Bejaarde egpaar helder oordag in huis aangerand

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

’n Bejaarde egpaar, albei 77 jaar oud, is Dinsdagoggend in hul huis in Vanderbijlpark in Gauteng deur drie gewapende rowers oorval en aangerand.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê die rowers het om 11:30 die egpaar se huis in Wilgerstraat binnegekom. Die man was in sy studeerkamer toe die aanvallers hom oorrompel het.

“Die rowers het ’n vuurwapen op die man gerig en sy kluis se sleutels geëis. Hulle het hom daarna met die agterkant van die vuurwapen oor die kop geslaan,” sê Masondo.

Die man het onder meer kopbeserings opgedoen. Sy is vrou is intussen ook oorval en vasgebind.

Masondo sê die rowers het die kluis oopgesluit en juwele asook die man se vuurwapen gebuit. Hulle het in ’n grys Renault-voertuig gevlug en is steeds soek.

Enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van die rowers kan lei, kan die polisie se Stop Misdaadnommer by 08600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Androclus ·

Wanneer is genoeg,genoeg om mense so aan te val en beseer.(satanisme)

Onnie ·

Daar was duidelik “inside info”. Jy kan nie sommer enige iemand in jou persoonlike ruimte toelaat nie. “The enemy is living amongst us”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.