Bejaarde egpaar dood gevind

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Bejaarde egpaar van Pretoria is Woensdagoggend dood in hul huis aangetref.

Kapt. Agnes Huma, woordvoerder van die polisie, het gesê die egpaar se huishulp het omstreeks 06:00 op hul liggame in die huis in Hercules afgekom. Sy het dadelik die polisie ontbied.

Volgens Huma is die 87-jarige man en sy 83-jarige vrou met koeëlwonde in die kop aangetref. ʼn Vuurwapen is ook op die toneel gevind.

“In dié stadium is die motief vir die voorval nog nie bekend nie en dit word deur die polisie ondersoek,” het Huma gesê. Sy het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek word deur die polisie gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Matilda ·

Ag nee. Hoekom verdink jul altyd die huishulpe? Goeiste! 2 kopwonde…wapen op toneel gevind. Huishulp kom op lyke af. Hoe verstaan jul dit nie??? Jul gaan seker ook nie SPUR toe nie,

Lietjie ·

kopwonde en vuurwapen nog op die toneel. Klink vir my soos selfmoord, want ‘n moordenaar verwyder gewoontlik die vuurwapen van die toneel.

Chris ·

Ag matilda bly j in droomland?die kaans is beter dat dit n “inside” job is as wat 2 ou mensies sal selfmoord pleeg?dan weet j ni rerg wat in di land gebeur en hoe ou mense di maklikste is om geteiken te word ni,lees bitji meer die nuus

TanyaK ·

Watter swak opmerk is die nie. Jy laat ‘n bitter smaak in my mond agter. Ek het op ‘n plaas grootgeword en daar het ek besef mens kry goeie en slegte mense!

Ada ·

Wonder wat Anel bedoel – dink ek is dat daar baie gevalle is waar dit inside jobs is.

Eugene ·

Dit kan selfmoord of familiemoord wees met geen 3de partye betrokke nie. Wag eers asb……

Dries du Toit ·

Ek dink julle is algar biki deurmekaar. Hierdie is dalk bloot 2 ou mensies wat nie meer kon cope met pyn en skete nie,nooir n kind of kleinkind gesien het nue of dalk n ernstige geldnood gehad het .Dalk was dit die die 2 mensies n beter uitweg.Here, neem hulle asb onder U vlerke

DC ·

Vir almal wat spekuleer…dis slegs spekulasie.
Kan net glo dat God se genade en liefde groter is as ons almal.
And they were loved, very very loved

Rika G ·

Stem saam Dries soos ek lees klink dit ook na selfmoord. Sterkte aan familie en vriende dink aan julle.

PIETER ·

LEES ASB DIE BERIG VOLLEDIG VOOR AFLEIDINGS GEMAAK WORD. N GEREGTELIKE DOODSONDERSOEK WORD DEUR POLISIE ONDERSOEK EN NIE MOORD NIE. STERKTE AAN FAMILIE.

Ai ai,! ·

Anel. Ouma. Dink dit is tyd vir van bank afklim en rond jou kyk. Daar is verskriklike dinge wat buite gebeur. Nie altyd n inside job nie. Dries het die observasie moontlik reg. Twee ou mensies wat om een of ander rede wou gaan rus vir ewig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.