ʼn 87-jarige branderplankryer is Sondagmiddag dood in die see by Jeffreysbaai in die Oos-Kaap.
Rieghard Jansen van Rensburg, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê sy span is omstreeks 12:00 ontbied na ʼn toneel waar ʼn branderplankryer vermoedelik in die moeilikheid beland het.
“Sy familie, omstanders en ander branderplankryers het hom reeds uit die water gehaal toe ons by die toneel opgedaag het,” het Van Rensburg verduidelik. “Hy het saam met sy familie branderplank gery toe hy sy bewussyn in die water verloor het.”
Van Rensburg het gesê KPR is op die man toegepas, maar alle pogings om hom by te bring, was tevergeefs. Hy is op die toneel dood verklaar, vermoedelik weens natuurlike oorsake.
“Ons betoon ons medelye aan die vriende en familie van die man.”
En? Wat gaan die kommentaar wees? Hy het gedoen wat hy graag wou doen en basta daarmee! Ek is op pad na 76 en het die BMW M3 vir ‘n spin gevat op Zwartkops en dit werklik geniet. Ons is NIE fossiele en geniet die lewe tot die einde! Sterkte aan die familie vir iemand wat voluit gelewe het tot die einde.
Ek bewonder mense wat hul hele lewe lank voluit leef!
87 jaar oud en ry steeds branderplank! Wow!! Wat ‘n inspirasie vir ons elkeen om ons lewens volluit te leef en te geniet.
Innige simpatie vir al sy familie en geliefdes. Dit klink asof hy ‘n besondere mens was.
Kan nie aan ‘n beter manier dink om te gaan nie… geen uitgerekte weke in ICU nie.
Dit is seker goed om so te gaan vir dit waarvoor jy lief was, ten minste nie nog misdaad statistiek nie. RIP my oom
Voorwaar n besondere wyse om heen te spoed.
Om so sydelings die houtpak in te skuif,
totaal opgebruik, en niks oor wat nie die ” wear en tear” vrygespring het nie, met n n uitroep, Wow! Wat n rit!
Prysenswaardig!
Wat ‘n man!
Ek kan ook net se “WOW”.
Hy het heen gegaan terwyl hy iets gedoen het waarvoor hy baie lief was. Laat dit vir julle wat agter bly ‘n troos wees!! Dit bly nog steeds hartseer maar ten minste is daar nie ‘n laaang uitgerekte siekbed vir hom gewees nie.
Baie sterkte ons dink aan julle!!