Bejaarde deur veld gesleep tydens kleinhoewe-aanval

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

ʼn Bejaarde man sterk tans in die hospitaal aan nadat hy Maandagaand op ʼn kleinhoewe buite Kroonstad in die Vrystaat deur ʼn onbekende aantal aanvallers oorval en erg aangerand is.

Hansie Helmbolt (78) se arm is ernstig in die aanval beseer en hy het ook verskeie snywonde en kneusplekke opgedoen nadat hy etlike meters ver deur die veld en bosse gesleep is. Helmbolt het Woensdagoggend aan Maroela Media gesê hy ervaar nog baie pyn in sy arm, maar hoop om later vandag ontslaan te word.

Volgens Helmbolt het hy Maandag omstreeks 19:00 van die kleinhoewe, van waar hy ʼn plaagbeheeronderneming bedryf, winkel toe gery. Hy woon tans alleen op die kleinhoewe nadat sy vrou in Januarie oorlede is. By sy terugkeer het hy sy bakkie in die motorhuis ingetrek en die voertuig afgeskakel.

“Toe ek opkyk, het ek reguit in ʼn pistool vasgekyk,” het hy gesê. “[Die aanvallers] het probeer om die bakkie se deure oop te maak, maar dit was gesluit. Hulle het vir my gewys om oop te sluit, maar ek het geweier en probeer om die bakkie weer aan te skakel sodat ek agteruit kon ry.”

Die aanvallers het egter die motorhuis se deur toegemaak en agterop die bak van die voertuig gespring. Hulle het die agterste venster stukkend geslaan, daarin geslaag om die deure van die bakkie oop te sluit en het vir Helmbolt uit die voertuig geruk.

“In daardie oomblik kon ek dit regkry om vinnig my paniekknoppie te druk. Dit was my behoud. As ek nie dít gedoen het nie, het ek nie vandag met jou gepraat nie,” het hy gesê. Die aanvallers het hom oor ʼn hek voor die huis gegooi en hom daar gegryp en in die bosse ingesleep. “Hulle het my minstens 50 m ver gesleep, oor die gruis en bosse deur die bome. Hulle wou my seker weg van die huis af kry sodat hulle van my ontslae kon raak,” het hy gesê.

“Naderhand het hulle my in ʼn ou hoenderhok gegooi en daar het hulle my herhaaldelik met ʼn vuurwapen teen my kop geslaan. Na elke hou het ek sterretjies gesien en ek het probeer regop kom, maar dan slaan hulle my weer.”

Op daardie oomblik het verskeie polisievoertuie en veiligheidsvoertuie by die kleinhoewe opgedaag en die aanvallers het laat spaander. Hulle kon daarin slaag om Helmbolt se persoonlike besittings, soos sy beursie en horlosie, te roof.

Volgens Helmbolt het hy ten tyde van die aanval gedink dat daar twee aanvallers is, maar die ondersoekspan het glo later op die beeldmateriaal van veiligheidskameras gesien dat vier verdagtes betrokke was. Volgens sy kennis is daar nog niemand in hegtenis geneem nie.

Helmbolt het gesê hy het reeds verskeie veiligheidsmaatreëls op die kleinhoewe, insluitend ʼn alarmstelsel, veiligheidskameras en spreiligte, maar sal nou nog meer veiligheidsvoorsorg aanbring.

Maroela Media wag op kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Hermann ·

My oom , Die enigste veiligheids maatreels wat jy moet aanbring is daardie CZ op jou skoot. Niks minder of meer nie.

Michael ·

Stem saam met Hermann en die 19H00 winkel toe gaan is nie aan wees volgende keer gereed en laat die CZ maar die praatwerk doen

Jan ·

Moenie so slim wees nie. As hy ñ cz by hom gehad het, was hy dood. Jy staan geen kans as daar klaar ñ wapen op jou gerug is op so kort afstand. Sterke oom. Hoop jou arm herstel gou. Jy het alles reg gedoen.

Ronell ·

Hermann en Muchael dit sou nie eers help as hy 20 vuurwapens ny hom gehad het nie. Dis vir my baie duidelik dat julle nie besef dat n persoon van 78, al is hy hoe fiks, eintlik weerloos teen 4 gewapedes is nie. Al wat sou gebeur as die slagoffer die sy wapen wou gebruik, sou een van die 4 hom summier geskiet het, en dan in elk geval sy wapen ook gevat het. Wie weet daai gsteelde wapen van die slagoffer skiet dan volgende nog n onskuldige persoon. Moenie altyd dink n vuurwapen is jou enigste uitweg nie, dit mag dalk wel net die rede wees waarom onskuldiges aangeval word. Ek het intensiewe vuurwapen opleiding en kan n pistool binne 30 sekondes heeltemal uitmekaar haal en weer inmekaar sit, maar my wapen bly in my kluis want ek weet al is dit aan my persoon en is dit oorgehaal en ek net die veiligheidsknip moet druk om te kan vuur, staan ek geen kans teen 2 of meer aanvallers nie. Adrenalien vrees en skok laat jou anders reageer as dit waarin jy opgelei is.

