Bejaarde deur hond verskeur

Argieffoto: Pixabay.com

Argieffoto: Pixabay.com

ʼn Bejaarde man is Donderdagmiddag gedurende sy middagstappie op ʼn pad tussen kleinhoewes in die Carletonville-omgewing in Gauteng deur ʼn hond verskeur.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het Vrydag aan Maroela Media gesê die man, in sy 90’s, het in die Water’s Edge-pad gestap toe ʼn hond, vermoedelik ʼn Amerikaanse veghond, glo by een van die kleinhoewes uitgestorm en hom aangeval het.

“Die man is in ʼn kritieke toestand aangetref toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Bodasing gesê.

Die man is met ʼn helikopter van ER24 na ʼn hospitaal geneem.

Sy toestand was nie teen Vrydag bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Hettie ·

Ag nee arme hy! Hy wou net ontspan stap. Sterkte oom!Hoop hy vinnig sal herstel!

Elinette ·

Dan is daar nog altyd mense wat sê dat Amerikaanse vegbulterriërs nie gevaarlik is nie. Ja, ja … ek weet, hulle sê dit was “vermoedelik ‘n Amerikaanse vegbulterriër” …. Maar ek gee nie om nie, die arme ou oom het nie verdien om só aangeval te word nie. En waarom was die hond nie toegemaak nie? Hoop die NDBV ondersoek dié saak.

Nina ·

Ag noenoes….. Jy is erg onder ‘n wanindruk oor veghonde. Foeitog… Meeste mense het geen idee HOE een lyk nie, wat nog te sê oor hul persoonlikhede. Gaan voed jouself op oor die ras voor jy simpel aanmerkings maak. Ek sien geen kommentaar oor hierdie skootbrakkies wat so lief daarvoor is om na die gesig te hap nie. Enige honderas kan byt, nie NET die veghonde nie.

Nina ·

So terloops, daar is een helse verskil tussen ‘n APBT en die Bull terrier. Weereens ‘n bewys van jou uiterste gebrek aan kennis rakende die ras. Ai.

Vicus ·

Nina, waarom gaan jy so heftig te kere? Fokus liewer op die arme oom. Die eienaar moet aangekla word . Hierdie honde is gevaarlik finish en klaar.

Nina ·

Vicus, my 20 jaar plus se ONDERVINDING in die spesifieke ras gee my die reg om heftig te reageer.Verder is ek SELF ‘n APBT eienaar. Al 4 my kinders het van babadae saam net APBT’s grootgeword. Mense gaan te kere oor hul kwansuis so aggressief en gevaarlik is. Dit terwyl hul in werklikheid die mees ‘human friendly’ ras is. Enige hond kan opgelei word om aggressief te wees. Mense moet werklik gaan naslaan wie en wat die ras is, instede van soos papegaaie als te herhaal wat deur idiote as feite deurgegee word. Wat betref jou kommentaar oor die oom; ek het gereageer om die twak wat deur Elinette kwytgeraak is. Die oom het al my innige simpatie.

Laurika ·

Dit is irrelevant of dit ‘n Amerikaanse veghond of Suid Afrikaanse straat brak was. WAAR was die hond wat so lekker los loop se eienaar????

Chris W ·

Dis nou wat relevant is!Die wet bepaal dat geen hond sonder ‘n leiband op straat mag wees nie.

Gesiggie ·

Mense met honde wat so agresief is moet seker maak dat hul onder geen omstandighede kan uitkom, n arm ou mens wat so bevooreg is om in sy 90 te wees, moes nou onnodig skade opdoen. En hy het maar net vir n stappie gegaan. Deur wat se pyn moet die Oom nie nou als gaan…. As mense nie kan omsien dat hul diere veilig is, en nie toelaat dat so iets gebeur? Moet hul eerder maar nie diere aanhou” sterkte Oom hoop als sal goed gaan… en dat Oom weer die vooreg sal kan geniet om weer vir n uitstappie te gaan.

Stan ·

Die oom is deur 3 pitbulls gebyt. Hy is ook een van die plaaslike hoërskole se gewese adjunk hoofde. Dierbare mens! Die eienaars het geen beheer nie. Ek kom van die buurt af. Gelukkig het iemand verby gery en dit gesien. Hy het die honde geskiet om die oom te red. Hy is my held.

Dee ·

DPJ, dit is een van die tipe verskonings waarmee ‘n nalatige honde-eienaar dalk kan probeer wegkom.

Frederik ·

Nou waar kom Maroela dan aan hulle inligting ? Of is daar dalk twee 90 jarige omies aangeval deur honde ?

Klitser ·

Dit is jammer die oom so seergekry het, hoop hy herstel spoedig.

