Bejaarde deur spesialiseenheid gehelp ná val

Foto: Netcare911

Foto: Netcare 911

Paramedici moes Donderdag ʼn bejaarde vrou te hulp snel nadat sy by haar woning in Amanzimtoti in KwaZulu-Natal geval het.

Die voorval het gebeur toe die vrou kop eerste van die trappe agter haar huis af geval het.

Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het die vrou se bene “onder haar ingegee” en het sy kop eerste by die trappe afgetuimel. Volgens paramedici op die toneel het “sy veelvuldige beserings opgedoen”.

Botha het gesê die uitleg van die terrein het dit onmoontlik gemaak om die vrou van waar sy gelê het tot by die ambulans te dra. “Ons moes die hulp van ons spesialiseenheid wat kundiges op die gebied van bergreddings is, inroep om die pasiënt met spesialis-toerusting te laat afsak na die ambulans,” het hy gesê.

Die vrou is na ʼn plaaslike hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Ag oumatjie, word tog gou gou beter! So dankbaar sy is vinnig gehelp!

SNEL ·

Goeiste, dit klink na n val en n half. Dit moes vreeslik gewees het, want net om op gelyke grond te val is seer, wat nog te sê om met trappe af te val, en hoe ouer n mens is hoe moeiliker buig alles en mens is soos n styf gespande gitaar snaar. Ek dink haar lyf is vreeslik seer na die val en ek wonder of sy nie n gewrig of iets gebreek het nie. Ai, almal sê altyd; jy moet versigtig wees jy moet mooi kyk waar jy loop en waar jy trap, en hulle gaan dit vir haar ook sê, maar geen ou wil val nie, versigtig of de nie, dit gebeur net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.