Bejaarde buite Rustenburg-huis oorval

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die Rustenburg-polisie doen ʼn beroep op die publiek om met inligting na vore te kom nadat ʼn 70-jarige vrou glo Maandag buite ʼn huis in dié Noordwes-dorp deur vier gewapende mans oorval is.

Sers. Kelebogile Moleko, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die slagoffer is ʼn huishulp wat omstreeks 11:00 by haar werkgewer se huis in Klopperstraat oorval is.

“Die vrou was buite die huis doenig toe vier mans haar genader het. Hulle het haar in die huis ingedwing, haar hande met ʼn tou vasgebind, ʼn lap in haar mond gedruk en die huis geplunder,” het Moleko gesê. Die mans het met ʼn skootrekenaar, tabletrekenaar en juwele van die toneel gevlug.

Niemand anders was tydens die voorval by die huis nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Mense met inligting oor die voorval wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan, word versoek om ao. Tlou by 082 856 1326 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

m ·

Verstaan nie altyd so lekker die stories nie. Wil jy vir my se sy het die hek vir vreemdes oopgesluit……………………………. wonder ma net.

Charmaine Jordaan ·

Die berig se sy was buite haar huis. Ek was nou net buite my huis, besig om wasgoed op te hang. Ook in Klopperstraat Rustenburg. Dit kon net sowel by my gebeur het.

Tiger ·

Sy’t hulle ingenooi.Nou maak sy of sy aangeval is en en en!Dis ‘n bul mis!Hou ‘n huisbediende aan en jy kan moeilikheid verwag.

Phillip ·

Stem saam met jou Tiger, as dit nie n beplande ding wasi het hulle haar beslis ook leed aangedoen,

Dee ·

En as dit haar enigste bron van inkomste is? As jy nie kans sien daarvoor nie, sy doen dit wel. Dit is my opinie.

Retha Pretorius ·

Liewe genade, ek neem aan die wat nou hierbo kommentaar lewer is Rustenburgers? Rustenburg se misdaadsyfer is ongelooflik groot. Hier nooi jy nie in nie, hul wip sommer oor n twee meter heining met lemmetjiesdraad, vat wat wil en wip weer daaroor, helder oordag! Dit gebeur, en ja daar is so oues van dae wat nog huiswerk doen want hul het nie keuse nie.

Tiger ·

Retha ons het 40 jaar in Rustenburg gebly .Sal nie weer daar bly al BETAAL hulle ons nie!Sy misdaad syfer is die hoogste in die land terloops.

Mike ·

Volgende week is die huis leeg gedra…………..en bediende op verlof……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.