ʼn Bejaarde egpaar word in ʼn Wes-Kaapse hospitaal behandel nadat hulle tydens ʼn huisbraak in Vermont naby Hermanus met ʼn hamer aangerand is.
Volgens lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het die voorval Maandag omstreeks 05:20 plaasgevind toe die bejaarde egpaar deur twee aanvallers gedreig en aangerand is.
AJ Meintjes, skoonseun van die egpaar, het ná afloop van die aanval aan Maroela Media gesê die egpaar is glo albei met ʼn hamer oor die kop geslaan en word tans in die hospitaal behandel. “Daar was baie bloed op die toneel,” het hy gesê.
Volgens Meintjes is sy skoonouers ouer as 85 jaar en woon hulle op ʼn perseel wat redelik beveilig is. “Dit is vir my uiters frustrerend omdat ek as oudweermaglid al lankal pleit vir verbeterde buurtwag-, plaaswag- en GPF-prosedure, en beswaar maak dat van ons plaaslike veiligheidstrukture in isolasie werk, nie behoorlik opgelei en toegerus is nie en nie die nodige politieke dekking of rugsteun geniet nie,” het hy gesê.
Volgens Traut het die rowers met huishoudelike goedere gevlug en niemand is nog in hegtenis geneem nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Aag nee toe, nou moet iets daadwerkliks gedoen word Minister van Wet en Orde ! Nou is dit glad nie meer SNAAKS nie !
Hulle haat die oumense verskrilkik want hulle glo die oumense was verantwoordelik vir hulle swaarkry gedurende die apartheids jare. Oom, tannie dit is baie sleg dat julle wat al so gevorderd in jare is die sagte teiken moes wees. Spoedige herstel en ons dra julle op aan ons Hemelse Vader.
Weerlose mense so aan te val, en beseer… dis inderdaat poging tot moord… so iets is in wetgewende lande op die voorblad! Is SA is daar nie genoeg voor of agter bladens vir al die misdaat nie
dis nou mense wat jy jou moet vereenselwig. Geen gevoel vir oumense wat hulle nie self kan verdedig nie.
AJ, wees kalm, hou kop, die regte tyd is oppad.