hulle sin. Ons kry ook hoendervleis en trane in die oe, elke keer as ons van hierdie moorde lees, al ken ons julle nie! Sterkte aan al die boere van SA. Hierdie IS en BLY ons land, niemand gaan dit van ons af wegneem nie.

TJ Lubbe ·

Die inligting moet ook in engels beskikbaar gestel word sodat ons dit wereld wyd kan versprei.

Hannelie ·

Ons kan maak wat ons wil!!! Hierdie moorde sal nie ophou voor een van Zuma se familie of hy uitgewis word nie. Onthou hulle word gevang EN weer vrygelaat, want hulle is Zuma se trawante en hy sal hul beskerm.
Ons kan maar erken en begin aanvaar ons land is in sy dinges want die verkeerde kamtige president is in beheer. Dan kan niemand verstaan hoekom ons later begin haat opbou nie. Ek stem saam met “Eish”, die hel gaan oorbevolk wees.

tamboti ·

Verstaan jul nie dat ons President lid van ‘n terroriste organisasie was en nogsteeds is, en net soos ISIS enige persoon wat hom nie ondersteun, as ‘n vyand en ‘n wettige tekein identifiseer en dus die moord van die mense aanvaar, goedkeur en selfs aanmoedig nie? Al is dit nie in die openbaar nie, hy het dan reeds verklaar sy party is belangriker as SA. (en natuurlik Suid Afrikaners ook)
Mense die oorlog was nooit be-eindig nie, die taktiek en slagveld het net verander. Miskien oor 100 jaar sal almal oor die wereld dit besef en erken.

Anoniem ·

Weereens boere dra asb. jou vuurwapen as jy uit die huis gaan. ASB.

Theresa ·

Wie buiten die korruptes hou statistiek oor wat in ons land gebeur? Die moorde gebeur daagliks. Die wêreld raak gou in rep en roer as daar ‘n paar mense sterf in ‘n bomaanval. Wanneer begin hul emosie wys vir wat hier aan die gang is??????
Vang die 4 en doen wat nodig is.

Magda v Z ·

My hart gaan uit na die boervrou en haar familie
sterkte..

Adriaan ·

Ek dink dis weer tyd dat die boere optrek, verby Pretoria tot by Nkandla. Ek bedoel, met die droogte saam is daar tog niks om te doen op die plase nie, kon ons gaan plak op Prezuma se voorstoep! Ek onthou nog die goeie ou dae toe Pretoria se besetting deur boere heel prettig afgeloop het!

Laura ·

Wanneer gaan al die geweld ophou. Dis nie reg dat ons Boere geteiken moet word nie. Here help ons Boere asb.

Riana ·

Sterkte vir al hulle geliefdes….daar wag ‘n Lang en moeilike pad vir julle. Wees voorbereid om NOOIT hieroor te kom nie. Jy leef elke dag saam met hierdie hartseer. Ek huil nie meer elke dag nie….nou net elke tweede dag.

Magdalena Muller ·

Verskoon tog as ek nou uit die bus uitval – Mnr de Klerk het al hierdie moorde (plaas if dorp) op sy hande
Hy het gefaal destyds. Hy moes SA gelei het om in afhanklikheid van LEWENDE GOD? BIDDEND vir leiding gevra het teen die destydse lande wat sanksies teen RSA wou instel . Die landsgrense steeds bewaak gewees het onder GOD se ALMAGTIGE HAND.

Skoeter ·

Ek stem saam, hy is die verraaier wat ons land weggegee het, wonder soms of hy dit besef!

tamboti ·

Chrisjan en my kommentaar alweer verwyder omdat hy durf die “A” woord gebruik van die verkeerde kant af . Om jouself van vyand/vyandig gesinde mense af te sonder – is DIT verkeerd?
I

Dee ·

De Klerk het dit nie alleen gedoen nie. Ja-stemmers hou hulself onskuldig en blameer slegs vir De Klerk asof die referendum met een stem gewen is.

