Bejaarde-egpaar op Limpopo-kleinhoewe oorval

Rolspelers betrokke in die volskaalse soektog. Foto: Verskaf

Rolspelers betrokke in die volskaalse soektog. Foto: Verskaf

ʼn Volskaalse soektog is van stapel gestuur na twee verdagtes, wat ʼn bejaarde egpaar Sondag in die vroeë oggendure op hul kleinhoewe in Limpopo oorval, aangerand en beroof het.

Marius Jacobs, stigter van die Watchdog Tzaneen-inisiatief, het aan Maroela Media gesê die verdagtes het die egpaar omstreeks 03:00 in hul huisie op ʼn kleinhoewe in die Constantia-omgewing, naby Letsitele oos van Tzaneen, oorval.

“Dit is nog nie duidelik wat presies in die huis gebeur het nie, maar ons weet die egpaar is erg aangerand. Die man is erg geskok en deurmekaar en sy vrou is na ʼn hospitaal geneem vir noodsaaklike mediese behandeling,” het Jacobs gesê.

Volgens Jacobs is ʼn noodoproep omstreeks 04:50 van ʼn niggie van die slagoffers ontvang, waarna paramedici, die polisie, Jacobs en verskeie rolspelers hulle na die toneel gehaas het.

Die verdagtes het toe reeds met die egpaar se blou Volkswagen Golf, met die registrasienommer CDC 344 L en die egpaar se selfone gevlug. Dit is nie duidelik of die verdagtes met vuurwapens gehad het nie.

“Hoewel die selfone en ʼn voertuig gesteel is, dink ek persoonlik nie die motief vir die aanval was roof nie. Die mense kry finansieel swaar en daar is nie duisende rande se huisware of duur juwele in die huis nie. Dit is skaamteloos dat hulle sulke mense aanval net vir ʼn selfoon en ʼn motor,” het Jacobs gesê.

Hy het genoem die egpaar het in Desember op dieselfde kleinhoewe onder aanvallers deurgeloop.

Die Letsitele-polisie en ander polisiebeamptes van die omgewing se polisiëringgebied, lede van verskeie buurte se gemeenskapspolisiëringsforums, plaaslike veiligheidsgroepe, Large Sekuriteit, Northern Sekuriteit, K9 Security se honde-eenheid, SACCW, asook verskeie boere van die omgewing het ʼn volskaalse soektog na die verdagtes van stapel gestuur. ʼn Private helikopter is ook in die soektog ingespan.

“Die verdagtes is nog op vrye voet, maar daar is baie sterk leidrade wat opgevolg word en die polisie is warm op hul spoor,” het hy gesê.

Die rolspelers het gereël dat die egpaar berading ontvang. Albei slagoffers se toestand is stabiel, maar hulle is erg getraumatiseer. “ʼn Mens kan sien die voorval het die man diep geraak. Ons was later terug na hom en hy het daar met rooi oë gesit en gesê die polisie het sy vrou na ʼn hospitaal geneem en hy weet nie wanneer sy terugkom nie. Dit was regtig ʼn hartelose onmenslike aanval,” het Jacobs bygevoeg.

Die Letsitele-polisie ondersoek die voorval. Mense wat die voertuig opmerk, word versoek om die polisie by 0860 10111 of hul naaste polisiestasie te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Pietser ·

Lyk my Limpopo is ‘n hot spot omtrent elke tweede aanval is daar. Is daar statistieke wat aandui watter nasionaliteit die aanvallers is, Zimbabwiers?

Liezl ·

Sjoe, ja, ek sê dieselfde ding. Lyk my Limpopo is nou ‘n lekker plek om van af te kom. Moenie soontoe gaan nie. Dis erg.

susan@ ·

Hulle is lafhartige mense wat nie eers in ñ tronk hoort nie want dit rus swaar op die belasting betalers. Kry hul uit die samelewing uit permanent sodat ons ekonomie beter kan vertoon.

Francis ·

Hoe jy ookal daarna kyk .n stille oorlog is aan die gang .en was as ”kill the boer kill n farmer ”aangehits !opgesweep .dit gebeur nie sommer maar net nie !!!!

Jennifer ·

Ek stem, mens kan sien daar is nie geld nie, dis moordsendings.

w ·

Hoop die aanvallers skiet op polisie want dit gee polisie rede om trug te skiet en voila nog twee vi die staatslykshuis

Diere ·

Die kamma liberale media met hulle kamma gebalanseerde, ware nuus het nog nie oor n enkele aanval die afgelope tyd gerapporteer nie, veral 702 / eye witness news, niks. Maar hulle het elke myl uit die doodskissaak gemelk…

Annie ·

Oog vir n oog … reke met hulle af op die selde wys en de hel met wat die ander se

AL ·

Genoeg is genoeg! Ons moet die regering verantwoordbaar hou. Ons betaal immers belastinggeld sodat hul salarisse kan kry.

chrisp ·

Beskerm jouself en jou mense die polisie probeer hul bes by sekere gevalle en daarvoor dank ons hulle.
Besef egter hierdie is volksmoord teen wittes op Fisiese en emosionele vlak deur radikale swartmense wat deur haat gedryf word.

