Bejaarde egpaar aangeval in Parys

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Bejaarde egpaar is die naweek in hul huis in Parys in die Vrystaat aangeval waartydens die vrou gewurg en haar man met kabelbinders aan sy rolstoel vasgebind is.

Kapt. Livhuhani Hani, woordvoerder van die polisie, het gesê die bejaarde egpaar het omstreeks 20:40 Saterdag gesit en televisie kyk toe hulle deur drie mans oorval is. Twee van die mans het balaklawas aangehad.

“Die swaar gewapende mans het die egpaar met vuurwapens gedreig en hierna die 74-jarige vrou gewurg. Haar man is met kabelbinders aan sy rolstoel vasgebind.” Volgens Hani het die verdagtes met vuurwapens, juwele en ander huishoudelike goedere gevlug.

“Familielede het die Sondagoggend op die egpaar afgekom en die polisie is ontbied.” Volgens Hani het die verdagtes glo die diefwering by een van die vensters afgebreek en so toegang tot die huis bekom. Die omvang van die egpaar se beserings was nie onmiddellik bekend nie.

Hani het gesê daar is die afgelope ruk ʼn paar soortgelyke voorvalle in Parys aangemeld. Enigiemand wat inligting het oor die voorval en kan help met die inhegtenisneming van die verdagtes word versoek om kapt. Gert Bruwer by 082 466 8094 of 082 554 3041 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

R Eaton ·

As dit n wit aanval op n swart egpaar was sou die opskrif gelees het- Swart egpaar aangeval deur wit rassiste.

Dirk ·

Nee jys verkeerd sou gese het wit man brutally assaulted, raped and then killed poor black couple.

Tinkie ·

Dit is so verdraai die samelewing.
Hoekom haal sulke gevalle net Maroela Media?

Hennie ·

Bejaarde mense, man in rolstoel, balaklawas, swaar gewapen, alles tekens van lafharts wat konsentreer op sagte teikens. En die polisie praat van ‘n aantal soortelyke gevalle wat voorgekom het, wat dan sekerlik dieselfde groep is. Uiteraard geweldig moeilik vir die polisie om op te los, veral in ‘n klein dorpie soos Parys in die Vrystaat! Moontlik is die manne met die balaklawas nog polisiemanne. Geen wonder hulle sukkel so nie . . . !

JCS ·

Ek luister, maar ek hoor nie iemand “rasisme” skree nie…….

Besorgd ·

Dit kom alhoemeer voor en raak baie van ons wat familie het wat daar bly. Daar is baie van ons geliefdes wat daar aftree omdat dit nog relatief naby Johannesburg en Pretoria is. Ek is oortuig in my gemoed dat hierdie net bloot roof as motief is nie, maar dat die uitsprake van leiers hierdie aanvalle en blatante moorde aanwakker. Die lafhartigheid om ou mense en kinders te teiken wys op die mentaliteit en “slapgatigheid” van hierdie aanvallers. Die wiel gaan draai en ek is bevrees dat dit tot grootskaalse anargie gaan lei. Wonder net as daar nou ‘n klomp blanke bendes die townships invaar en dieselfde doen.

Wtf ·

Besorgd- nee dan sal al wat polisieman en sommer die weermag geroep word om die witmense of soos hul sal sê die rassiste te vang…. hul mag roof,moor en verkrag nes hul wil…

Nostalgie ·

Ek onthou toe ek in laerskool was, hoe ons bejaarde bediende(wat my help grootmaak het) in die straat gestap het kafee toe, en hoe wit kinders op hul fietse haar in die verby ry so hard grond toe geskop het, dat ek my pa by die werk moes bel om om haar daar in die straat te kom optel met die kar en hospitaal toe vat. Die kinders het niks oorgekom nie, die was soos Steve dit afmaak, as kattekwaad.
Miskien het die wiel lankal gedraai.