MM ·

Ai ai ai dis baie sleg, maar wat ek NOOIT sal vestaan nie, jy hoor skote en jy gaan nog steeds uit om te kyk!

Rudi ·

Sy is ‘n dapper vrou! Sy is stok oud en gaan uit om haar man te help!

TM ·

Dit is nou al die hoeveelste artikel waar ek lees van ‘n plaasmoord waar die kragopwekker “probleme” ontwikkel het. Is daar nie ‘n direkte verband tussen die aanvalle en wat hulle doen om aandag te trek nie. So as hulle aan die kragopwekker peuter sal die persoon mos uitgaan om te kyk wat is verkeerd en dan slaan hulle toe.

humor ·

Tragies en my meegevoel. Ek kan dit ook nie in hierdie late uur verstaan nie. As jy reken jou huis is gesluit om die bedreiging buite te hou dan sluit jy nie weer jou huis oop en stap die bedreiging in die donker tegemoed nie. As die kragopwekker afgaan, die honde blaf laat hulle vrek. Of as wat ookal gebeur jy gaan nie uit nie.. Selfs as jou werker buite staan met een of ander probleem dan ontbied jy die veiligheidsdienste wat al gevestig behoort te wees, of die polisie. Bespreek die omstandighede met jou werkers hulle moet maar net verstaan

HD ·

En die wêreld gaan tekere oor die aanvalle in Frankryk. Ons boere word daagliks vermoor, (jare lank al) maar die wêreld gaan nie daaroor tekere nie?

Frans ·

Leiers van die ANC maak kort kort gebruik van slagkrete soos bv Zuma se beroemde eerder berugte ‘Bring my machine gun’ Julius Malema se ‘Kill a Boer kill a farmer’ en ‘If you don’tl like the attacks,leave South Africa’ Charles Nqakula- Minister van veiligheid en sekuriteit en voorsitter van SACP.

Hierdie uitlatings vind altyd plaas in die teenwoordigheid van jong opgesweepte en emosionele jeugdiges en is ‘n aanmoediging mi vir verdere misdaad soos die afgryslike
en gruwelike moorde op veral boere.

Waarom maak die onderhandellaars nie nou luidkeels beswaar nie en staan op teen dit nie?

pietie ·

Dit is hartseer, die arme tannie, eks so jammer vir tannie dink al heeldag aan haar. DIT IS DIE 2DE KEER IN ‘N KORT RUKKIE DAT ‘N BOER UITGAAN IN DIE NAG, EN OORVAL WORD. TANNIE EN OOM HIERDIE IS ‘N UITNODIGING, AS JUL SO NABY AAN WESSELSBRON IS SOOS ALTWEE GEVALLE, ASB DESMOND REED IS ONS SEKTOR LEIER VIR DIE WITLIG, ONS RY GEREELD PATROLIES AL IS ONS IN DIE DORP, ONS PATROLEER GEREELD DIE PLAAS PAAIE OOK, EN RY IN SKOFTE, BEL ONS ONS SAL MET LIEFDE ENIGE TYD VAN DIENAG UITRY EN SAAM GAAN ONDERSOEK INSTEL NA BYVOORBEELD ‘N KRAGOPWEKKER, MELKSTAL WAT OOK AL, VIR DIE REDES, DIS VEILIGER VIR OOM EN TANNIE, DIS BLOOTSTELLING ONS KOM MET ONS GEMERKTE VOERTUIE , WITLIG WAT FLIKKER, MAGNETE OP DIE DEURE DAAR AAN, DIE KRIMINEEL SIEN DIT AS HY SOU WEGKRUIP IEWERS. AS ONS HUL KORT KORT KAN VERHINDER SAL HUL ANDER DORPE TEIKEN, DIS EERLIK WAAR NIE MOEITE NIE, EN SODOENDE TREK ALMAL VOORDEEL, BOERE EN ONS DORP SE MISDAAD BLY LAAG, ONS WAS AL ‘N PAAR KEER DIE DORP MET DIE LAAGSTE MISDAAD, HIER IS DESMOND REED SE NOMMER 0827706201 VIR BOERE IN WESSELSBRON DISTRIK WAT NET DAAI GEMOEDSRUS SOEK OM NIE ALLEEN UIT TE GAAN IN DIE NAG NIE. DIS VEILIGER VIR ONS DORPS OUENS OM ONS MENSE DAAI TYD VAN DIE NAG ALLEEN TE LOS , WANT ONS BLY SOOS SWAELTJIES, EN ‘N VRIEND HOU ‘N OGIE TERWYL ONS PATROLIE RY, ‘DIS NIE SO MAKLIK VIR ‘N BOER OM DAAI TYD VAN DIE NAG SY GESIN ALLEEN TE LOS EN TE GAAN ONDERSOEK INSTEL NIE, BAIE STERKTE MY GEBEDE EN GEDAGTES IS MET TANNIE. STERKTE PIETIE.

