Bejaarde deur eie honde aangeval

Argieffoto ter illustrasie.

Argieffoto ter illustrasie.

ʼn 82-jarige man het Vrydag ernstige beserings opgedoen nadat sy twee honde hom aangeval het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het by ʼn huis in Cameronweg in Pinetown, KwaZulu-Natal, plaasgevind.

“Sy vrou het paramedici na die huis ontbied nadat hy aangeval is. Paramedici het hom in die sitkamer gevind met verskeie bytmerke regoor sy arms, nek en kop,” het Meiring gesê.

Die man is behandel en na die St Augustines-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die honde se ras is nie bekend nie en dit is ook nie duidelik wat tot die aanval gelei het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Brakanjan ·

Mens moet besef n hond bly n dier en n dier het instinkte wat in hulle gene is. Ja ek het ook honde, maar al is hy jou beste vriend, is jy nie gewaarborg dat jy nooit gebyt sal word deur jou eie hond. Baie sê dis hoe jy n hond groot maak. Ek glo nie aan dit, want dit dra hoegenaamd geen waarborg…

Alida ·

Jammer vir die oom. As die hond so onvoorspelbaar is moet hy weggemaak word. Ek lok nou weer kritiek uit maar die tannie is volgende. Raak intslae van hom.

Drienie ·

Ek stem. Jy kan jou hond hoe vriendelik en liefdevol groot maak. Dis net daai een dag wat hy/ sy nie goed voel nie.

Tjert ·

Drienie… GEEN hond val sy ‘baas’ aan as die hond se opvoeding en volgehoue interaksie met sy ‘baas’ reg is nie. Te veel honde word aangehou as afskrikmiddel en word net aangehou sonder gereelde interaksie met sy huismense. Ek voel baie jammer vir die oom…maar REEDS is dit soms ouer garde wat nie meer gereelde kontak met groot rasse het nie en so die gevolge dra. Dit geld in meeste ander gevalle ook waar mense aangeval word deur hulle eie honde. As jy nie DAAGLIKS interaksie met jou hond gaan/kan hê nie…moet liefs nie ‘n hond aanhou nie – asseblief!

Ben ·

As ek die dag nie lekker voel nie, is ek agressief en sal vir jou sê om nie met my te neuk nie. Honde voel ook sleg met die verskil dat hulle nie daaroor kan praat nie.Die geringste wat daar met hom/haar geneuk word byt hulle. Dit is nou maar finish en klaar. Leer jou hond ken en lees sy gemoed en moet nie met hom neuk nie.

Ano ·

Wragties Ben! Die heel eerste kommentaar wat “commen sense” maak. Daar is altyd ‘n tou-trekkery oor wie is reg, die hond of die baas. Jy som dit 100% op.

Helene ·

Ek stem 100% saam met Ben. Daar is altyd ‘n rede hoekom ‘n hond sal byt!!

Ou Vlakvark ·

En wanneer gaan die volgende mens erg gebyt of selfs doodgebyt word?

Welke “hondekenner” en “hondeteler” is bereid om in die openbare media ‘n skriftelike waarborg te publiseer dat die Pittboel, Rottweiler, Wolfhond of Boerboel se natuurlike wildedier-instinkte nie onvoorsiens sal oorloop in erge aggressie nie? Verbied hierdie tipe honde summier.

Janine ·

Wilde dier instinkte? Erge aggressie? Jy hap nou groot bubbles, ou vlakvark. Gaan voed jouself op oor die verskillende rasse se temperament voor jy jou onkunde die wêreld instuur. Die Amerikaanse Veghond is GETEEL om mensevriendelik te wees, maar dier-aggressief. Common sense, siende geen eienaar hul sou kon hanteer in die pit as hul mense-aggressief was nie. Ek vertrou my APBT’s BAIE meer as meeste mense. My honde leef saam ons. Hulle is nie tuinornamente om die kriminele uit te hou nie. Voor mense ‘n dier kry, moet hul bietjie navorsing doen en besluit of hul wel tyd het, genoeg aandag kan gee, opleiding in plek gaan kry. Vir sekuriteit, kry vir jou ‘n vuurwapen. Nie ‘n hond nie.

Ouvrou ·

Tjert en Ben dankie!! Honde soek kos en baie liefde en n warm plek om te slaap. En respek, moenie met hulle aangaan as hulle nie lekker is nie. Hulle sal jou met hulle lewe beskerm want jys deel van hulle trop. Ek het al gesien as n hond sy lippe optrek vir iemand as waarskuwing om nie te karrinv nie. Wat sê hulle dan gewoonlik. “Grom jy nou vir my, ek sal jou leer wies baas hier” en dan word die dier gewys. My bure is sulkes. Tot een keer te veel.

Lize ·

Ek vermoed dat dit dalk gebeur het toe die honde hul kos gegee is. Wees maar versigtig as dit by voertyd kom, veral met groot honde saam.

Joe Hall ·

Ek vermoed dat mens baie versigtig moet wees alvorens jy gebeure wil verklaar, terwyl jy nie eers weet wat die omstandighede was, watse brakke ter sprake is, wie se brakke dit is, wie die arme slagoffer is, wat het aanleiding tot die aanval gegee, was dit dag of nag, ens ens ens.

Lize ·

Elke geval van hierdie aard en veral waar bejaardes betrokke was en waarmee ek persoonlik in ongevalle te doen gekry het, was wanneer die honde hul kos gekry het.

Cherokee ·

Leon, hy mag nou wel vlak wees maar sy naam laat my dink hy lief diere.

Veritas ·

‘n Kleiner honderas wat binnenshuis slaap is makliker beheerbaar en ook wakkerder as groter rasse. My brak slaap langs my bed en daar is geen gevaar dat hy vergiftig kan word nie. Ek wil nie wakker gemaakword deur ‘n booswig wat ‘n mes of vuurwapen in sy hande het nie. Ek wil vir hom wag met my wapen in my hand.

Janine ·

Ons APBS’s slaap sommer langs ons op die beddens. Kop langs mens op die kussing. ;)

Mellie ·

Skree julle so hardop ‘maak van kant!!’ as julle lees van plaasmoordenaars, verkragters en veral kinders wat hul eie ouers vermoor, ook?! Ek verdomp hoop so.

Ou Erdvark ·

Gratis gevra: ABTS, Pittboele, Wolfhonde, Boerboele en Rottweilers vir werkskepping en uitvoer na China! Hul velle is in aanvraag vir “gesondheidsmiddele” Ha-ha-ha!

Ou Vlakvark het hierbo skriftelike waarborge gevra – nie wollerige politieke gewharra-wharra nie. Geniet 2017 en maak ‘n opbouende verskil.

Toubs ·

Die Chinese eet ook die blou tong vd die Chow – hond. :-(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.