Bejaarde egpaar op Gauteng-plaas vermoor

plaas-polisie-veld

Argieffoto

ʼn Bejaarde egpaar van Westonaria in Gauteng is dood nadat hulle Sondagoggend op hul plaas deur ʼn groep verdagtes aangeval is.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het dié voorval aan Maroela Media bevestig.

Makhubele sê die 78-jarige man en sy 74-jarige vrou het albei “wonde aan hul nek” gehad. Hy kon nie bevestig of die bejaarde man se keel gesny was soos daar op sosiale media beweer word nie.

Hy sê die verdagtes het onder meer handwapens en huishoudelike items tydens die voorval gesteel.

“Meer inligting is nie onmiddellik aan die polisie bekend nie,” sê hy.

Makhubele sê die polisie ondersoek twee aanklagte van moord en een van roof. Hy kon ook nie onmiddellik die name van die egpaar bevestig nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Michael ·

wat maak dit saak of die man se keel afgesny was hy is koelbloedig vermoor Ai waneer gaan dit stop

Pastoor ·

Mense trek julle volle wapenrusting aan elke dag Eff 6,11. Dit is om van naar te word

Dean ·

Amen Pastoor..en so moeilik soos wat dit is..moet ons vir die aanvallers ook bid..dis tans die enigste wapen wat ons het..wat nie van ons weggeneem kan word nie.

Oom Kalahari ·

Dit maak ‘n mens moedeloos asook magteloos en wanneer gaan al hierdie moorde en misdaad ooit ophou. Daar moet ‘n derde mag agter al hierdie optredes wees en elke keer is daar spesifiek op vuurwapens gekonsentreer en beslag gele. Daar is groot fout en mens bid al vir positiewe uitkoms. Alle medelye aan hierdie gesin en familie, vriende en mede boere. Sterkte in hierdie tyd van rou en mag hierdie misdadigers wat sulke onskuldige mense vermoor hul straf kry.

André ·

En so gaan die slagting voort… My innige simpatie met die naasbestaandes. Here, ek bid dat U ons asseblief genadig sal wees en ons land sal gesond maak. Amen

Spike ·

Waar is prof habib nou. Nou is jy doodstil. Oppas jy gaan weer moet wegkruip soos met die studente betogings by Wits.

Johan ·

As iemand wil help lees my opebrief. Of Stuur net die link Aan vir almal Wat jy ken.
www opebrief com

Andre ·

Elke dag… tyd dat ons boere begin opstaan en iets doen. Hoeveel gaan dit nog vat om ons te oorreed dat ons iets moet doen as enigsins wil oorleef? Dit is n volskaalse oorleeg teen ons, en of ons besef dit nie, of ons wil dit nie besef nie. Tyd dat ons begin opstaan en ons man staan. Hoeveel houe moet ons nog vat voor ons begin terugslaan?

Robert ·

Was die moord op ‘n kleinhoewe of plaas – maak ‘n verskil. Mense sal moet leer hulle moet hulle self beveilig, “early warning” stelsels moet opgestel word sodat hulle kans kry om hulp te soek.

Chris Ws ·

Robert dis duidelik min boere of kleinhoewe bewoners lees Maroela Media want daar is hondederde kere al gese mense moet paraat raak en hulself beveilig.Nou wonder ek hoeveel van die’ mense wat wel MM lees steur hulle aan die talle kommentaar lewers se raad oor paraatheid.Ek glo dis weinig.Te veel mense glo steeds ons bly in Feetjieland waar als “hunky dory” gaan en net die buurman aangeval sal word.

Boervrou ·

Wat naak dit saak of dit op n kleinhoewe of n plaas gebeur het? Feit bly staan, mense was in hul huis en daar is hul vermoor.

B. Jansen ·

Hoe paraat kan hoogs bejaarde mense nou wees? Ons weet mos die aanvallers gebruik militêre sein jammers. Dit blok alle wireless seine: alarms, selfone, radios, alles.