Sandra ·

My hart ween oor al die sinnelose geweld, dag na dag in ons mooie land.

Barnie Barnard ·

Nog n tragedie! Kan boere steeds nie besef om ongewapen en paraat na buite te gaan , in hierdie land , met hulle lewens dobbel nie?
Innige meegevoel met n vrou en familie wat treur .

Chrisjan ·

TM, dink bietjie verder, as die boer nie uitgaan vir die kragopwekker nie, gaan hulle more die veld of stoor aan die brand steek, as dit nie werk nie kry hulle een van sy werkers om hom te roep, of hulle wag tot hy stoor sluit of sy bakkie gaan bere, die geleenthede is ontelbaar. Dit is onmoontlik vir een mens om heeltyd paraat te wees.

frik ·

As ek in die straat loop en sien hoe party van die beskermde spesie na mens kyk dan gaan my bloedruk so hoog dat ek n oorval kan kry aaaai ek sal daarvan hou om net so 2 ure alleen saam met daai vier vuilgoed te wees

Peet J ·

Ons is almal bewus daarvan dat die regering sedert 1994 niks daadwerklik gedoen het om misdaad in hierdie land te bekamp nie en die opposisie partye vir wie die meeste wittes stem het nog minder vermag maar eienaardig die witmense bly vir die partye stem. Hoe gouer ons wittes wat bekommerd is oor ons voortbestaan op alle gebiede in hierdie land, besef dat ons gedoem is onder die ANC regering hoe gouer moet ons eenvormigheid kry en die regering dwing vir selfbeskikking dus vergeet van die regering ‘n mens mors net jou asem en staan jou man by Front Nasionaal.Ek kan maar net sê my innige simpatie met die familie.

Gerhardt ·

Ek voel mens moet permanent ‘n handgranaat by jou dra. As jy aangeval word dan vat jy hulle saam. Ek weet dit klink desperaat maar ek dink ons is.

AS ·

Bewapen jouself!!!
Beveilig jou huis!
Skep ‘n kommunikasie netwerk van bure wat mekaar beskerm op Whatsapp, (sms groepe of radio netwerk.)
Stig ‘n buurtwag en ry patrollies.
Werkers mag nooit weet van gewere, juwele, kontant en die sekuriteit stelsel nie – hulle gee die inligting aan die rowers en is dikwels medepligtig.
Vertrou niemand!!!
Beskou die staat as jou vyand!

Retha ·

Wil darem net vir jou se daar was nie skote voor die tyd nie so skoonpa het nie uit gegaan oor skote nie. Hul het hom in die enginkamer ingewag en in die bors geskiet toe hy instap. Hul het nie eers ñ vraag gevra of iets gese net geskiet. Daar was ook nie geld in die huis.

