Bejaarde dood in begraafplaas gevind ná plaasaanval

Miemie Frost. Foto: Verskaf

ʼn Bejaarde vrou van Bethlehem se liggaam is Saterdagoggend ná ʼn ure lange soektog in ʼn begraafplaas aangetref.

Die 72-jarige Miemie Frost het alleen op ʼn plaas buite die dorp gewoon. Sy was ʼn weduwee en het van die grond op die plaas ook uitverhuur.

Volgens Isoldé Laesecke, AfriForum se takvoorsitter in Bethlehem, is Frost se bakkie vanoggend omstreeks 2:00 in die dorp opgemerk en is daar dadelik na die plaas, wat sowat 30 km uit op die Kaallaagtepad geleë is, gejaag.

Frost se vuurwapen en ʼn flitslig is in ʼn varkhok op die plaas gevind. Volgens Laesecke was daar geen bloed nie en daar was ook geen tekens van ʼn struweling in die plaashuis nie. Daar was egter ook geen teken van Frost nie en ʼn grootskaalse soektog is onmiddellik van stapel gestuur.

Frost se foon was af. ʼn 40-jarige man is intussen in hegtenis geneem in verband met die voorval en Frost se liggaam is omstreeks 10:00 in die Utopia-begraafplaas aan die buitewyke van die dorp aangetref. Sy het glo verskeie kopwonde opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Konst. Puleng Lebakeng, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig en gesê die verdagte het glo voorheen op die plaas gewerk. Hy word van moord aangekla en sal binnekort in die hof verskyn.

Frost het volgens Laesecke op klein skaal geboer. Haar twee dogters woon die een op Bethlehem en die ander in Bloemfontein.

Volgens Laesecke het landelike beskerming, AfriForum, die polisie en ander organisasies saamgewerk om Frost op te spoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Kootjie ·

Sulke helle!! Jy voer hulle gee klere en sorg ook vir die kinders!! En dan
………Wat kan ek se!!!

Pottie ·

Ek se eerder niks ons blankes is so slim nie mand sal ons niks se nie ons weet als dit is hoekom ons is waar ons is

karen ·

hoe laat kinder ma alleen op plaas bly ? Moet asb nie se sy wou daar wees Jy weet oumense word soos kinders en as jy wou kon jy jou ma oortuig om by jou te kom bly. Ek moet ook alleen regkom bly alleen maar my meisiekind Sal ook eendag se “ek moes harder probeer”

$ ·

Karen? Die kinders ervaar pyn en smart, dan kom gooi jy julle met klippe?

En dan, jou laaste stelling: dit lyk asof jy alleen bly omdat JY daarop aandring, maar terselftertyd wil hê jou meisiekind moet met selfverwyt sit as jy sterf? Hoe kan mens só eiesinnig en selfsugtig wees en jou kind sulke hartseer toewens?

Pottie ·

Ek is n lid van afriforum maar hulle bly maar ook net praat word net wakker mense asb praat gaan ons niks help nie dit is van al die praat dat ons is waar ons is sterkte hou julle maar aan hou praat

De Villiers ·

@Pottie, Afriforum doen fisies meer as meeste politieke partye, doeltreffend ook, en oor sake wat regtig saak maak. As jy verder in die berig lees het Afriforum se lede fisies gehelp met die soektog na haar, en eers later gepraat.

Abe ·

Pottie,
As jy so teesinnig is om te praat, hoekom het jy selfs 2 kommentare hier? As jy so ywerig is om te doen, wat stel jy voor moet gedoen word? Het jy self al iets gedoen?

Nico ·

Pottie ons is waar ons is a.g.v al die 1992 ja stemmers en magtige fw wat spekvet wegkruip.

Ig ·

Pottie, wat se snert praat jy? Wie het nou vyande nodig met sulke vriende? Miskien het jy n oogarts nodig want sien doen jy nie.

Hannelie odendaal ·

Hoekom gooi jy nie skouer aan die wiel en begin dinge doen saam met Afriforum? Saam werk is die belangrikste! Hulle doen Baie meer net hogs ale, nagtelike plaas aan aanval hulp en help skelm a soek, paaie regmaak, vuilgoed Laat optel en dorp onderhou!! Wat is jou deel wat jy doen as lid?

Judie ·

Ek is al so moeg om te hoor hoe dom, swak, blind ens ons blankes is. Nou kom julle grootbekke: vertel ons van julle groot plan. Wat gaan ons doen? Gaan ons sommer gou gou die ou paar miljoentjies in die see jaag? Baie van ons is oud, arm en party sieklik. Ons besit nie wapens nie. Kan nie bekostig om oorsee te gaan nie. Gee ons julle groot raad ons is in!!

Pieter ·

Pottie, jy praat nou soos n mamparra. Lees tog net die berig, nie net die opskrif en eerste paragraaf nie.