Michael ·

Jan ek respekteer jou opinie maar dit is presies hoekom dit so gaan die aanvallers kan nie glo dit is so maklik om n boer in sy agtererf pak te gee nie verander die statistieke en kyk of die lafaards hulle suksesvolle statistieke verbeter.

Leahim ·

Hier gaan ons alweer een klomp se gee oor en vat jou slae en hoop hulle maak jou nie dood en die klomp wat ek ondersteun veg terug en as jy val vat soveel moontlik saam met jou sodat hulle nie n volgende boer kan aanval nie.

Protes ·

Ronell verkoop daai wapen wat so in die kluis gehou word die skurke gaan hom vat en gebruik om ons mense te vermoor

Eish ·

Nie woorde nie my Oom, nie woorde nie. Stel maar n paar slagysters met die plaagbeheermiddels vir diegene wat nie padlangs kom nie.

johnny_walker ·

my veiligheid word verseker deur drie kwaai brakke wat in my huis slaap en Meneer Sameul Colt , 45 acp , kom maar my maaitjies my hek is altyd oop en dit is maklik om in my huis te kom …..maar dit is soos die Hotel California , jy sal nie vertikaal weer uitgaan nie

Marisa ·

Dankie tog dat daar ‘n paniekknoppie was om te druk, en dat daar REAKSIE daarop was.

Haan ·

Ek sal probeer om dit meer diplomaties te stel as wat ek in die vorige kleinhoewe aanval kommentaar gedoen het:
Hierdie oom het sy WEERBAARHEID besef en het n DAADWERKLIKE oplossing gesoek om homself te beveilig, nl n paniekknoppie.
“wie nie n swaard het nie moet van sy klere verkoop en vir hom een aanskaf” Luk 22:36
Ons het net mekaar, ons God,en ons gesonde verstand. Vrede Burgers

Deon Scheepers ·

Bring die doodstraf terug , ook vir poging tot moord, soos in diê geval

Sushi ·

Janee maar dit is mos NIKS in vergelyking met die KFC fight nie. Die manne is uitgetart by die KFC, die aanval het nie net sommer gebeur nie. Die boere op die plase word almal onskuldig gemartel en doodgemaak en dan word ‘n saak van huisroof ondersoek. Die hele stelsel is opgeskroef, die speelveld is ongelyk en ons drink shampagne en eet sushi in die borrelbad, en is net baie bly ‘dat dit met ander mense gebeur’ want ons bly mos nie op ‘n plaas nie, ons is nog veilig.

B.Man ·

Ek wil net by vieg dat ek die beeld materiaal gaan aflaai het vir SAPS. As julle net kan sien hoe vinnig dit gebeur sou geen een van ons n kans gestaan het om eers daaraan te dink om n vuurwapen uit te haal nie .

Jean ·

Aanhaling:

Volgens Helmbolt het hy ten tyde van die aanval gedink dat daar twee aanvallers is, maar die ondersoekspan het glo later op die beeldmateriaal van veiligheidskameras gesien dat vier verdagtes betrokke was. Volgens sy kennis is daar nog niemand in hegtenis geneem nie.

WAAR IS DIE VIDEO ONS SOEK BEWYS!!!

B.Man ·

Ja natuurlik mag ek mos die video vir julle almal . Ek kan nie . En o ja julle glo seker nie dat ek dit gebackup het nie .

Let op ·

Let op of jou honde aangedraf kom sodra jy by die hek wil inry, indien nie moet jy besef daar is GROOT FOUT.

Wessel van Rheede van Oudtshoorn ·

Dis uit genade dat oom Hans vandag nog met ons is. Mag Onse Vader hand van beskerming my familie bewaar en ten alle tye beskerm.

Elsa ·

Ons arresteer hierdie booswigte…rowers..in die Naam van Jesus….dankie Vader dat U oom Helmbold volkome genees …
hoe gaan ons ontslae raak van hierdie bose kringloop van aanvalle op boere en gesinne? tyd dat betroubare polisie sigbaar is dag en nag die land vol saam met weermag van die land….ons het reg op beskerming maar wat doen die regerende party om beskerming te verseker?
meer as ooit sal ons moet bid dat wyse manne sal begin opstaan en aandag gee…nie wag vir statistieke van ” nog n plaasaanval nie” gee aandag en samewerking regeerders….nie voete sleep…. dis nou net eenmaal genoeg….

