Bejaarde deur eie honde aangeval

’n Bejaarde vrou van KwaZulu-Natal is gister ernstig beseer toe sy deur haar honde aangeval is. (Foto: Twitter)

’n Bejaarde vrou van KwaZulu-Natal is Sondag ernstig beseer toe sy deur haar pitbulterriërs aangeval is.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het die 83-jarige vrou se seun op haar afgekom waar sy in ’n plas bloed op die grond gelê het. Sy was alleen tuis en dit is onduidelik wat tot die voorval gelei het.

“Sy het baie ernstige beserings aan haar kop, arm en bolyf opgedoen – veral aan haar bors,” het Herbst gesê.

“Sy is op die toneel behandel en gestabiliseer waarna sy in ʼn ernstige toestand na die hospitaal geneem is.”

Die honde was reeds toegemaak toe nooddienswerker by die toneel aangekom het.

Volgens Mari Yanagawa, ʼn hondekenner van die Wes-Kaap, is stres, vrees en angs van die grootste faktore wat daartoe lei dat ’n hond ’n mens sal byt of aanval.

Sy is ook van mening dat honde nie weens hul ras gebrandmerk moet word nie.

“Nes mense moet daar na ’n hond as individu gekyk word. Hoewel gene ’n rol in die hond se gedrag speel, moet na die algehele geskiedenis, toestand en stresvlakke van ’n hond gekyk word. Omstandighede speel ook ’n groot rol,” het Yanagawa gesê.

Sy het voorts gesê dat honde-eienaars dikwels nie subtiele leidrade dat ’n hond angs ervaar, raaksien nie, wat dan moontlik tot ’n onverwagte reaksie kan lei.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Tanniepetoors

As mens neem ons fisiese vermoëns af soos ons ouer word. Dit beïnvloed ons vermoë om as leiers van ‘n trop op te tree.
Diere voel dit instinktief aan en dit veroorsaak konflik in die “baas” en dier verhouding wat voorheen duidelike perke gehad het, met dikwels bloedige en tragiese gevolge.

Dries

Weer pitbulls. Pitbull telers sal seker weer sê “dit is ongewoon” Wanneer besef mense dat die honde onbetroubare gevaarlike diere is wat nie net byt nie maar doodmaak

Porseleintjie

Pitbulterriers is nie gesinshonde nie. n Rissie bly tog n rissie. Al verbeel ek my dis n perske wanneer ek dit eet, sal die chillie in sy natuur net doen wat hy is. Die rook uit jou brand.
Kry n vis. Dis veiliger.

ES

Dis baie tragies.

Afgesien van my mening oor die pitbullterriers, hou mense hul aan vir veiligheid. Enige hond kan enige tyd aggresief raak en jou byt. Die ras is nie noodwendig die probleem nie, maar ongelukkig is hierdie ras een van die mees berugte rasse wat gewelddadige gevalle betref.

Ek wens die tannie alle sterkte en beterskap toe.

LANA is ELANè

Plaas ‘n foto vd honde want 99% vd tyd het die media die ras verkeerd.