Bejaarde broers doodgeskiet

SAPS+police+crime+tape+xgold+2012ʼn Groep gewapende mans het twee bejaarde broers, wat saam op ʼn erf in Elsburg aan die Oos-Rand gewoon het, doodgeskiet.

Ao. Andre de Jager, polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê die Elsburg-polisie ondersoek twee sake van moord nadat Charles en Christo du Plessis, albei in hul 70’s, vermoor is.

Vier gewapende mans het Woensdagaand Charles en sy vrou, Marie (68), in hul huis oorval. Marie is aangerand en vasgebind terwyl die mans die huis geplunder het en waardevolle items en kontant in die egpaar se motor gelaai het. Hulle het Charles in sy motor ingedwing en na ʼn nabygeleë kitsbank geneem om nog kontant te trek, waarna hulle hom doodgeskiet het. Christo, wat agter in sy broer se erf woon, is tydens die aanval in sy woonwa geskiet. Die verdagtes het met die egpaar se motor gevlug.

Charles se liggaam is by die kitsbank deur ʼn verbyganger aangetref. Marie en Christo is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas. Christo het in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Marie was teen Vrydag nog in die hospitaal. Haar toestand is nog onbekend.

De Jager het gesê die egpaar se uitgebrande motor is later in Rondebult gevind. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie, en die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Nadine ·

My hart gaan uit na die naasbestaandes. Hierdie moorde op ons bejaardes neem nou daagliks toe, met rasse skrede.

anet ·

Fourie, ek stem saam met jou. Die aanvalle word elke dag meer en meer, en die ou mense word net eenvoudig gemartel en dood geskiet. Die barbare is te vrot sleg om te werk, en leef net om te steel. Ek dink dit is tyd dat hulle uitgeroei word. Ek woon in ‘n kompleks, daar word ook ingebreek, en net die blanke vroue word geteiken. Die opsigter is ‘n Blanke man, maar van hom kry ons geen bystand nie, hy kom nie eers na ons woonstelle om ondersoek in te stel, en te vra of ons Ok is nie.
Die Polisie sal dalk eers die volgende dag opdaag om ‘n verklaring te neem. ‘n mens voel so bitter oor al hierdie onnodige moorde.

Sterkte aan die familie, dit is hartseer om twee broers so te verloor

Andries ·

Hulle het toe besluit julle ou mense mag nie meer langer lewe nie, ons vat julle besittings en julle lewens. So word ons geslag vir ander se plesier want dit word nou n sport en gespog met die oorwinning. Wanneer hoor ons van die volgende oorwinning.

adri ·

2de keer dat my familie hierdie jaar deur moord geraak word. 14 Feb my sus se seun en nou my swaer se skoonouers.
WANNEER GAAN DIE REGERING WAKKER SKRIK?
DIS TYD DAT DAAR VAN REGERINGS HUISE EN BLYPLEK MET SEKUREIT – WAARVOOR ONS BETAAL – ONTSLAE GERAAK WORD.
EK DAAG JULLE UIT MINISTERS: KOM WOON TUSSEN ONS! !!!

Phillip G ·

O AK, o AK, …jy wat so wreed ontgloed
besmeer jy my vaderland met Boerebloed.
‘n Skoot knal…ons dra ‘n liggaam weg,
maar ‘n veel groter dood is gesterf.
Aan die suide van Afrika word ‘n volk versmoor.
Aan die suide van Afrika word ‘n volk vermoor.

Nes ‘n trouelose vrou smag na haar minnaar,
smag jy my volk na dit wat nie die siel bewaar.
Die tydelike moet hier en nou bevredig word,
… maar die ewigheid word daarvoor weg gestoot.
O Geloftevolk, ontbreek aan jou hand jou man se pand?
Hoekom wil jy so graag vir ‘n ander gee jou hand?

My El, my El,… waar is my hulp vandaan?
Die duisternis neem toe, die lig is aan’t taan
Ons word benoud… wat is die fout,
waarom word ons in gebed nie verhoor?
Geloftevolk, al wat Hy vra is om jou Geloftes te betaal.
En self sal Hy in die stryd tree om Sy Wil te bepaal…

Wil weet ·

Hoekom ‘n trouelose vrou Phillip? Smag trouelose mans nie ook na hulle minnaars nie?

pop ·

Phillip, dis n hartroerende mooi gedig. Ek huil!!!! Dankie daarvoor

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.