Bejaarde deur kombuisvenster doodgeskiet

Argieffoto: Lorraine Claasen

ʼn Bejaarde man is deur die kombuisvenster van sy huis op ʼn hoewe in Springs aan die Oos-Rand doodgeskiet waarna sy vrou vir ure in die veld weggekruip het.

Die voorval het op die Welgedacht-hoewes plaasgevind waar die 82-jarige man en sy vrou, in haar 70’s, alleen in ʼn huis gebly het.

Volgens Pieter Koen, ʼn buurman van die egpaar, het ander mense wat ook op die hoewes woon omstreeks 19:30 skote gehoor maar kon hulle nie vasstel waar dit vandaan kom nie.

Koen is egter omstreeks 03:30 deur sy honde wakker geblaf toe sy bejaarde buurvrou by sy huis aangekom het nadat sy vir ure in die veld weggekruip het.

Die slagoffer en sy vrou was in die kombuis waar die vrou besig was om kos te maak toe die man twee keer deur die venster in sy bors geskiet is en op die grond geval het. Hy is op die toneel dood.

“Die tannie het eers gedink dit is haar man se vuurwapen wat aan sy sy was wat afgegaan het maar toe druk een van die verdagtes sy hand deur die gebreekte venster en maak die venster oop. Die tannie het geskree sy gaan hom met ʼn mes steek waarop hy geantwoord het hy sal haar skiet.”

Die vrou het hierna by die voordeur uitgehardloop en in die veld gaan wegkruip. Die verdagtes het by die kombuisvenster ingeklim en die slagoffer se vuurwapen gesteel. “Niks anders is gesteel nie. Daar was selfone, ʼn skootrekenaar en TV’s wat net so gelos is.”

Koen het intussen op die buurtwagradio hulp ontbied en die tannie in sy huis ingehelp. “Die egpaar se pitbull het by die oom se liggaam gelê toe ons daar aankom. Ons kon glad nie naby kom nie dan het die hond vir ons gegrom. Ons het die hond met ʼn kombers toegegooi en in een van die kamers gaan toesluit sodat ons by die liggaam kon uitkom. Die hond was verskriklik lief vir die oom.”

Die egpaar se een dogter wat in Roodepoort woon, het haar ook na Springs gehaas en haar ma is intussen in haar sorg. Die egpaar se ander twee kinders woon na wat verneem word in Engeland.

Volgens Koen was die egpaar veiligheidsbewus. “Die oom het wanneer dit begin skemer raak seker gemaak als is gesluit en het dan sy vuurwapen aan sy sy gehad.”

Koen het gesê die slagoffer se vrou het twee aanvallers gesien. Sy het nadat sy gedink het dit is veilig oor die plot se heining geklim en hulp by Koen gaan soek.

Kapt. Johannes Ramphora, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig. ʼn Saak van moord word ondersoek en die polisie het ʼn soektog na die verdagtes van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Santjie ·

Praat met ‘n muur… dalk sal dit help. HULLE GAAN NIE DIE DOODSTRAF TERUGBRING NIE! Sover ek weet is dit in die grondwet ingebring dat dit nooit weer mag teruggebring word nie

Netso ·

DOODSTRAF of NIE ? Wat maak dit saak? Wat kon die egpaar meer doen om hulle self “Weerbaar” te maak? Ag nee, dis ñ skande dat ñ blanke ooit sy voet in SA gaan sit het.

Selfbeskikking is al wat sal help ·

Ons kan nie die land deel met die mense wat nie eers wet en orde wil handhaaf nie maar eerder geld vir polisie vir eie gewin kaap. Ons moet op ons eie gaan.

Mel ·

So jammer oom. God sluimer en slaap nie. Mense op plase en hoewes moet alarmstelsels kry, sodat hul vooraf gewaarsku word. Ek dink daar moet vir elke plot plaas dit verniet ingesit word wragtig. Dalk moet ons maar oorlog hê en klaarkry want dis nou of ons maar net sit en wag v d dood wag v die vlg slagoffer. Vrouens het met slag v bloedrivier agter hul mans gestaan en aangemoedig en gebid. Dink dis tyd.

