Bejaarde brand in huis dood

Argieffoto

ʼn Bejaarde man het Dinsdag in die vroeë oggendure in ’n huisbrand in Johannesburg omgekom.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 01:00 by ʼn huis in 8ste Laan in Florida plaasgevind.

“ʼn Veiligheidsmaatskappy het paramedici ontbied nadat ʼn brand in die huis ontstaan het. Met paramedici se aankoms op die toneel was die hele huis in ligte laaie. Reusevlamme en skade wat vermoedelik deur ʼn ontploffing veroorsaak is, het verhoed dat toegang tot die huis verkry kon word,” het Dollman gesê.

Drie brandweerwaens van die Johannesburgse nooddienste het opgedaag en die brand onder bedwang gebring.

Daar is later vasgestel dat die man, vermoedelik in sy 70’s, alleen in die huis was toe die brand ontstaan het.

Die voorval en voorafgaande gebeure word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.