Bejaarde egpaar glo met hamer aangerand

ʼn Bejaarde egpaar word in ʼn Wes-Kaapse hospitaal behandel nadat hulle tydens ʼn huisbraak in Vermont naby Hermanus met ʼn hamer aangerand is.

plaas-polisie-veld

Argieffoto

Volgens lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het die voorval Maandag omstreeks 05:20 plaasgevind toe die bejaarde egpaar deur twee aanvallers gedreig en aangerand is.

AJ Meintjes, skoonseun van die egpaar, het ná afloop van die aanval aan Maroela Media gesê die egpaar is glo albei met ʼn hamer oor die kop geslaan en word tans in die hospitaal behandel. “Daar was baie bloed op die toneel,” het hy gesê.

Volgens Meintjes is sy skoonouers ouer as 85 jaar en woon hulle op ʼn perseel wat redelik beveilig is. “Dit is vir my uiters frustrerend omdat ek as oudweermaglid al lankal pleit vir verbeterde buurtwag-, plaaswag- en GPF-prosedure, en beswaar maak dat van ons plaaslike veiligheidstrukture in isolasie werk, nie behoorlik opgelei en toegerus is nie en nie die nodige politieke dekking of rugsteun geniet nie,” het hy gesê.

Volgens Traut het die rowers met huishoudelike goedere gevlug en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Anoniem ·

Aag nee toe, nou moet iets daadwerkliks gedoen word Minister van Wet en Orde ! Nou is dit glad nie meer SNAAKS nie !

Lindtjies ·

Hulle haat die oumense verskrilkik want hulle glo die oumense was verantwoordelik vir hulle swaarkry gedurende die apartheids jare. Oom, tannie dit is baie sleg dat julle wat al so gevorderd in jare is die sagte teiken moes wees. Spoedige herstel en ons dra julle op aan ons Hemelse Vader.

Cherokee ·

Kaf, die skuim wat daardie soort dinge doen is gewoonlik te jonk om ooit apartheid te kon ervaar. Dit is niks anders as lafhartige soek na sagte teikens.

Willie ·

Weerlose mense so aan te val, en beseer… dis inderdaat poging tot moord… so iets is in wetgewende lande op die voorblad! Is SA is daar nie genoeg voor of agter bladens vir al die misdaat nie

christa ·

dis nou mense wat jy jou moet vereenselwig. Geen gevoel vir oumense wat hulle nie self kan verdedig nie.

Francois ·

Hoe kan jy kophou as jy met n hamer oor die kop geslaan is ?

Snowball ·

Heeltemal korrek! Dié wat nie die see stroop nie, is besig met huisbrake.

GP ·

Watter soort wese slaan n 80 jarige tannie met ‘hammer?. Ek kan dit nie indink nie.

Word omgekrap oor die dinge. Wens ons kan saamstaan en se dit was nou die laaste.

Conrad ·

SPREUKE 16:7
As die Here tevrede is met ‘n mens se lewe, laat Hy selfs so ‘n mens se vyande in vrede met hom lewe.

Oordeel liewer nie. ·

Hartseer en pyn is ook deel van Christene se lewens. Slegte goed gebeur met goeie mense. Mag hierdie slagoffers ware liefde van ware gelowiges ervaar in dié slegte situasie.

Sann ·

Daar is geen mens op aarde regverdig nie, niemand wat net goed doen en nie sondig nie.
PREDIKER 7:20

Anoniem ·

Dis regtig so trwgies war in hierdie land aangaan mense wat nie hulself kan verdedog nie maar moet op sulke manier aangeval word swak van die regering om niks te doen aan oumense en weeelose kinders en vrouens wat hulself nie kan verdedig nie sterkte oom en tannie .

Sarel ·

Wat nog erger is is dat die slagoffer met n geweldige mediese rekening sit. Sou die aanvaller in die proses beseer word geniet hy medies op die belastingbetaler se rekening.
Verder maak die staat ekstra geld uit die BTW wat hieruit voortvloei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.