Pieter ·

Op die stadium sal net sowat 50 tot 75 miljoen minder ons land weer silwerskoon laat vir ons om veilig te bly.

Sorika ·

Ek het nie meer woorde nie, net ‘n stukkende hart. Dit is daagliks in MM van aanvalle op plase of moorde en dit breek my hart. Aan elke boer en hulle families wil ek vandag net sê dankie vir die opofferings wat julle elke dag maak om ons te voorsien van kos, veral met hierdie tipe geweld elke dag wat julle in die gesig staar. So jammer hierdie Oom is so vinnig weg geruk van sy vrou en kinders. My innigste simpatie aan Tannie en die kinders. Ek voel skuldig dat ek nie meer kan doen nie, maar ek bid elke dag dat die Here julle sal beskerm.

sweis ·

Die plaasbewoners moet vir hulle n strik stel beer val die met die tande moet voorkeur kry,strikke wat hom aan sy voet ophang ,rapporteer net aan die polisie en oor twee to drie weke waneer hulle die saak kom ondersoek sny hom vry en gee hom vir hulle.

Stephen Namibia ·

Mnr Koen. Jy moes al die Buurtwag geskakel het toe jy die skote hoor.

Hani ·

Stephen Namibia

Ek stem 200% saam jou….
Ons is maar net mense….

Santjie ·

Hulle sal nie want soos ek dit verstaan is dit daai tyd in die grondwet ingebring dat dit nooit weer ingestel kan word nie

Melanie ·

Solank daar gereken word dat plaasmoorde bestaan nie dit net miete sal niks daaraan gedoen word nie!Selfs nie eens oorsee word dit erken nie.

Mathilda ·

Het jy die berig gelees? Die man is deur die venster geskiet….weet nie hoe die honde hul moes gebyt het nie.

Skuus ·

Ek neem aan die hond was in die huis toegemaak. As die hond gebyt het, was dit weereens PITbull PITbull! Jy sal nie n beter hond kry as n Bull as dit by lojaliteit kom as jy hom met liefde grootmaak nie.

Jacoba ·

Matilda het jy gelees, die moordenaar het deur die venster geklim. Daarom die vraag, hoekom het die pitbull hom nie gebyt nie.

Johan m ·

ASB wees meer paraat. Hulle moes nooit na by julle venster gekom het sonder dat julle geweet het van hulle teenwoordigheid. En dan skiet om dood te skiet daar is genoeg bewyse van plaasmoorde.

Mathilda ·

Ek stem … en die feit dat die ou tannie oor die heining kon klim om by die buurman te gaan hulp soek, is vir my ‘n bewys dat daar nie genoeg sekuriteit in plek was nie.

Plaasbewoner ·

Dis tyd dat ons oumensies moet besef om op n plaas of plot te bly is ni vir hulle meer bedoel nie. Dis so hartseer dat die tannie dit moes sien. Ons vrouens gaan moet begin om met pistole te loop om onsself te beskerm.

Minora ·

Dis n oorlog teen wit mense maar ons mag nie terug baklei nie.Dis die laaaaaang nag van die lang messe.Een een sal hulle ons uit moor. Die kommunis voer n baie slim oorlog. Hulle het nog nooit ophou baklei nie.

Elna ·

Dit het tyd geword mense…Tyd om reg in eie hande te neem. Hulle voer n oorlog teen ons en ons staan magteloos?? Dis tyd om aan hulle te doen wat aan ons gedoen word.

Marinda ·

Klink vir my hulle wou net die oom vermoor en sy vuurwapen hê.
Jammer aan die tannie en haar dogter vir julle verlies.