Karma1 ·

@Nostalgie …. ek sou daardie insident met die wit kinders en jou swart “grootmaak-ma” nie as kattekwaad beskryf nie. Had dit ek of my broer gewees wat so iets gedoen het, het ons agterente van hier tot onder by oom Daantjie in die kalwerhok gebrand – en my pa-hulle was stoere KP-mense! Miskien het die wiel reeds gedraai …. Die kinders wat tóé gely het onder die ‘kattekwaad’ van kinders soos daardie, is vandag se garde van 30 – 40. Maar dit is nie ons eie mense wat so moor en verniel nie – dit is die spul inkomelinge in die land! En hulle doen dit, so glo ek, omdat misdaad ‘n ‘lewe’ geword het – dit is makliker om te steel en te moor, as wat dit is om te werk en dwelms speel ook ‘n groot rol.

Uvonka ·

Slapgat lafaards!!! Val weerlose ouer mense aan, sal nie hul man kan staan teen iemand wat terug baklei nie.

Yster ·

Die aanvalle op blankes raak al meer en meer. En niemand in die regering sê n woord nie. Niemand verdoem dit nie. En wat word op die leer geskryf ” inbraak” ….so lyk die statestiek net nog beter.

Kiri ·

Nostalgie, ek onthou ook vandag hoe ons wit skoolvriende in die karre wat hul ryk pappas vir hulle gekoop het, in die nag gaan rondry het opsoek na swart mense om te slaan. Dit was gewoonlik ouer swart mans wat laat van die werk moes huistoe loop. Dan het hulle hom geskop en geslaan tot hy “Jammer baas” geskree het. Dit was in 1989..

Ig ·

So Kiri en Nostalgie, daai jare se optrede deur regses gee nou goedkeuring om so op te tree deur mense wat nog nie eers gebore was nie?

Enjoupunt? ·

Dis hoekom ons gestem het vir rekonsiliasie. Ons het nie gestem vir vergelding nie. So jou stelling beteken niks. As almal hierdie siening het sal dit nooit endkry nie, dit sal net oor en oor herhaal word.

Grassie ·

Hierdie ontstellende, wrede wandaad teen twee weerlose wit bejaardes sal ook maar, soos honderde ander soortgelyke sake, net verbygaan asof dit ‘n terloopse, onbelangrike gebeurtenis was. Toe twee misdadigers, plaasaanvallers, ‘n tydjie gelede in daardie sefde omgewing op hul herrie gekry het was die hel los. Senior regeringsamptenare het daaroor gal afgegaan en die Valke is gestuur om dit te ondersoek. Die wrewel wat besig is om in ‘n mens se gemoed op te bou omdat mense van jou volk so verguis word is al naby aan kookpunt. Ek voorsien moeilike tye vir hierdie land in die nabye toekoms.

Ronel ·

Lamsakkige, patete. Baie braaf om oumensies aan te val en dan nog die een in die rolstoel vas te bind. Wonder of dit hulle soos H-man laat voel? Of Hulk? Hoop die oumensies is okay en dat hulle ten volle sal herstel.

liza ·

Net soos jy daar se Dirk ek stem saam, ons sal maar moet ernstig kyk na die diewering wat ons deesdae opsit, sal dit maar moet dikker maak en elektrifiseer dan, maar dit moet so lewendig wees daardie krag???? Wat my kwaad maak is hoekom ons oumensies so boelie en seermaak en doodmaak, hulle het nie daarvoor gevra nie, hulle is weerloos kannie hulle self help nie, lafaards julle wat so moor julle dink julle gaan wegkom ek het nuus vir julle, toe nie eendag gaan julle ook les opse…… Sterkte aan daardie 2 oumensies.

Soldaat ·

Wees paraat, mense! Suid Afrika het sedert 1994 amptelik in ‘n derde-wêreld land verval. Hier sien julle dit nou self.

Waarheid ·

kiri en nostalgia doen nou wat ons van sommige uitsprake wat OOK IN DIE OPENBAAR EN IN MEDIA herhaaldelik sing en sê en krap waar dit nié gekrap MOET word nié. AS RSA enigsins weer WIL vorentoe!! Sal almal die GOED uit VERLEDE MOET VAT en WERK.!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.