Bejaarde egpaar in Jeffreys aangeval, man met mes gesteek

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Bejaarde egpaar is Sondag in hul huis in Jeffreysbaai in die Oos-Kaap aangeval en beroof.

Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, het gesê twee verdagtes, gewapen met messe, het omstreeks 06:30 op die egpaar se huis in Melkhoutstraat in die Kabeljous-woonbuurt toegang tot die huis verkry deur die motorhuis se deur oop te breek.

“Een van die verdagtes het op die man afgestorm wat besig was om televisie te kyk en hom met ʼn mes gesteek. Die vrou is tydens die aanval gedreig, maar nie beseer nie,” het Nkohli gesê.

Die verdagtes het op vlug geslaan met vier selfone en ʼn bedrag geld.

Die man is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Snowball ·

‘n Saak van huisroof? Maar iemand is met ‘n mes aangeval? Wat can poging tot moord? Selfs geweld met die doel om ernstig te beseer, klink ook nog beter, as net huisroof. Maar nou ja, dis SA en niemand is dood nie, so dis seker maar ok!

Anoniem ·

Dit hou net nie op nie !!!! Sterkte aan die oom rn tannie ?

Ongelukkig ·

En dit gaan net aan en aan en aan en nogmaals aan … en ons is al so gewoond hieraan … môre is daar weer ‘n nuwe nuutste stukkie trauma waarmee ons gekonfronteer word. En dan sê ons mos so ewe vroom en kuis en ai tog só geduldig en gedwee vir mekaar: “Gelukkig is niemand dood nie.” Ag twak man, hierdie land is ‘n rowersnes en ‘n totale mislukkig en die koning loop sonder sy klere rond en wil vir Trump vertel ons weet hoe om ons eie probleme uit te sorteer. Se dinges man. CR keer vir sy eie wickets – netnou kom Trump en sy gevolg agter ons regeerders is eintlik begeerders – van ander mense se plase se mineraleregte natuurlik!

Jannie ·

Hulle val gereeld OU mense aan en hulle kom met getalle om dit te doen! Dan dreig die lafaards se vet rooi mannetjie om “toe to toe” die Boere te konfronteer!!! LOL!! LOL!!

Elsa ·

die lafaarts sal aangekeer word..Wie nie wil werk nie sal roof , moor en verwoes, Sigbaarheid in alle omgeweings sal nou moet kom van Polisie en Sekuriteite….en dit is moontlik

Skaap ·

Klink as of dit is nie polities korrek is, vir wit mense om gereg te kry nie. Dit is nog ‘n voorbeeld van hoe RSA deur die ANC se ideologie gehardloop word, nie deur die grondwet nie. As iemand nog enige hoop het in die land se drie kern pilare; howe, grondwet en parlament dat lewe hulle nog in ‘n droomland.

Aged parent ·

Toemaar daar’s daar’s veelvuldige noodlodige taxi onhelukke….
.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.