Beslis ·

Ons kort beslis n muur, maar ai waar sal ons n Donald Trump kry om dit te realiseer?

Johann ·

Geezie, jy is reg. Trump gaan voort met sy muur tussen hiulle en Mexiko. Frankryk gaan ‘n glasmuur wat koëlvas is om die Eiffeltoring oprig, maar ons sukkel om iets aan die grense van Die Wildtuin te doen.

Johannes Meintjes ·

Wanneer het ons te kampe met misdaad en wanneer is dit ‘n burgeroorlog teen blankes en landsburgers? Wanneer beweeg die GPF en Buurt- of Plaaswagte na die volgende vaardigheidsvlak en begin konsulteer met diegene wat beter Burgerlike Berkermingsstrategie kan voorstel? Die burgers op grondvlak en landbouboere is onder fel aanslag. Hoe verander ons die sit-sit-so vergaderings en sosiale media kommentaar na geloof in aksie en effektiewe resutate om ons landsburgers in objektiewe erns te beskerm soos dit behoort te wees in ‘n beskaafde bestel met regering in geregtigheid?

Dirk ·

Ons het Adv Gerrie Nel, laat sy kantoor die polisie dagvaar om statistieke bekend te maak oor hoeveel immigrante by misdaad betrokke is te publiseer en dan is die volgende stap om die regering te dwing om landsgrense strenger te beveilig en meer informasie van hulle te kry met binnekoms soos dna en vinger afdrukke .Die gesiglose’s sonder streng dokumente moet ook nie werk gegee word nie . Dit sal dalk n goeie idee wees om alle plaas werkers deur wetgewing tydelik of nie op n lokale data basis van streek te he met dna en alle foto’s en vinger afdrukke asook n heftige boete indien mense hulle indiens neem .

lood ·

As ons kyk na al die plaas moorde en ander waar mense vir geen rede dood gemaak word, vra ek myself wat het geword vab i boer een taxi

SAARKIE ·

so baie plaasanvalle die naweek dit gaan nie beter raak nie witmense gaan bly uitgemoor word en dis so hartseer :-(. RIV aan almal wat so wreed in hierdie land vermoor word. Mag God vinnig n hand in steek om hierdie to stop

Pietser ·

Jy hoef net vir Afriforum te vra. Verlede jaar Mei was Afriforum en die polisie by ‘n “beraad” oor plaasmoorde waar die polisie hierdie tipe inligting vrygestel het. As ek reg onthou het die polisie die tipiese profiel van die aanvallers beskryf as buitelanders tussen die ouderdom van 20 en 35 jaar.

Thea Gerber ·

Limpopo = gevaarlik. Ons woon in Limpopo en wonder elke nag wanneer is dit ons beurt, ten spyte van vele veiligheid, beams, kameras, alarms, honde binne en buite die huis. EFF? Waar woon Julius en waar het hy die meeste aanhangers? Geen wonder dit is die ‘hotspot’ van plaasaanvalle.

dr. Sakkie van der Merwe ·

Naam van provinsie gaan verander word na Zimpopo. Meer Zimbabwiers in Noord Transvaal as ander inwoners. Vraag bly: Sal iemand opstaan en ‘n streep trek en se: Genoeg is genoeg. Hoeveel van ons mense sal dan bereid wees op saam te staan. “Ons sal lewe ons sal sterwe – Ons vir jou Suid Afrika.?”

Dirk ·

Dr . Sakkie ek wil in geen omstandighede vir die land sterf nie wat ek wel sal doen is om my familie te beskerm binne die wet en enige bedreiging af te weer selfs met die dood indien ons lewe so bedreig moet word soos ons elke dag ervaar .Pietser dan moet ons Afri forum versoek om regering aan te vat hulle was met meeste hof aansoeke sukses vol , kyk veral hoe op die zim regering se eiendom beslag gele is

toy ·

Hul is lafhartig en kom altyd in n groep. Dit wil voorkom ons is n bedreiging vir hulle.

Victorious ·

Kan iemand nie ‘n noodaparaat ontwerp wat by 2 of 3 plekke afgaan sodra hulle aangval word nie. iets oos ‘n noodknoppie wat hulle om die arm dra sodra daar dan abnormale aktiewe beweging is gaan die alarm outomaties af na ‘n sentrum of na die naaste 2 bure. Ek is seker daar is iemand wat dit kan ontwerp. Dan sal die mense vinniger hulp kry en die boewe gou gevang word

James ·

As julle die verdagtes kry moet hulle NET NIE in ‘n KIS DWING en hulle dreig nie … dit is BAIE erger as moord ..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.