Dee ·

Retha, jy teken die prentjie duidelik wanneer jy sê dat hy geskiet is toe hy instap. Dit word nie mis gelees nie. Wat egter kommerwekkend is, is dat diè berig die afleiding skep, nie presiès so sê nie let wel maar die indruk word geskep dat dat daar twee vuurwapens in die kluis was en uit die kluis gesteel is terwyl hy na buite gestap het om verdagte omstandighede te gaan ondersoek. Laat die vuurwapens in die kluis en stap uit! Dit klink volgens jou beskrywing asof hy nie sou kon keer selfs al was hy gewapend maar dit klink ook asof hy bloot ingestap het sonder voorsorg.

Dit is jammer, sò jammer om van jul verlies te hoor en ek hoop skoonmammie is okay. Die vraag is steeds, hoe kan enige mens in hierdie land, veràl op ‘n plaas van alle plekke, so naief wees?

Iemand anders sê effens hoër op dat ons nie altyd paraat kan wees – maar in hierdie land moet ons soos bosduiwe wees – kyk rond selfs wanneer jy water drink.

Sterkte vir julle. Mag God Sy Hand hou oor skoonma en die pad vorentoe.

Johann Marx ·

Ag nee wragtag, hierdie maak ‘n mens moedeloos. Komaan, people….as jy 73 jaar oud is, en alleen op ‘n plaas bly, dan gaan jy NIE in die middel van die nag uit om na jou generator te gaan kyk nie? En as jy moet, gaan jy gewapen! Hierdie mense bly mos nou nie van gister af op hierdie plaas nie? Hoekom is die generator nie so geplaas dat dit bereik kan word van binne die huis af nie? Weet hierdie mense nie hoe gevaarlik dit is om te boer in Suid Afrika nie? Het hulle nou nie al so baie gehoor van mense wat buite toe “gelok” word, en oorval word nie? Is jy nie in radio verbinding met jou “buurtwag” of jou “buurman” nie? Ek gaan nou seker weer gelooi word oor wat ek hier skryf, maar komaan mense, beveilig jouself, moenie in die nag uitgaan nie, bou jou huis en jou opstal so dat dit nie binnegedring kan word nie, en as daar probleme is (veral as jy 73 is) maak alarm, sit ligte aan, hou meer as een hond aan, maak seker jy het radio kontak met “iemand”…..as dit sou nodig word. Sal jy by die dieretuin in die leeuhok klim? Nee. Want jy gaan gebyt word. Maar jy bly op ‘n hoë ouderdom alleen op ‘n plaas…..en jy stap in die nag uit om na jou generator te gaan kyk? Wat het jy verwag gaan gebeur? Dis so tragies dat ons boeregemeenskap so uitgewis word, maar hemel tog, party van hulle is maar net eenvoudig “sitting ducks”….

DUP DU PLOOY ·

AI JAI JAI : MENSE DIS N OORLOG HIERDIE ! MOENIE KANSE VAT NIE. BEWAPEN JOUSELF MET N BYL; N MES OF N TUINVURK EN AS JY N VUURWAPEN HET GEBRUIK DIT KORREK.