Michael ·

Oom Kalaharie jy slaan die spyker op die kop n derde mag n terroriste groep is baie bedrywig in ons land

Martie ·

My Hart is so baie seer vanoggend. Ek het Oom Fanie en tannie Colleen geken. My Hart gaan uit na hulle kinders. Nog n plaasaanval nog n familie het seer. Mense dit gaan alles oor grond wat di regering wil he. Daaris n 3de mag en dit is die ANC se eie weerwag. My vraag is hoe weet ons wat van die misdadigers word nadat hulle gevonnis word. Hulle bly dalk 3 maande in die tronk en word vrygelaat. Dalk wag daar n lekker vet tjek vi hulle. Na hulle ontslaag. Niemand monitor dit ni. Dit is maklik om te se di boere moet iets doen. My vraag is wat wil jy he moet hulle doen. Ek is n plaasvoorman se vrou. Ons het ook op n plaas gebly. As dit begin aand word begin di roetine is al di vensters toe , is di hekke gesluit. Is die diere in di kraal. Is die bakkies gebere . Is di buurman se nommer op speed dial en is di alarms aan . kan di honde rond beweeg op erf. Dan moet jy ook in gedagtes hou die Wet en die Regering is ni aan jou kant ni. Want so jy jou gesin beskerm dan mag jy agter tralies slaap. Ek se die boere moet geen mielies plant ni. Dat daar geen kos kan wees nie. Die Regering hou di di mense ongeletterd dan kan hulle beheer uit oefen. Julle moet dink soos hulle dink.

Nettie ·

Sonder om afbreuk te doen aan mense se reg om te bly wanneer, waar en hoe hulle wil: hoekom blý sulke bejaarde mense nog alleen om ‘n kleinhoewe/plot/plaas?

Voor julle my nou doodgooi met klippe: ons wéét mos dat ons blankes ‘onbeskermde wild’ geword het in ‘n land waar ons, ons ouers, ons voor-ouers en dié se voorouers baie, bitter baie hard gewerk het en baie opgeoffer het.

Waarom laat ons dan nog toe dat ons bejaarde ouers en grootouers nog alleen woon in onbewaakte, ongenoegsaam-beskermde huise op plotte/plase/kleinhoewes wat geleë is in “hot-shot” krimineel-deurdrenkte provinsies van die land?

Ek is bevoorreg om in die Wes-Kaapse platteland te woon, maar selfs hier het ons nou al ses voet hoë mure, met geëlektrifiseerde heinings, draaiende hakiesdraad en glasstukke bo-op mure, mensvreter honde, outomatiese hekke, gewapende sekuriteitsreaksie en verwoede sekuriteitsalarms en paniekknoppies.

Dit is die land waarin ons tans lewe. Ons moet alles in ons vermoë doen om ons weerlose bejaardes en kinders (en onsself) te beskerm …. teen die ‘bewaarde wild”. Sterkte aan die Oom en Tannie se familie- en gesinslede.

John ·

Die twee bejaardes was sagte teikens en hulle was nie dienooreenkomstig beveilig nie. Werkers is dikwels die ‘inligtingsbeamptes’ vir aanvallers en verskaf alle inligting in detail wat aanvalle vergemaklik. Ons mense sal emosies moet skei van gewone goeie verhoudinge. Dit is nie sonde om versigtig te wees nie en mense hoef nie skuldige gewetens te he as hul private sake privaat bly nie. Ons word te dikwels daarvan oortuig dat ons in die verderf gaan beland as ons ons eie belange vooropstel tov van eie sake. Daar is eiegeregtige mense op aarde wat niks voel vir ander nie. Ons dominees moet ophou om die werklikheid te verdoesel en hul lidmate te waarsku. Kerke behoort ook sekuriteit hoog te ag en nie met helpers wat buite rondhang vir ‘sonde’-aalmoese nie. Rooiligte flikker en waarskuwings dat vreemde spoke in ons land werksaam is, daarom moet sagte teikens soos kerke voorsorg tref deur gedurende dienste die deure te sluit en vreemde aankomelinge te deursoek ~ dis nie sonde nie. Dit sal nie die eerste keer wees dat terreur in SA plaasvind as soiets gebeur nie. Selfs in Christus se tyd is daar in die geheim vergader. Waarom hierdie vreemde gebruik om alle deure oop te gooi. Sit lugreeling in.

Elvira ·

Hierdie is NIKS ANDERS AS RASSEHAAT NIE. Hierdie twee oumense is nou onnodig van hulle lewe ontneem. Sien jy Madam Sisulu? Dis mos veilig in hierdie land.

