Bejaarde brand erg toe hy vuur aansteek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man in sy 70’s het ernstige brandwonde opgedoen toe hy ʼn vuur probeer aansteek het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is Saterdagaand na ʼn huis in Alexandra ontbied, maar die man was reeds na ʼn hospitaal geneem toe hulle daar aankom.

Volgens Bodasing is paramedici na die hospitaal in Edenvale waar die man pas aangekom het. “Paramedici het die man in die ongevalle-eenheid in dokters se teenwoordigheid ondersoek en bevind hy het brandwonde oor verskeie dele van sy lyf opgedoen, insluitend sy gesig en nek.”

Bodasing het gesê paramedici het behandeling toegepas voordat die man in die hospitaal opgeneem is. “Volgens familielede het die man probeer om ʼn vuur met vlambare vloeistof aan te steek toe dit ontplof en hy gebrand het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Ja en nee, demonstreer aan jou kinders/kleinkinders hoé gevaarlik dit werklik is deur petrol aan die brand te steek in ‘n beheerde gebied. Die uitdrukking op die gesigte is gewoonlik van verbasing om te sien die gevaar wat skielik opduik.

R ·

Kan hierdie vloeistof nie maar verbied word nie. Daar is nou al soveel kinders en volwassenes wat as gevolg van dit verbrand het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.