Ek weet daar is ouens wat kommentaar sal lewer oor my verdere kommentaar (vraag): beteken verskeur nie dood nie? Soos versmoor en verongeluk?

Elinette ·

Klitser, ek dink nie so nie. Iemand kan “verskeur” word en steeds leef. As mens na ‘n voorwerp verwys, sal jy seker sê “die man het ‘n verskeurde hemp aan’ of so iets. Die Oom is deur die hond(e) verskeur, maar nie tot die dood toe nie (gelukkig!). Maar ja, ek dink die veronderstelling van dood gepaardgaande met ‘versmoor’ en ‘verongeluk’ is korrek. Is daar ‘n taalkundige hier wat ons – interessantheidsgewys – kan reghelp hier? Ek het al erger gehoor en gelees: iemand is vermoor deur hom dood te skiet of dood te slaan …

Peet J ·

Die eienaar van die honde sal verantwoordelikheid moet aanvaar vir wat sy diere gedoen het .
‘n Soortgelyke geval het ook verlede jaar plaasgevind

Dee ·

Stan, toe ek lees wat jy skryf was Oom JP onmiddelik in my gedagtes. Hoop nie dit is hy nie.
Wie dit ookal is, dit is so jammer dat mense nie hul diere kan beheer. Ek hoop hy herstel spoedig.

Berhalet Beukes ·

Ag foei tog… Die arme arme omie… Hoe, kom so ‘n hond los?? Die eienaar kan gerus besin oor sie waarde van so aggressiewe hond! Dis so só onnodig!

Elinette ·

DPJ, die berig lees dat die hond(e) ‘by een van die kleinhoewes uitgestorm het’ en toe die Oom aangeval het. Hmmm … laat my wonder of die hekke oop was of die omheinings dalk onvoldoende was om die hond(e) binne te hou. As honde-eienaar is dit jou verantwoordelikheid om te sorg dat jou honde in jou erf bly en nie ‘n gevaar inhou vir ander mense nie. Natuurlik, as die hekke deur kwaaddoeners oopgemaak is, is dit ‘n ander storie en as dit so was, vra ek opreg om te verskoning as ek die verkeerde afleiding gemaak het. Maar ek dink tog nie so nie ……. Hoop die Oom raak gou gesond. Sterkte aan hom en sy gesin met die herstelproses!

Champ ·

My inige simpatie met u my oom. Of dit nou watter gedierte ook al is maak geen saak nie wat we’ll van belang is dat swaksiniges wie nie na hulle diere kan omsien nie sulke wrede gemors aanhou

SNEL ·

Ai, nie lekker om so iets te lees nie, mens se hart is sommer seer dat n oom van 90 nou so aangeval is. Hoop regtig nie dat die skok vir hom te erg was nie en dat hy spoedig sal herstel. Baie dankbaar dat iemand darem tot sy redding gekom het.

Johan K ·

Wat die Suid Afrikaase wet bepaal oor troetel diere is irelefant. Ek en my wederhelf is gedurende ons gereelde wandeling, Oktober 2015, Berghaan laan,Rooihuiskraal, Centurion, Rodwiler, en gedurende Januarie 2016, Rudolf straat, Clubview, Centurion deur 4 honde aan geval. In beide gevalle het die eienaars toe gekyk en nie n vinnger verroer om ons te help nie. Gelukkig sstap ons voorbereid en het ons ongeskend uit die onderonsie gesstap.

tisa ·

Los die hond en gaan soek die eienaar. Strafbare mansslag. Sy hond is n produk van die eienaar. Honde word Nie kwaai of sleg gebore mie….mense maak hulle so.

Dee ·

Dankie vir jou antwoord Stan. Alhoewel dit hartseer is dat enige (veral bejaarde) so aangeval is, is dit vir my erg om te hoor dat dit Oom JP vd Walt is. Hy het vir my skoolgehou en ek het ‘n dekade gelede afgetree, Hy het ook vir my dogters onderwys gegee en hy onthou sy leerlinge. Daar kan ‘n boek geskryf word oor daardie omie wat ‘n VW-liefhebber is/was en toe die skoolhoof in Welverdiend een van sy beatles herstel, stap hy die 10 kilos daarheen om dit te gaan haal! Het jy enige manier om vas te stel hoe hy die beserings beleef? Hy is een van Carletonville se mooi karakters wat soort van ‘n legende geword het.