Flip ·

Mens hoor nooit van iemand wat in hegtenis geneem word na die moorde op blankes nie. Van watter etniese afkoms is die sogenaamde verdagtes?

Grassie ·

Flip – die ras van die slagoffers word ook nie meer hier op MM genoem nie – dit is seker nie polities korrek om dit te doen nie. In hierdie geval is dit twee witmense, hul besonderhede is lankal op die ander webblaaie geplaas.

Siek en sat ·

Daars mense in die banke wat medepligtig is aan hierdie misdade. Hulle laat weet hylle makkers buite en dan kry hulle n kimmissie agterna. Hierdie soort voorval het nou al TE veel kere voorgekom.

Maro ·

Baie hartseer. Daar gebeur elke dag die soort van ding. Dis werklik tyd dat kinders hulle ouers van die plase en kleinhoewes afkry. Hulle is ń sagte teiken. Soveel keer al gelees daar is 10 verskonings waarom hulle NIE die ouers kan wegkry nie. Almal bid en glo vir veiligheid, maar niemand sal self ń vinger verroer om dit self te beveilig nie. Die skrif is teen die muur…sterkte aan almal…

Thinus ·

Chris Ws jy is nie heeltemal reg nie. Nie almal is in staat of kan dit bekostig om so paraat te wees soos paramilitere spesialis magte te wees nie – gelyk aan die wat baie van die aanvalle uitvoer nie. Wat maak ou mense, vrouens en kinders wat in landelike gebiede bly/ moet bly. Daar kan nie van hulle verwag word om soos soldate op te tree nie. Nee die staat en gemeenskap het gefaal om wet en orde en beskerming teen hierdie misdade te verleen. As dit dan nie as ” volksmoord ” kwalifiseer nie, moet dit as terreur dade beskou en so hanteer word. Geen stelsels of paraatheid gaan die aanvalle stop of voorkom nie – dit kan slegs deur regering of ander eksterne magte met absolute mag en geweld beveg word

Naomi ·

Al wat jy altyd lees, is dat niemand in hegtenis geneem is en dat daar geen leidrade is nie.

nieBAFUnie ·

By die polities en ekstrimisties geinspireerde moorde in KZN daag die agbare minister van Polisie in persoon op en kondig met groot lawaai aan dat die polisie die skuldiges sal laat boet. Waar is jy nou minister??

Skokkend ·

So waar is ELMARIE DU PLESSIS nou wat beweer die boere gaan nog 400 jaar vat om uitgemoor te word? WAAROM moet die boere uitgemoor word en hoekom moet daar somme gemaak word oor wanneer almal gaan dood wees? WAT GAAN aan met die mense van deesdae? Hier is twee onskuldige mense wreed gemartel en vermoor — alweer vir niks . daar sterf nou daagliks ‘n wit Suid Afrikaner maar nee .. ons ‘oordoen’ en ons gee die verkeerde feite deur aan die buiteland. Wanneer gaan ook die liberales en blindes begin sien en hoor wat aangaan in die land? BAIE JAMMER en BAIE SIMPATIE met die familie . ek is so bly Afriforum laat hulle nie van stryk kry nie … VERTEL DIE WERELD van wat hier aangaan .hoeveel blankes word elke dag vermoor …

rollie ·

Alle rasse gaan gebuk onder die geweld in die land, dis belangrik want dis nie net ‘n blanke probleem nie. As jy rasstatistieke hier wil inbring, gaan jy agterkom swartes word teen ‘n agtkeer groter tempo uitgemoor in die land. Dis wat die kommentators by julle wil tuisbring, die misdaad is nie gemik teen ‘n spesifieke bevolkingsgroep nie. Die rede hoekom blankes dikwels die slagoffers is by plaasmoorde is, is omdat omtrent alle plase wit eienaars het en die eienaars is die teiken omdat hulle die wapens en besittings het om te roof.

Piet ·

Ek het jou al baie gevra hoeveel blanke mense vermoor swart mense, of hou jy nie van daardie gedeelte van die stats nie?

