Bejaarde egpaar aangeval, van duisende rande beroof

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

’n Bejaarde egpaar van Sasolburg in die Vrystaat is Dinsdag vroegaand in hul huis aangeval en van ’n groot bedrag kontant beroof.

Die aanvaller is glo een van hul werknemers en hy het met R70 000 kontant op die vlug geslaan.

Brig. Sam Makhele, woordvoerder van die polisie, sê die egpaar, onderskeidelik 72 en 73 jaar oud, het omstreeks 18:00 van die winkels af tuisgekom en een van hul werknemers in hul erf aangetref.

“Die werknemer het hom by die kombuisdeur ingedwing nadat die egpaar by hul huis ingegaan het waarna hy hulle aangerand en met ’n braaivurk gesteek het.”

Die verdagte het die egpaar ná die aanval uit die huis gedwing waarna hy met ’n kamerasak met die kontant daarin op die vlug geslaan het.

Die verdagte het oor die heining gespring en is sedertdien soek.

Die egpaar is ná die voorval na ’n privaat hospitaal in Vanderbijlpark geneem vir mediese behandeling.

’n Saak van huisroof word ondersoek.

Die polisie doen intussen ’n beroep op mense om enige inligting oor waar die werknemer hom moontlik bevind by kapt. Jan Opperman by 084 409 7003 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
sterk soos n beer

mens los nooit so klomp.geld in die huis nie. los dit in die bank. dis moeilkheid soek

Suzette

Ek kan nie verstaan dat dit altyd HUISROOF is nie !!! Jy steek nie iemand met ‘n braaivurk as jy wil roof nie…. dis poging tot moord!

Kallie

Huisroof ? Eerder poging tot moord !!!

Plaaskind

Hier is weer n nuwe ding besig om kop uit te steek – kom ons boelie die oumensies wat hulself nie kan verdedig nie. Maak my siek dat iemand so laag kan daal en lafhartige hartelose duiwelsdrek.
Daar behoort poging tot moord / aanranding / doel om ernstig te beseer ook by die saak lysie te wees.

Pieter

En al wat ons blankes doen is praat.