Fanie ·

Die oom het darem tyd gehad om die paniekknoppie te druk. Soms het ‘n mens kans om jou vuurwapen te gebruik en ek moes dit Maart 2005 teen drie uitskiet. Twee dood, een gevlug en ek gewond. Maar ek het ‘n kans gehad en baie genade van onse Vader. Meeste van die tyd is daar nie kans om eers daaraan te dink nie, nieteenstaande nog jou wapen uit te haal en te gebruik. Ek is net bly dat die oom leef en daar beeldmateriaal is om moontlike verdagtes in die hof te kry. Ons moet maar meer paraat raak en as jy ry jou onmiddelike omgewing observeer.

Elsa ·

Jammer dat bekende man ook moes deurloop deur aanvallers, skelms, booswigte, moorddadige mense, wat net wil bekom wat nie aan hul behoort nie en die rede is seker weer werkloosheid?
a nee a tyd dat betroubare sigbaarheid ,Polisie, weermag, oral op elke plaas en kleinhoewe ontplooi word, ja dit is moontlik want teveel aandag aan korrupsie laat na om veiligheid eerste te stel vir ons land se mense…mag die vyande met blindheid geslaan word as daar nog een beplande aanval oorweeg word, mag hierdie die laaste wees, dankie dat Hans lewe, en gou sal aansterk, regering draai jul fokus en help dat ons veiligheid eerste prioriteit geniet….anders kan jul ook teiken word…… Help ons Here, U is ons toevlug

Elsa ·

Tyd dat regering aandag gee aan die aanvalle en moorddadigheid…kan nie so aangaan nie….

anton ·

Ronell, jy sê jy het intensiewe wapen opleiding gehad maar glo n wapen in n kluis is beter???
So ek koop n motor, het n bestuurslisensie en dan los ek hom in die motorhuis want dalk gaan hulle dit steel.
As hulle jou oorompel in jou huis gaan hulle elkgeval daai wapen in die kluis vat, so wat help dit?
Wat is dan jou antwoord om jouself te beskerm???
En as jy nie n kans staan, volgens jou teen 2 of meer nie, is ons almal se lot dan maar seker om 6vt onder te gaan want hulle kom ALTYD 2 en meer.
En terloops, dit is juis vrees wat n mens help om te oorleef!

Sê maar net ·

Ja, wraggies, Anton…ek het nou onlangs my wapenopleiding vir selfverdeging gedoen. Het my lisensie gekry…hiep hiep hoera. Ek is ‘n vrou en gaan wraggies hom gebruik as ek moet…al is daar 2 of meer, ‘n kans is beter as niks nie!

Tina du Toit ·

Dis die grootste fout wat jy kan maak om jou wapen in kluis toe te sluit. Ons weet almal dat die rowers gaan vir kluise. Hulle martel jou byna dood om dit net oop te sluit en dan vlug hulle met jou wapen en gaan moor iewers anders. Jy kan gelukkig wees om lewendig agter gelaat te word. Sterkte Oom, sterk vinnig aan.

Johannes Meintjes ·

Die huis, plot en plaas bewoner se situasie is dikwels ongelukkig blootgestel, – eerstens omrede enige beskaafde land sy burger behoort te beskerm en misdaad of terreur geen plek behoort te he in die wonderlike nuwe SA nie. Dit is nou ongelukkig so dat misdaad toeneem en plaasaanvalle duidelik nie net aan “gewone misdaadpatrone” toegeskryf kan word nie. GPF, SAPD en AfriForum se pogings en mooi toeprake asook publisiteit word op prys gestel, maar slaag nie werklik om plaasaanvalle te stuit nie. Die verskil sal kom as die landbouboer en geteisterde burgers daarin slaag om hul Buurtwagte en totale samewerking, asook beveiligingsmetodiek, so te posioneer en uit te voer dat dit ‘n onteenseglike boodskap uitstuur. Tot dan, al sluimerende, kermende en talmende, – gaan ons bloei.

Werner ·

Ronell lyk my jou wapen opleiding sterk net tot uit mekaar haal want as jy geleer het om hom te gebruik sou jy sien dat 98 % van aanvallers hardloop weg sodra jy op hulle begin vuur hulle is nie bereid om te sterf vir die geld wat hulle by jou kan roof nie hulle sal eerder n maklike trike not soek wie se wapen in kluis is want dan kry hulle nog defnetief n wapen ook verkoop hom maar as jy hom daar wil bere

Verbaas ·

Dit is altyd so ironies dat “nog niemand in hegtenis geneem is” wanneer dit by plaas aanvalle kom, maar as dit omgedraai is, dan word daar baie vinnig iemand gearresteer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.