Liberaal ·

Ja rollie ons moet in ons propaganda net baie bree groeperings gebruik, ons moet dit wegpraat as hulle spesifiek van boere praat. Moorde per 100 000, wat die goue standaard is om moordsyfer akkuraat uit te druk, is onder boere selfs nog hoer as onder enige ander groep, selfs hoer as onder polisie wat bewapen is en opleiding het om misdadigers te hanteer anders as bejaardes wat omkant gevang word, maar moet dit nooit in hoofstroommedia noem nie, dis nie polities korrek nie.

Charmaine ·

My innige simpatie met die familie !!! En weereens groei dir statistiek van plaas moorde en ons was nie eers deel van die goed in die verlede nie maar ons mense moet daar onder lei. Dis so so jammer dat dit so in ons land gaan maar vewoesting moord en doodslag is al wat boosdoeners ken

Kobie ·

Dinge is baie sleg op die oomlik. Ek is bevrees dit beweeg nou vinnig obs sal iets moet doen of uitsterf

Liberaal ·

Willemien my liberale suster, wat gaan ons nou vir die lesers se?

Piet ·

Hallo Liberaal ek hoop my 2 susters antwoord sommer ook. Dis duidelik dat die afrikaner se voortbestaan in gedrag is. Julle is so Godsdiensting maar dis teen die wet om die Christen godsdiens by die skool te verkondig. Was dit regtig die moeite werd om die land te gee aan mense wat God nie ken nie? As jy jou kinders buiteland toe moet stuur omdat hulle hier geen toekoms het nie, hoe kan jou antwoord dan “JA” wees?

Liberaal ·

O nee Piet ons liberales emmigreer sodra dinge wollerig raak. Amper al my liberale vriendinne het geemmigreer na WIT lande toe, ek is so vies vir hulle, waarom diskrimineer hulle teen Afrika lande, was toe al die tyd net half liberaal.

Ekke ·

As ek al hierdie verskrikllike dinge lees dans ek so dankbaar my ouers en my skoonouers is veilig aan Sy voete.

Johan. H. ·

Klaar artiekkel aangestuur na my vriende oorsee,vir hulle om dan verder te versprei,, Dis die regte ding om te doen , Sterkte.

Chanty ·

Eks so moeg om alewig te lees dat nog niemand in hegtines geneem is nie. Daar word nie behoorlike ondersoek ingestel nie!! Dis belaglik dat hulle alewig weg kom met die daad. Dis vir my negatief dat mense nie besef wat hulle aan die ekonomie doen deur ons boere uit te moor nie. Nie eers te praat wat hulle aan daai arme mense se families doen om te sien hoe jou ouers brutaal vermoor is!

Theresa ·

Hallo Mr Ramaphoza, another tiny piece of statistic for you to take with you when you ask investors for money. Kindly do not forget to take it with you.

Waarheid ·

Klasaksie teen cr en polisie omdat hul weier
die REGTE VAN BESKERMING van die landsburgers in RSA
teen DIE ONSINNIGE MOORDE …ontken dit!!!
Baie sterkte aan die geliefdes van vermoorde egpaar.

Manda Gordon ·

Ek stem saam met Chris Ws. Ons mense moet begin besef dit gebeur nie net met ander mense nie. Bygesê, hoe verdedig jy jou op 74+ teen meer as 1? Bewapen jy jou, is die kanse goed dat jy met jou eie wapen verloor word. Net ‘n gedagte- het iemand al daaraan gedink om inligting van plaasaanvallers wat gevang word te gebruik tov m.o. taktiek ens om ons mense voor te berei op so iets? Elke aanval is uniek, maar steeds. Leer jou vyand kan. Ons word dalk iets wys.

Sann ·

Manda, Afriforum het reeds sulke navorsing gedoen en beveiligingsvoorstelle gemaak. Ek dink jy behoort dit in ‘n Google soektog op te spoor.

White Rhino ·

Afri moet dit ook asb aan die wereld uitbassuin. ramapokker gee nie om vir die blankes indie land nie – want ons nie “sy mense” nie – hy het dit mos so aan Lekota in die parlement gestel. Stel dit asb nou so aan die Buiteland. Stem julle saam Habib en Du Plessis?

Wonder ·

Naomi, jy is reg. Niemand word inhegtenis geneem nie en as dit wel gebeur, dan word hulle vrygelaat of ontsnap. Die dossiers verdwyn ens.
Rollie uit watter trollie het jy geval? Eich

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.