Claudia ·

Karen, tante Mietsie wou nie op die dorp by haar dogter se huis in bhm Kom bly nie. My hart is Baie seer, mag Jesus ons gou Kom haal. Riv tannie Mietsie

Christine ·

Daar moet drasties iets gedoen word raak net erger en erger wat gaan aan met ons siek wereld .Sterkte aan dogters so wreed.Moord ,korrupsie neem die wereld oor.

Pottie ·

Christine los die mense hierdie anc terroriste gaan hulle n groot verassing gee

Jo ·

Dan wat? Hoekom staan jy nie so op vir iemand anders se moeder nie? Nee, want dit raak nie jou hart nie.

Grassie ·

Malema en Ace Magashule het albei gesê hulle peoples moet witmense aanval, nie hul mede swart burgers nie. Ook Andile van BLF het gesê die onlangse aanvalle op buitelanders is net ‘n “dress rehearsal” vir die aanvalle wat op witmense gaan plaasvind. Dit is blatante opsweping om wittes uit te moor. Ek glo hierdie sg “leiers” is daarom medepligtig aan die moorde soos hierdie een op die weerlose dame. Die wiel gaan nog sekerlik draai, hoe gouer hoe beter.

Catherine ·

Do you think her family will be visited by president ?I think not

Susan ·

Gaan haar begrafnis op op TV uitgesaai word en gaan CR iets op TV sê daarvan. Ek ek wonder maar net. Nou ja sy is wit. Innige simpatie met naasbestaandes. RIP

Jannie van Niekerk ·

Nee Susan hy gaan nie met haar familie simpatiseer nie want in sy hart stem hy saam met die moordenaar asook met Malema, Andile en Ace, dat wit plaasboeere aangeval en vermoor moet word. Skrikwekkend is egter dat daar wit vooraanstaande wit wynboere en selfs prominente politieke kommentators is wat CR as held en redder van ons land beskou.
Ironies red hy nie die wit produsente wat kos op ons land se tafels sit nie. Om ‘n landbouer in Suid Afrika te wees is die gevaarlikste en ondankbaartse beroep in die hele wêreld.

Ig ·

Ons benodig n government wat vir ons nasie kan opstaan en baklei en wat die skuldiges behoorlik kan laat geld vir hulle dade.

Mariaan ·

Vrou alleen op plaas nog in ons land!! Waar is ons verstand…nee man…mens kan tog nie eers dink dat dit nog “ok” gaan wees nie….sagte teiken! Jammer…ai

Krielkie ·

Wel, Mariann, soos dit nou is sit ek ook alleen op n plaas, na my man se dood. Ek kan nie genoeg vir die grond kry (as ek nog n koper kan kry, bygesê) om iewers anders te gaan woon nie. Wat stel jy voor? Te oud om te emigreer, te oud om te werk mmm, mmm.

Mariaan ·

Krielkie….dis jou lewe..maar ek sou n plan maak…verhuur dalk grond? Het jy kinders wat jou dalk kan help? Moet tog asb NIE alleen op die plaas bly nie….dis lewensgevaarlik elke sekond vd dag!!

Carin ·

‘n 83 jarige tannie is vannag in ‘n tehuis vir bejaardes in Schweizer deur ‘n inbreker vermoor. Ons almal is sagte teikens, waar jy jou ookal bevind. Dit help baie om weerbaar te wees maar mens bly kwesbaar weens die verrassingsfaktor. In watter mate moet jy ophou leef net om te oorleef?

Ander Koos ·

Dit is bewese feit dat werknemers of gewese werknemers in meeste gevalle betrokke is wanneer ‘n misdaad gepleeg word. Werkgewers moet dit allyyd onthou, niemand kan vertrou word nie, selfs al het die persoon 40 jaar diens geld dit nog. Makste honde byt die sserste bly waar

Foxi ·

Hulle het dan gesê daar is n afname in plaasmoorde, wat nou?

Zelda ·

Net my opinie, maar mens kan nie meer alleen op n plaas woon nie. Vrou alleen op hoe ouderdom. En in alle respek as jy iets hoor buite kan jy ook nie uitgaan met flits en geweer alleen. Hul wag jou lankal in. Meeste plaasmoorde het mense uitgegaan as hul iets hoor en is geambush of is alleen of aanvaller is bekend en ken jou wee en roetines. Dis al van die Suidwes-oorlog af n reel dat plaasboere hul oumenae, vrou mense en kinders in erge terrie tyd dorpe toe stuue na of families of eie plekkies huur. En almal word opgelei om te skiet, maar steeds nie alleen op plaas. Dis nie dapper nie, dis roekeloos. Jammer oor die dood van die dame, maar ek voel kinders moet hul ouers nie meer alleen los op plase. Hierdie geld ook dorpenaars om nooit uit te gaan as jy iets hoor. Wag hom in. Ou gesegde-If someone come to shoot you, shoot him first, but remember to wait for him.

