Bejaarde egpaar in hul huis vermoor

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in King Williams Town in die Oos-Kaap veroordeel die moord op ʼn 91-jarige man en sy 85-jarige vrou.

Kol. Sibongile Soci, woordvoerder van die polisie, het gesê die egpaar het by hul huis gebly saam met hul 22-jarige kleindogter, die kind van hul oorlede aangenome dogter.

“ʼn Buurvrou het haar kommer uitgespreek toe sy Vrydag nie die egpaar buite gesien het nie en het besluit om by hul huis aan te klop,” het Soci verduidelik. “Sy het by die oop voordeur ingestap en op die man en vrou se liggame in ʼn slaapkamer afgekom. Hulle het meswonde in hul bors gehad.”

Die gemeenskap was agterdogtig toe hulle nie die egpaar se kleinkind kon opspoor nie. “ʼn Soektog is van stapel gestuur en haar liggaam is gevind waar dit aan ʼn boom hang met ʼn tou om haar nek. Sy het bloedvlekke op haar klere en skoene gehad.”

Die bebloede voetspore by die huis pas by die tekkies wat die jong vrou gedra het. “Die polisie ondersoek twee sake van moord en doen ʼn geregtelike doodsondersoek.”

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het die moorde veroordeel. “Niemand verdien om op só manier te sterf nie, veral nie bejaarde, kwesbare mense nie. Gemeenskappe moet saamstaan en met die polisie saamwerk om enige misdadige optrede in hul gemeenskappe uit te roei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Lorna

O nee nee
Beteken dit sy het hulle vermoor en toe selfmoord gaan pleeg
O genugtig nee

Mariska

‘n Algemene kommentaar op misdade soos hierdie is gereeld dat gemeenskappe net moet saamstaan. Wat presies beteken dit? Wie is die “ons” wat moet saamstaan? En wanneer “ons” dan saamstaan, wat presies gaan ons doen? Vir ‘n geruime tyd is gemeenskapspatrollies gestaak tydens COVID, kommando’s mag nie meer bestaan nie. So… wat is die saamstaan dan?

netekalleen

Dalk was die oumense bang virmdie virus en het n plan beraam met hul aangenome kind. Wie sal weet.