Paul ·

Dit help nie die doodstraf word terug gebring nie want die wit slagoffers se aanvallers word nooit gevind nie

Hoc est bellum ·

Die aanvallers se taktiek verander elke dag. Wie lei hulle op?

Donderstorm ·

Die mense moet hul vensters saans toe maak sodat mense van buite nie kan sien wat binne aangaan nie en ook nie kan sien dat daar n lig brand nie ons moet daagliks leef in tronke vir ons eie veiligheid waar politikiste met veiligheids wagte loop en met die beste sekuriteit leef

Jerry ·

Mense moet kennis neem dat die modus operandi van rowers op die lafhartigste maniere denkbaar uitgevoer word. Die sekuriteitsbeamptes wat onlangs op soortgelyke wyse doodeenvoudig doodgeskiet is waar hulle in hul voertuig gesit het en wie se vuurwapens geroof is, het soos n veldbrand versprei en mense kan maar weet dit gaan die nuutste modus operandi wees. Die oplossing is om vuurwapens te dra sonder dat dit gesien kan word en natuurlik om blindings te he wat nie deurgesien kan word nie en om veiligheidsligte buite die huis aan te he wanneer dit donker raak en om honde buite die huis te he en om n hond in die huis te he en om nie na n vertrek te beweeg waar jy hoor hulle inbreek nie, maar om so n vertrek te vermy en jouself af te seel indien jy nog n veiligheidshek het tussen jou en die vertrek waar hulle inbreek en om vir hulle te wag om in jou hinderlaag in te kom, nadat jy natuurlik die polisie ontbied het! Wanneer jy hulle in jou skootsvak het praat jy nie, jy skiet, dag of nag, binne of buite die huis! Daar is soveel ander veiligheidsmaatreels wat getref kan word wat kan verhoed dat rowers jou deur n venster kan skiet en kwesbare mense wat op afgelee plekke bly moet met kundiges skakel wat julle van noodsaaklike advies kan bedien! Byvoorbeeld sal alarmstelsels in n hoewe huis nie meer help nie, dit moet buite die huis wees ens.

toy ·

Dit is verskriklik om te dink daar word niks aan die moorde gedoen nie “blind eye” maar God sien hy slaap nie.

Boerin ·

Stem saam Elsabe…Dan is die land net wit! Hulle is ten volle bewus hiervan..en laat die misdadigers een vir een van ons ontslae raak! Ons is sitting ducks! Gevangenes in ons eie land,hoe tragies!

Boerboel ·

Daar is iemand wat die goed reel. Hierdie is nie gewone misdaad. Jammer dat so iets moet gebeur. Daar was 15 aanvalle net oor die paasnaweek. Hierdie is om vrees en paniek te saai. Dis baie hartseer dat on kosmanjies stuk vir stuk verminder word. Boere wees waaksaam.
.

humor ·

Met die woorde “Niemand is nog in hegtenis geneem nie”. loop letterlik honderde moordenaars die land vol en hul suksesse kondisioneer hul al meer om voort te gaan met moord. Dit maak dat SA een van die onveiligste lande ter wereld is.

Boet ·

Wonder hoeveel die moordenaars betaal was om die moord te pleeg en deur wie.

Pieter ·

Ek glo elkeen van die moordenaars word betaal deur eff, blf en anc met Soros se geld.

hercu ·

aaaaa dankie tog, nog iemand wat soos ek voel tov “oumensies”, verkleinwoorde en ek hoop ook van “liewe Jesus” – dis net Jesus of Vader!

dankie Jaco!

sterkte aan die tannie & familie!

Woedend ·

Bring die doodstraf terug sodoende sal die tronke ook nie so oorvol wees nie en die kriminele lag want hulle word vet gevoer in die tronke en lewe te lekker. Lamsakkige regering en regstelstel.

Sarel ·

Slim Jerry,
Die oomblik as dit bekend word dat jy die moordenaar ingewag en geskiet het sal die SAPD jou beslis vir moord arresteer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.