Colet ·

Elkeen doen maar soos hy of sy goed dink, maar laat ons baie ernstig leer uit hierdie situasie. Sulke dinge gebeur op plase, maar ook in stede en dorpe. Sterkte aan die tannie se geliefdes.

SjN ·

Cele gaan seker ook n statistieke toespraak lewer op die begrafnis.

Sê-maar-net ·

My innige simpatie aan die kinders en familie van Tannie Minnie Frost. Elke moord is een moord te veel. Op 72 is ‘n mens regtig nog nie “bejaard” nie. (Asseblief, Maroela!) Sy is voorgelê en met voorbedagte rade vermoor. Dit kan enige persoon op enige ouderdom tref. Ja, ek dink ook nie vroue hoort alleen op ‘n plaas nie. 25 jaar gelede was dit okei, maar nie meer nie.

sannie ·

Net ‘n dier wat wag op sy prooi so het hulle al ‘n ouer dame in Senekal jare gelede ook vermoor glas water gevra toe sy dit aangee gryp hulle haar arm vermoor haar
Jy kan waar bly
Lafaards wat sagte teikens vermoor

TLC ·

Angswekkend
RIV mevrou
Gee my koue rillings wie is volgende
Ek het my huis verkoop maar prokurers vat hul tyd so ek allen in huis vir 2 aande word klippe op my dak gegooi seker om te kyk of ek uitgaan gelukkig het ek security wat weet van dit en hul hou ogie
Maar ek raak ongemakik
Mag God ons almal bewaar
RIV mevrou

Elvira ·

Ja Malema, hierdie is n direkte gevolg van jou hast teenoor blankes. Jy se mos ons moet oppas want dis nie meer lank nie. Wel ons sal moet sien nè.

Ian ·

Hierdie groep mense is lank reeds besig met silent warfare hulle moor bietjie en stukkie vir stukkie genoeg sodat dit nie onder die aandag van die vn kan kom as massa moord nie. Een van die dae gaan daar omtrent niks meer boere wees nie punt no1 die boere is naief as hulle dink dit ganie met hulle gebeur nie. Hulle almal weet al dat die werkers gebruik word vir info insamel en meeste van die tyd voer hulle die moord uit. Soft targets is eerste prioriteit en dit is wat die dierbare tannie was. Vingers wys ganie help nie maar die opgradieering van jou veiligheid is. Vuurwapen is moeilik om te bekom maar nie n gaspistool en n taser gun nie daar is selfverdediging tools wat nie so duur is nie wat n mens ka bekom.

Mariette ·

Nou hoe is dit dat so ‘n bejaarde ou tannie ALLLEEN op ‘n plaas bly, veral aangesien ALMAL in Suid-Afrika weet dat dit nie veilig is nie!

Lana ·

Mariette, al ooit gedink dat ons eintlik veronderstel is om te vra:
Nou hoe is dit dat so bejaarde tannie vermoor word op haar plaas?

Boervrou ·

Ek voel janmer vir die mense wat so negatief is oor mense wat op plase bly..ek as kind het op n plaas groot geword.Ek en my man het getrou en het een seun.Ons het al die jare in n dorp gebly.Ek wou nog altyd terug keer na n plaas toe..ons as gesin het deur swaar tye gegaan..ons het gebid en vir die Here gevra vir n nuwe uitkoms en vir my man vir werk.Die Here het ons gebed beantwoord my man het n goeie werk op n plaas gekry..ons is nog nooit eendag spyt dat ons getrek het nie…die Here sal nie vir jou deure oop maak as hy weet jy gaan dit nie kan hanteer nie.Ek is meeste van die tyd vrou alleen op die plaas…maar ek gaan nie dat ander mense se negatiefwe tyd my lewe verwoes nie.Ek spreek positiewe goed uit oor ons lewe.Ek is dankbaar vir dit wat ons het,en dat Jesus elke dag saam met ons is.

Magda ·

Jammer om te se maar mens moet hulle net nie meer indiens neem nie – sal dit graag wou doen, maar dit is nou al oor en oor bewys dat hulle verantwoordelik is vir meeste vd moorde. Baie sterkte aan die familie, en ek vra ASB bring die DOODSTRAF terug vir ALLE Moorde. As jy moord pleeg en jy is skuldig bevind kry jy die DOODSTRAF.

Kalahari ·

Ek voel siek elke dag lees mens net hoe ons mense vermoor en gemartel word. Dis depressief om elke dag so in vrees te lewe en te wonder wanneer jy deel van die statistiek gaan wees. Ons is vasgevang in n situasie wat nie gaan verbeter nie.

Bertus ·

Ons het ‘n epidemiese siekte nodig om die getalle minder te maak. Niks anders gaan werk nie. Bid daarvoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.