mafoeta ·

Johann , jy mag reg wees maar , NEE NEE, die geslag wat nou moor het grootgeword onder die nuwe bestel waarin die nuwe regeerders net na hulself kyk. Zuma sal homself op “Nkandla opsluit of in luuksheid in die lug wees , terwyl die land vergaan! Almal het gereken dit gaan beter wees na 1995, maar niemand het gereken die geld wat die land moet ontwikkel en werk skep gaan so vermors word nie. Die som jaarliks wat op verskeie gebiede vermors word is skrikwekkend , wat nog van oor die afgelope 21jaar??????? Behoede ons van die EFF!
Jy sal eendag weet dat as jy 73jr is, in hart is jy nog jonk , en mens weet die dinge gebeur maar steeds bly dit bo die redelike mens se begrip, daarom glo jy jy kan maar gou gaan twv krag in jou huis.
Niemand reken dat mense soos leeus gevrees moet word nie. Hoekom moet ons daaraan gewoond raak om mense te vrees. Dan moet jy ook nie op die pad wees nie, want dan “mens hoe kan jy so dom wees, jy gaan gekaap word, ” jong meisies moenie op die kampus beweeg nie, jy kan agter ‘n gebou ingesleep en verkrag word”, “moenie in ‘n parkade parkeer nie, jy kan in jou kattebak ingedwing word en mee weggery word” Genade redeneer eerder dat dit moet STOP! Soos Afrikaans nou weggewerk word aan die hand van die wittes bv by Stellenbosch, sal hulle vind dat hulle wit nageslag die volgende is wat weggewerk gaan word. Ongelukkige glo ons in bona fides wat nie bestaan nie. “Alles vat, vernietig wat was of dit nou tot ons eie nadeel is” , kan die “in beheer” se nuwe landsleuse word, terwyl ons nog wil glo – Eendrag maak, ongeag kleur en taal.
Ek is geen pessimis , maar ons is in ‘n vlug of veg hoek . Veg , hoe , met wat? Vlug as jy kan! Miskien is die miljoen SA – burgers wat elders woon die slimmes in verstand en daad . ‘n Vlg miljoen werk reeds elders. ! Want niks stop die moorde nie!!!!! Niks stop die vlaag van eise nie. Ek’s ampter 60 en het altyd nog hande arbeid gedoen, om aan die leef te bly, kinders deur Universiteit te kry!! As jy nie ‘n kind kan bekostig nie, dan wag jy, maar dis geykte retroriek! Ons gly terug op die ontwikkelingsskaal (oor die groter meerderheid), ons land se gemiddelde IK neem af , want ons kyk nie na ons mense op die regte manier nie!!! Want met alle respek, die regeerders weet nie hoe nie!! Ons almal gaan toenemend “sitting ducks” word.

Dee ·

Almal het gedink dat dit beter gaan wees na 1995? Ag nee, moet nou nie jul ‘ja-stemmers’ se drome probeer deel maak van ‘almal’ nie.

Peet J ·

Ek wonder tot watter ouderdom mag jy nou in hierdie land op jou plaas bly wat jy al die jare voor gewerk het, blykbaar as jy jonger as 73 is sal jy nie aangeval word nie dit wil vir my nou voorkom of dit nou die mense se agtelosigheid is dat hulle aangeval is en op grond hiervan word die aanvallers blykbaar verskoon. Die punt is die kriminele het nie meer ontsag vir die wet nie.

Jaco Daubert ·

En dan Suid Afrika vra julle my, hoekom woed daar n vuur van haat hier in my binneste.

tamboti ·

Ja Jaco, geen probleem kan suksesvol opgelos word sonder om die feite(oorsake) te erken nie; daar is haat, baie haat van alle kante. Ons is nie die enigstes wat die vuur van haat dra nie, maar ons kan dit ten minste erken.
Daar kan geen versoening plaasvind sonder ‘n vredes-ooreenkoms nie. In SA het dit nie plaasgevind nie, daar was ‘n lafhartige oorgawe van mag, die hede en toekoms sal bewys dat nie een party in die langtermyn tevrede is met dit wat hul ontvang het nie.

Vickus ·

Al die ouens wat so langs die robot’s staan en onder brue slaap, kan die laaities nie aangewend word in plaas beveiliging nie. Warm bord kos elke aand en n warm bed op die plaas. Toegerus met n vuurwapen en n klein salaris. Iemand of n organiesasie kan dit seker laat gebeur. Onthou daai laaities het niks nie, so hulle kan nie veel verloor nie. Die vuur brand diep in hulle harte want die regering het hulle laat beland waar hulle nou is. Ja daar is dwelm en sleg wees gevalle, maar die vars lug op die plaas, iemand wat vir jou omgee, en die feit dat jy iets beteken vir jou mensdom kan n lewe verander. Is dit nie n wen wen situasie nie . Afriforum wat dink julle daar van ? Sal julle dit oorweeg om so iets te doen ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.