J.Z ·

As jy n vuurwapen het moet jy n kurses loop en eksamen skryf om te sien of jy bevoeg is om die wapen te kan besit.nou n hond is net so gevaarlik as n vuurwapen,net anders eenige onbevoegde persoon mag hom besit.Die is nie n geisoleerde geval nie ,die laaste jaar weet ek van talle mense wat aangeval is deur honde,onder andere mense wat lede maatte verloor het.Ek dink dit is nou tyd dat daar nou werk van gemaak word .Jy moet byvoorbeeld n geldige dokument he dat jy bevoeg is om n hond te kan besit,elke 5 jaar dit te hernu.goedkeuring deur die SPCA het dat die perseel waar die hond gehou word geskik en veilig is ,ens

Brett ·

Wat van kursusse en eksamens wat snertpraat op die internet verhoed?

Bluff ·

J.C. sal vir almal in ry staan en sorg dat dokumente geteken is en korrek is. Dankie ou maat waardeer jou moeite.
Sekondeer Brett goed gestel.

Jz ·

Seker ook onbevoeg om n hond te besit.daarom so voorstel hom hinder

Piet ·

Die oom was deur twee veghonde aangeval. Albei is egter deur n verbyganger doodgeskiet nadat hy vergeefs gepoog het om hulle van die oom af te kry. Hy is ook deur een van die honde aangeval en het albei doodgeskiet.

Johannes Meintjes ·

Onverantwoordelike honde eienaars is ‘n algemene probleem. Ek, my vrou en drie van ons Schnauzer honde aan leibande is al drie maal gebyt deur verskillende honde terwyl ons in voorstede se strate gestap het. Buiten een optrede, het die DBV, Metro Polisie en SAPS dit in effek afgelag en die eienaars se reakasie was uiters aggressief, ontkennend te midde van die sigbare feite en veeartsrekeninge, en baie onbeskof in al drie gevalle.

Dee ·

Die heel eerste skokstokke (soos in stunguns) was in sambreelvorm. Dit was in die middel sestigs. ‘n Kort sambreel wat sowat halfmeter reikafstand verskaf het. Weet nie of dit steeds in daardie vorm beskikbaar is maar stappers behoort so iets saam te dra.

Anton KLD ·

Ek verstaan dit is Mnr JP vd Walt ons Rekeningkunde onderwyser van H/s Carletonville in die 70’s . ‘n Baie kleurvolle mens, my gunsteling onderwyser. Baie sterkte mnr JP.
Hy was nog ‘n kranige naelloop atleet in sy laat 70’s

Rachelle ·

Heeltemal reg Piet. Ons bel gereeld maar kry geen antwoord van die hospitaal. Die oom is baie bekend aan ons familie. Dis n baie groot skok!

Sorika ·

Ek sit met ‘n probleem waar my twee boerboelle daagliks getart word deur mense wat verby ons huis loop en klippe gooi. In die week het die hek net te stadig toe gegaan en altwee boerboelle het uitgehardloop en twee swart manne die straat afgejaag. Gelukkig is niemand gebyt nie anders was daar jare se probleme. Hierdie kan dalk dieselfde geval wees waar die hond getart word en ongelukkig was hierdie arme oom op die verkeerde plek op die verkeerde tyd. Word gou gesond my Oom!

Sorika ·

Ek werk van die huis af en my twee boer boelle word daagliks getart em met klippe gegooi. Ongelukkig het ons hek net te stadig toe gegaan Disdag en altwee honde is by die hek uit en het twee manne by die straat af gejaag. Gelukkig het my man dit gesien en is dadelik agter na voordat iets kon gebeur. Die probleem met al hierdie honde wat so byt waaroor ons deesdae so lees kan miskien dieselfde wees waar ons honde daagliks getart word. Arme Oom JP was net op die verkeerde plek op die verkeerde tyd. Word gou gesond Oom!

dook ·

Die hond het opgetree, volgens sy natuur, eenige ander hond sou die selfde opgetree het, ongeag ras.Daarom is die hond ontskuldig, en nie al die honde insluitende die een betroke in die aanval, kan onder die selfde kamp, geskeer word nie.

Die oom is ook onskuldig, hy was net uit vir n stapie.

Dit los wie?

Takkie Takuuza ·

Ek het nog niks van die boomvashou brigade gesien nie. Die omie was mos nou seker weer in die hond se arena soos alle mense op aarde in die diere se natuurlike habitat die indringer is. Asof mense nooit op die aarde was nie en net diere die reg het om hier te wees. Nee ek praat nie dieremishandeling goed nie, ek probeer net op die realiteit van die werklikheid sinspeel. Terloops, die honde wat die oom aangeval het is doodgeskiet, om die oom te probeer red want hulle wou nie los nie. Dus verwag ek weer ‘n weenklaag oor die honde van kant gemaak is terwyl die oom veg vir sy lewe in die hospitaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.